Middag vriende
Julle ouens moet nou mooi stap vir stap verduidelik sodat ek dit kan verstaan;
hoe kom die swawel reste in die voertuig se olie en filters.??
Die diesel wat die sondebok [S] bevat word mos in die slagvolume verbrand, waar die olie nie veronderstel is om te kom nie. Daar kan dus swawel reste saam met die uitlaatgasse beweeg, wat beslis die katalisator nadelig kan be-invloed. Vandaar uit by die poepstrooitjie.
Nou waarom die hoeha om gereeld olie en oliefiters te vervang??
Moenie so lui wees nie…
Moenie so lui wees nie Wessel! Jy weet mos hoe om 'n literatuur studie te doen![]()
Om jou aan die gang te kry, hier is 'n goeie begin...
Laaste ene hierbo bevat sommer ook ietsie oor die chemie van verbranding van diesel....
Toets oor jou studie sal Maandag plaasvind!
Grootwind...
...ja , ja, ek het intussen die lubrizol. 360 artikel getiteld;
"How sulfer content in diesel fuel impacts engine oil mutations."
Herman, ek het vir oomblik vergeet dat swawel reste tog op silinderwande neersak, veral in swaelsuur vorm. Dan skraap die suierringe dit af, saam met olielagie, soos jy verduidelik.
Wat interessant is, uit die genoemde artikel, is dat soos diesel al minder swawel bevat, is daar ander ongewenste sure wat vorm, wat eintlik nou meer aandag verg, om vorming te bekamp. Dit blyk dat olienavorsing 'n voorfront wetenskap en ontwikkeling is.
Grootwind: aangesien jy Scotties toe gaan, sal die toets afgestel moet word.
Heeltemal reg, olie en…
Heeltemal reg, olie en smering in die algemeen is 'n voorfront navorsings area. Die wetenskap staan bekend as Tribologie (E: Tribology). Vlgs die Oxford dik boek van groot woorde: "the study of friction, wear, lubrication, and the design of bearings; the science of interacting surfaces in relative motion.". Die vorige hoof van Chemiese Ingenieurswese by Tukkies, Prof (emiritus) Philip de Vaal is o.a. een van die land se bekendste triboloë. Tukkies bedryf ook 'n Tribologie Lab. Terloops die veld is ook een van die waar daar vreeslik baie "slangolie" handelaars kop uitsteek en produkte smous wat meer skade as goed doen. Ek onthou nog die argumente op die ou Wegsleep forum oor 'n sekere produk wat beweer het dat as jy hulle slangolie gebruik jou voertuig se enjin selfs sonder skade sal loop as dit om een of ander rede al sy olie sou verloor...In my jong studente dae het my Datsun SSS met elke oliediens ook sommer 'n blik Wynns (ander produk) gekry...vas geglo dit sal die enjin langer laat hou en sommer ook ligter op brandstof maak! Was ook maar lekker stoepid soos Ouboet in Orkney sê![]()
Aantal piston bewegings
Môre Herman, het jy al die som gemaak?? Wel ek het;
gestel die afstand tussen dienste is 10 000km
gestel die gemiddelde spoed wat die enjin teen werk oor die periode is 80km/hr. Oop pad en dorp en net kruie op werf gebaseer.
Dan word 125 uur benodig om 10 000km af te lê
Grompie se revolusies is tipies 2000rpm [of effe minder] vir die snelheid. Dus in 125 uur bring dit die aantal omwentelinge wat enjin maak op 'n koel 15 miljoen.
Dit gee mens vars respek vir 'n enjin en sy materiaal uitdagings. Maal nou daai 15 miljoen met 10 vir 100 oookm duur, met 20 vir 200 oookm op die klok.
Eintlik erger as wat jou…
Eintlik erger as wat jou somme sê. Die somme is moeilik want die enjin se rewolusies varieer tussen luier en verskillende rewolusies in verskillende ratte, en natuurlik hoe windgat die bestuurder is...die ou wat so lank moontlik naby die rooilyn probeer bly! Dink die uitdaging is nie die omwentelinge as sulks nie (dis die maklike deel van die ing'swese wat die ontwerp aanbetref). Die uitdaging lê by die veranderinge in temperatuur wat kan wissel tussen amper vriespunt en diep in die rooi...en in alles moet daai arme suier ringe en silinders saam met laers ens. alles altyd ten volle presteer . Een van velerlei redes hoekom mens die beste olie wat geld kan koop gebruik (vol sinteties) en gereeld olie en filters vervang. Eintlik moet mens met nuwe respek na onse voertuie kyk! Die Alfa Romeo's van die middel+ 1960's se enjin was heeltemal van aluminium, blok sowel as silinderkop. Daai tyd was dit gesien as baie gevorderd. My broer het daai jare 'n Guila Super (natuurlik 'n rooie!) gehad. Elke oggend moes hy sowat 'n halfuur voor hy werk toe ry die gedoente eers laat luier sodat alles die regte temperatuur kan bereik. Sy dag was iets soos 6 uur uithardloop, Alfa aansit, terug om te stort en ontbyt te eet, daarna seker maak die liggie wat wys alles is nou warm genoeg, en dan kon hy werk toe ry. Die kleinboet was mal oor daai Alfa, vrek vandag nog oor hulle.
1800 Alfetta...
....gehad. Jislaaik daai kar het beweeg met sy 5 spoed ratkas, wat natuurlik agter gesit het om gewigsverspreiding te verbeter.
Afgeskryf in 'n ongeluk voordat masjien aandag benodig het.
Goeie olie???
Dalk is dit al op forum bespreek, maar ek vind nie die gesprekslyn nie.
Grootwind, jy verwys na goeie vol sintetiese olie, wat gebruik jy in jou tipper, en watter beskou jy ook as 'n goeie olie??
Ek hou oor die algemeen by…
Ek hou oor die algemeen by die vervaardiger se spesifikasies. Veral die 3.2 Ranger enjin is sensitief vir wat mens ingooi. Handelsmerk is van min belang, dis spesifikasies (wat effektief die prestasie van die olie bepaal) wat saak maak. In my geval is dit altyd Volsinteties, 5- 30W, ACEA A5/B5 (die ACEA standaard is die wat deur die "European Automobile Manufacturers Association" gedefinieer word), 5W-30 is bloot viskositeit maar mens kry baie olies wat die regte viskositeit het maar slegs A3/B3 of laer spec is. A5/B5 is vlgs ACEA "Category for high-performance engine oils. For TDI engines with Fuel Economy Performance. In addition with lowered HTHS (2.9 to 3.5 mPas). Extended oil change intervals possible. Stable, stay-in-grade oil intended for use at extended drain intervals in high performance petrol engines and car & light van diesel engines designed to be capable of using low friction low viscosity oils with a High temperature / High shear rate (HTHS) viscosity of 2.9 to 3.5 mPa" Ford skryf API-CH4 voor as alternatief as die regte ACEA ene nie beskikbaar is nie. Wat handelsmerk aanbetref hou ek egter by bekendes soos Caltex Havoline, Shell Helix of Castrol Edge. My trokkie is nog onder diensplan so ek moet hou by wat die agente gebruik, dink dis Havoline of Castrol maar dis absoluut die regte spec. Maar teen sowat 10l olie wat die enjin benodig praat mens van rondom R1200 net vir olie. Ek ry maar altyd 2l van die regte spec olie saam vir net ingeval. En nee dis nie omdat dit 'n Ford is nie, myne lek nie! Jare terug 'n V6 Audi A4 gehad waar die agente my gewaarsku het dat om enigiets anders as die regte olie in sy kragstuur stelsel te gebruik tot duur moeiliheid lei...so daar was altyd 'n bottel van dit in die kattebak (en mens kon dit slegs by Audi koop). Die goeters wat ons deedae ry het duurder drink smaak as 'n ANC kader![]()
Grootwind...
...volgende jaar Februarie is my trokkie se waarborg verstreke, dan net diensplan tot 90 000km.
Ek oorweeg dit om toekomstige diense nie by Toyota te laat doen nie, en sommer oor te slaan na goeie olie, ipv kookolie. Kan niedie olie naam en spec kry wat plaaslike agente ingooi nie.
Lekker gesels die. Het…
Lekker gesels die. Het toevallig die omwentelinge net so bolangs, as 1mil by per 1000km uitgekom toe die Landrover enjin " ingeloop" was Wessel.
Die swart in olie is koolstof deeltjies, in diesel enjins is dit nogals baie, en ek lees hoe belangrik is ń goeie filter is in die verband. Om die rede gebruik ek slegs Oem filters, meer as 3 keer die prys ander modelle by Midas. Word elke 5000km saam olie geruil. Olie, Petronas 700 diesel lube.
Nou wonder ek die dat sintetiese olies so lank kan diens doen. Hanteer dit die swael op ń ander manier? Ek was, sonder oplees, onder die indruk dat dit baie langer stabiel bly. Organies begin afbreek af na sekere hoeveelheid siklusse, of tyd. Ook nie te sê dat die smering soveel beter is nie van sinteties nie.??
Ou maat wat nie meer is nie, het altyd gesê " Oil is cheap Herman".
Olie ruil
Herman, jy noem dat jy elke 5000km olie en filters ruil. Ek sien byvoorbeeld die voorskrif vir my trokkie is elke 10 000km.
Ek sal raai dat indien mens so gereeld soos jy, olie en filters ruil, dat 'n goeie "multi grade" olie aanvaarbaar is. Net so, as mens net elke 10 000km ruil, is 'n vol sintetiese olie seker beter.
Grootwind sal moet konsulteer in die verband. Vol sinteties is nogal duur, maar in vergelyking met groot enjin skade koste, bly olie seker goedkoop. .
Olie
Het bietjie opgelees oor die olie. Eerstens is sinteties nie " sinteties" nie. Dit word steeds uit mineraal olie gestook, die proses is net suiwerder, dit het meer additives vir swael etc in. Die molecular struktuur is " tight" en gee dus beter smering, hanteer druk beter, en meer stsbiel op hoë en lae temperature.
Dit is ideal vir hoë verrigtings masjiene. Bv die klein 1000cc enjins wat 100kw lewer, ń klein oliebak het agv die klein fisiese grootte daarvan. Die hoë druk op komponente agv die kraglewering en algemene hoë rpm, en hoë enjinkomponent temperature. Lekker bek vol.
Vir die moderne nie " highly stresssed" enjins is ń semi sinteties heel voldoende.
Vir die " under stressed" en ouer enjin ontwerpe is ń multi graad heeltemal voldoende.
So " don't shoot the messenger" dit is wat daar opgeskryf us deur olie vervaaedigers.
So, opsommend. Jy kan sinteties amper orals gebruik, jy gaan dalk nie waarde vir jou geld kry in die ou 2,4d Hilux plaasbakkie nie.
Ou 2.4 Hilux plaasbakkie !!!!!
Jis mater, en ons wil saamkamp oor 3 weke!!! ![]()
Ek het ook deur 'n aantal tribologiese artikels, vir Jan ghries-apie se vlak, geworstel. Ek stem 100% saam met jou bondige opsomming, dis nou vir ouens soos ek wat nie eers die tribologie terme lekker bemeester kan kry nie.
Jy het nou bevestig dat ek slegs hoef oor te slaan van sunflower kookolie [vis en tjips] na super doeper virgin olyfolie. Meng laasgenoemde 5:1 met kasterolie en 2.4 plaasbakkie se poepstrooitjie brand gesond wit.
Dit is mos dan "multi grade" vir under stressed bestuurders.
Op ernstige noot, ek sal my berus op wat agent tans infoeter, en volgende jaar op die werktuigkundige [Duitser] se aanbeveling.
Ek het gesien dat olies se spesifikasies, soos wat Grootwind vermeld, wel op die internet webblaaie beskikbaar is. Ek moes eers in Grompie se boek gaan kyk wat Toyota aanbeveel.
Daai Hilux plaasbakkie is…
Daai Hilux plaasbakkie is die 20 jaar oue 2,4 diesel wat nog ń meganiese pomp gehad het. Dalk 50kw en ń 5 spoed ratkas om ń rede. Bulte is in 3de opgekruie met n brullende enjin teen 70km/ h. Máár die enjins het gemaklik 500 000km gehaal, met net so af en die olie geruil, as dit te stroperig raak.
Op ń ander noot. Die wat so met respek gepraat word van Duitse mekanieks.... Daar was een in van hulle in my ou tuisdorp. Het seker gejok het oor sy enjineers papiere. Kon nie ń vonkprop ruil sonder om aan te jaag nie.
Plaasbakkie en mekaniek
Herman moenie bekommer nie, gaan nie my vakansie kanselleer nie![]()
Ek hou van die duitsertjie, nie omdat hy duits is nie, maar omdat hy sy vakmanskap onder sy befoeterde pa gedoen het, en ek sy vakmanskap oor meer as 20 jaar al ervaar.
.





Kan ek vir jou " postuleer"…
Kan ek vir jou " postuleer" soos jy noem Wessel.
Jou enjin se suiers , is ń metal op metaal konneksie, en dus nie 100% dig nie. Tydens die ontbranding lek van die gas verby, en word in Engels " blow by " genoem, en die gas sirkuleer deur die enjin en kom in kontak met die olie. Daar is ander plekke soos om die valve stems waar dit ook lek, en die is vuil gas. Die suiers soos dit af beweeg on die silinder, skraap ń dun lagie olie terug, die smering, en die was ook in kontak met die ontbrande gas.
Jy moet eendag uitwerk hoeveel miljoen omwentelings jou enjin doen tussen olie vervangings. Dit is rof.