Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman, Len Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -1 hour ago
Wanneer om vlieg kaartjies te koop November 2026 Geert -5 hours ago
Môre Rona November 2026 Geert -6 hours ago
Goeie more Geert! November 2026 Rona du Plessis -6 hours ago
Wessel November 2026 Geert -6 hours ago
Hoedspruit November 2026 Geert -6 hours ago

Bywoners huisie

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman
Submitted by neef Herman on

Môre maters. Terwyl ons nou vir Wessel wag om sy ry te kry, bou ek vir die arme ou man wie se huisie afgebrand het. Dit was maar ń morsige ou hok gewees.

By buurmense ń paar ou Volstruishokke gskry om af te takel, en die munisipaliteit het hom plate en pale gegee vir ń 3x3m hok.

Daar het ń paar goeie mense vir my so bietjie kontant gegee het en ń ander goeie vriend ń vrag houte en goete van ń huis wat gesloop is.

Nou kry Pointer, die ou man se bynaam ń baie rustic huisie van scrapsies saamgeflans. Gaan die mooiste shack in die omgewing wees. Met n spoeltoilet. 

Poi

Brits

Wessel Strydom

Thu, 11/04/2024 - 07:35

Môre Herman,

Jis ou Pointer kry 'n netjies kaia!!! Jy moet tog opvolg foto's plaas.

Ek hoop jy het by voorbaat aanvaar dat die plafon, lyk eerder na 'n soldervloer, gewig sal dra. Pakplek of nog slaapplek gssn dit word. 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 11/04/2024 - 11:00

Sal ek nie omgee om in so mooi huisie te bly in daai omgewing nie.

Herman, hoe lyk dit, kan ek maar solank my huis in die mark sit, sal jy vir ons twee oumense ook so pragtige plekkie op rigwink

Nee wraggies jy het 'n hart van goudyes

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 11/04/2024 - 15:37

Is daar ‘n bouplan vir die struktuur? Dit lyk na ‘n lekker huisie, en die ligging is puik. 
 

Toe ek jonger was het ek ‘n sketsplan van ‘n rondawel geteken waarin ek eendag as ek groot is wou bly. Dis voordat ek vir Salomien ontmoet het. So minimalistiese leefstyl staan my steeds aan. Baie van ons bly in onnodige groot huise wat hulpbronne vermors om staan te maak, te onderhou en in te leef. As my vrou te veel plek het gaar sy ook die grootste klomp twak op wat ons nooit gebruik nie en glad nie nodig het nie. Maar ek het lankal geleer om my lot te aanvaar, en maak maar grappies daaroor. Sekere dinge is nie die moeite werd om oor te stry nie.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 11/04/2024 - 15:58

Net soos jy sê, my vrou het jare terug die kombuis laat oor doen. Die kontrakeur sê toe, hoe meer pak spasie, hoe meer word daar op gegaar. Neèè sê sy, dit sal nie gebeur nie, nou is al daai kaste oorvol.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 11/04/2024 - 17:12

Geen planne nie Chris, dit word beskou dit as ń plakkerswoning.

Die huisie bou ek op presies dieselfde plek as waar die vorige plakkershuisie was. Die munisipaliteit het my laat teken dat ek hom toelaat om ń nuwe struktuur in die plek van die afgebrande te laat oprig.

Die struktuur bou ek op dieselfde metode soos vir die materiaal wat hulle voorsien het vir ń 3x3 hok.  Pale word geplant, houte vir  dak balke en purlins vir mure en dak  wat dan met sink oorgetrek word.

Ek het dieselfde metode gebruik, dit net bietjie aangepas,  

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 11/04/2024 - 17:15

Wou byvoeg, hier word vreeslik baie " Wendy houses" opgerig vir blyplek. Munisipaliteit het nie ń probleem daarmee nie. Net nie ń baksteen en sement struktuur nie, dan moet jy planne indien.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 11/04/2024 - 18:30

elke Wendy huisie in die township agterplaas het n goedgekeurde plan

Dit is veronderstel om te hê, maar ek het ons huis gekoop met ‘n Wendy wat nie op die planne is nie en boonop op die hoof riool agter in die erf staan. Dis nie sigbaar van die straat af nie, en die bure het nog nie gekla daaroor nie. As hulle sou en die munisipaliteit vind uit sal ek dit moet afbreek. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 19/04/2024 - 07:19

Vorder, darem nie te stadig nie. Nou 14 dae wat ons bou. So tussen deur moet die plaas dinge ook gebeur. Teen einde volgende week sal die plekkie toe wees. Dan volg die  kaggel bou,vloer en binnekant. Nog n taamlike klomp werk. Plumbing dien, glas insit, deure maak en hang.  

Muur 1

Muur 2

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 19/04/2024 - 08:24

Vloer is net sement Hennie, staaltroffel glad. Hulle sal van die goedkoop Chinese " novilon" opsit. Huisie sal geverf word Lappies, nadat die honderde ou spykergaatjies toegemaak is.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 19/04/2024 - 08:53

....wou al vra hoe vorder bouwerk, maar ek weet bouers wil nie aangejaag word nie.

Wat is die vloer area van die huis, dit lyk op fotos's baie groter as 3x3m??

Julle moet roer, 13 Mei is om die draai, of kan Pointer en handlangers met veiligheid in jou afwesigheid aangaan??

0
Brackenfell

HennieBo

Fri, 19/04/2024 - 09:19

Vloer is net sement Hennie, staaltroffel glad. 

Dankie Herman, wat ek eintlik bedoel het, hoe groot gaan die vloer oppervlakte van die huisie wees. Jammer vir die misverstand. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus