Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman, Len Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -1 hour ago
Wanneer om vlieg kaartjies te koop November 2026 Geert -5 hours ago
Môre Rona November 2026 Geert -6 hours ago
Goeie more Geert! November 2026 Rona du Plessis -6 hours ago
Wessel November 2026 Geert -6 hours ago
Hoedspruit November 2026 Geert -6 hours ago

Sebenza Creek Boskamp

Pretoria
Profile picture for user Geert
Submitted by Geert on
Forums

Ons het afgelope naweek by Sebenza Creek Boskamp/Bush Camp  gekampeer en hiermee hoe ons die kamp ervaar het.

 

Die toegangs roete is die laaste 5 kilometer goeie grondpad, dit kan gemaklik met enige sleep kombinasie bereik word. Ons het n Jurgens pad karavaan en kon gerieflik 40km/h op grondpad ry sonder om moontlike skade op te tel. Sebenza Creek is n boskamp, so die hoof ontspanning is om te geniet van die natuur se rustigheid en prag. Die kamp is op n pragtige deel buite Nylstroom tussen die mooi koppies. Daar is n pragtige skoon swembad vir die warmer dae om af te koel. Daar is heerlike wandel paadjies op plaas. Hendrik, een van die eienaars het ons op die roete gevat en klomp interesante vertellinge gedeel oor die natuur lewe daar op hulle plaas. Hermi en Hendrik is baie vriendeike en gasvrye eienaars en het selfs die Saterdag oggend al die kampeerders op die plaas trakteer met n heerlike boere ontbyt onder die afdak langs die swembad. Die ablusies is heerlik ruim en het genoegsame toilets, storte en baddens vir die kamp. Daar was ook genoegsame warm water vir alle kampeerders. Die badkamers was ook silverskoon gehou tydens ons verblyf. Ons het veilig gevoel en was nie nodig vir enige bekommernisse nie. Ons het ys en hout benodig....kon net eienaars WhatsApp stuur en dis binne enkele minute by ons staanplek afgelewer. Hulle het staal braaiers voorsien, elke staanplek het n asblik, krag is op grieflike afstand en ook n kraan by elke kragpunt. Die staanplekke is nie fisies afgebaken nie, so jy kan basies enige plek staan waar jy wil. Daar is meer as genoeg skaduwee bome op in die kampeer area. Daar is ook n gedeelte vir kampeerders wat verkies om "off the grid" te kampeer. Die selfoonsein is swak    maar hul bied n lekker sterk wifi sein in die kamp aan...gratis. Omdat dit n boskamp is, is die atmosfeer baie rustig en alle kampeerders het lekker van die natuur se stilte geniet. Ek voel ons het puik waarde vir ons geld gekry en kan mede kampeerders wat hou van rustigheid aanbeveel om ook Sebenza Creek te besoek. Ek sal graag in die nabye toekoms weer my tent penne hier wil kom inslaan

Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 26/04/2024 - 18:23

Doen die oord sy naam gestand, Geert? Dit klink sommer mooi en lekker daar. Geniet!

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 26/04/2024 - 18:25

Geert, ons wag op jou terugvoering, ek ken die plek van geen kant af nie, sal jy bietjie uit brei sodat ons ouens kan kennis neem.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 26/04/2024 - 18:27

Ek hoop nie so nie, as ons kamp,wil ek ontspan laugh

Sebenza is werk.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 27/04/2024 - 05:07

Daar is n 5km grondpad na oord wat mooi toestand is....maklik bereikbaar met enige kombinasie

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 27/04/2024 - 06:27

Laasnag bietjie reens gehad gevolglik ruik veld heerlik vars vanoggend 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 27/04/2024 - 06:55

Môre Geert

Ek het gou weer op internet na plek gekyk. Dit is netjies en baie nuut, of nie? 

Is daar wild wat rondloop, stappaadjies en wildrit paadjies, met eie vervoer.

 

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 27/04/2024 - 07:10

Dankie vir die mooi fotos, lyk na 'n gawe plek.

Is daar krag by die staanplekke?

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 27/04/2024 - 07:41

... volgens webblad is daar elektrisiteit. 

Pensioenaris mid week, Sondag in en Vrydag uit, se tarief is R650 of R750 volgens blad. Seker tikfout op 'n plek. Dit is rofweg die helfte van Manyane se tarief.

Ek vermoed dat Sebenza nie veel van 'n wildtuin is nie, eerder 'n lap bosveld plaas met 'n swembad. As dit voldoende vir 'n persoon is, bly die tariewe 'n wenner, en 'n besoek werd.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 27/04/2024 - 15:50

Ek het gou weer op internet na plek gekyk. Dit is netjies en baie nuut, of nie? 

Is daar wild wat rondloop, stappaadjies en wildrit paadjies, met eie vervoer.

Ja...relatief nuut, sedert 2022. Ons het vanoggend gaan stap saam eienaar. Baie lekker stap paadjies. Nie kar besigtiging nie.....plaas 24 hektaar. Rooibokke gesien

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 27/04/2024 - 15:58

Is daar krag by die staanplekke?

Ek dink 36 krag staanplekke. Naweek tarief is R440 per nag....nie seker oor week en pensioenarisse tarief nie

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 27/04/2024 - 19:26

Dankie Geert. Ek het ook na hul webtuiste gaan kyk en gedink dat dit 'n lekker wegbreek-plek is. Geniet die naweek verder.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 28/04/2024 - 21:47

... Johann Lock sal moet help met daai foto's. Andersa val die kole uit die braai en die kos uit die bak. 

Dit lyk na 'n lekker plek.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus