Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -4 hours ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -10 hours ago
Elektrisiteit November 2026 Johann L -11 hours ago
Rona November 2026 Johann L -11 hours ago
Gister se erge hitte... November 2026 Rona du Plessis -21 hours ago

Sebenza Creek Boskamp

Pretoria
Profile picture for user Geert
Submitted by Geert on
Forums

Ons het afgelope naweek by Sebenza Creek Boskamp/Bush Camp  gekampeer en hiermee hoe ons die kamp ervaar het.

 

Die toegangs roete is die laaste 5 kilometer goeie grondpad, dit kan gemaklik met enige sleep kombinasie bereik word. Ons het n Jurgens pad karavaan en kon gerieflik 40km/h op grondpad ry sonder om moontlike skade op te tel. Sebenza Creek is n boskamp, so die hoof ontspanning is om te geniet van die natuur se rustigheid en prag. Die kamp is op n pragtige deel buite Nylstroom tussen die mooi koppies. Daar is n pragtige skoon swembad vir die warmer dae om af te koel. Daar is heerlike wandel paadjies op plaas. Hendrik, een van die eienaars het ons op die roete gevat en klomp interesante vertellinge gedeel oor die natuur lewe daar op hulle plaas. Hermi en Hendrik is baie vriendeike en gasvrye eienaars en het selfs die Saterdag oggend al die kampeerders op die plaas trakteer met n heerlike boere ontbyt onder die afdak langs die swembad. Die ablusies is heerlik ruim en het genoegsame toilets, storte en baddens vir die kamp. Daar was ook genoegsame warm water vir alle kampeerders. Die badkamers was ook silverskoon gehou tydens ons verblyf. Ons het veilig gevoel en was nie nodig vir enige bekommernisse nie. Ons het ys en hout benodig....kon net eienaars WhatsApp stuur en dis binne enkele minute by ons staanplek afgelewer. Hulle het staal braaiers voorsien, elke staanplek het n asblik, krag is op grieflike afstand en ook n kraan by elke kragpunt. Die staanplekke is nie fisies afgebaken nie, so jy kan basies enige plek staan waar jy wil. Daar is meer as genoeg skaduwee bome op in die kampeer area. Daar is ook n gedeelte vir kampeerders wat verkies om "off the grid" te kampeer. Die selfoonsein is swak    maar hul bied n lekker sterk wifi sein in die kamp aan...gratis. Omdat dit n boskamp is, is die atmosfeer baie rustig en alle kampeerders het lekker van die natuur se stilte geniet. Ek voel ons het puik waarde vir ons geld gekry en kan mede kampeerders wat hou van rustigheid aanbeveel om ook Sebenza Creek te besoek. Ek sal graag in die nabye toekoms weer my tent penne hier wil kom inslaan

Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 29/04/2024 - 06:24

help met daai foto's. Andersa val die kole uit die braai en die kos uit

Die fout met foto's omval is net hier....dit gebeur nie op ander platforms of facebook nie. Daar moet seker êrens n foto setting op forum se platfirm wees wat gestel moet word? Ek sal maar foto's wat skeef is afhaal, want dit lyk snaaks

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 29/04/2024 - 06:36

....los die foto's mater. Ek het my kop skeef gedraai en kon sien dat ablusie baie netjies is.

Ek raai dat jy die fotos vanaf jou foon gelaai het. Ander lede het ook dit oorgekom. Ek is te gestrem om foon te gebruik om op forum te gesels en fotos te laai. Ek laai altyd insette en fotos vanaf rekenaar, dit verklaar seker waarom my fotos regop is.

Die vraag is, waarom gebeur dit nie met al die fotos wat jy laai nie. 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 29/04/2024 - 06:46

Laai jou fotos asb, ek sal dit met plesier reg draai. Jy moet egter weet dat ek nie op jou inset kan edit nie.

Wat ek doen is om die foto te copy, (download op tablet) reg te draai, en dan op 'n nuwe inset te laai, as jy dan wil, kan jy na dit reg gedraai is, op jou oorspronklike inset te delete.

Het al baie mense so gehelp, en help graag.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Thu, 02/05/2024 - 08:44

Ons het afgelope naweek by Sebenza Creek Boskamp/Bush Camp  gekampeer en hiermee hoe ons die kamp ervaar het.

 

Die toegangs roete is die laaste 5 kilometer goeie grondpad, dit kan gemaklik met enige sleep kombinasie bereik word. Ons het n Jurgens pad karavaan en kon gerieflik 40km/h op grondpad ry sonder om moontlike skade op te tel. Sebenza Creek is n boskamp, so die hoof ontspanning is om te geniet van die natuur se rustigheid en prag. Die kamp is op n pragtige deel buite Nylstroom tussen die mooi koppies. Daar is n pragtige skoon swembad vir die warmer dae om af te koel. Daar is heerlike wandel paadjies op plaas. Hendrik, een van die eienaars het ons op die roete gevat en klomp interesante vertellinge gedeel oor die natuur lewe daar op hulle plaas. Hermi en Hendrik is baie vriendeike en gasvrye eienaars en het selfs die Saterdag oggend al die kampeerders op die plaas trakteer met n heerlike boere ontbyt onder die afdak langs die swembad. Die ablusies is heerlik ruim en het genoegsame toilets, storte en baddens vir die kamp. Daar was ook genoegsame warm water vir alle kampeerders. Die badkamers was ook silverskoon gehou tydens ons verblyf. Ons het veilig gevoel en was nie nodig vir enige bekommernisse nie. Ons het ys en hout benodig....kon net eienaars WhatsApp stuur en dis binne enkele minute by ons staanplek afgelewer. Hulle het staal braaiers voorsien, elke staanplek het n asblik, krag is op grieflike afstand en ook n kraan by elke kragpunt. Die staanplekke is nie fisies afgebaken nie, so jy kan basies enige plek staan waar jy wil. Daar is meer as genoeg skaduwee bome op in die kampeer area. Daar is ook n gedeelte vir kampeerders wat verkies om "off the grid" te kampeer. Die selfoonsein is swak    maar hul bied n lekker sterk wifi sein in die kamp aan...gratis. Omdat dit n boskamp is, is die atmosfeer baie rustig en alle kampeerders het lekker van die natuur se stilte geniet. Ek voel ons het puik waarde vir ons geld gekry en kan mede kampeerders wat hou van rustigheid aanbeveel om ook Sebenza Creek te besoek. Ek sal graag in die nabye toekoms weer my tent penne hier wil kom inslaan

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 03/05/2024 - 11:21

... 'n baie bakgat plek. Dankie vir die terugvoering Geert. Dit is net die toegangsroete wat my pla - ten spyte van gerusstelling. Ek het vir myself 'n reël opgestel - 'n maksimum van 2 km gruispad vir die "ou lady".

Maar dit klink na die tipe plek waarvan ek sal hou.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 03/05/2024 - 14:34

maksimum van 2 km gruispad

Ek was nie bewus van die 5km grondpad nie. Gelukkig was dit baie mooi. Daar was n ander ou wat sê hy het tussen 50-60km/h op die grondpad gesleep met gemak. 

Ons het n keer op n 4km baie slegte grondpad gesleep....dit het tot in ewigheid gevoel. Die heeltyd tydens naweek het dit in agterkop gebly dat ek daai goor pad moet terug sleep. So ek is ook maar iemand wat so ver moontlik ver grondpaaie wil vermy.

Mense praat gereeld oor die slegte grondpad na Olifants River Lodge. Ons het hom laasjaar gery en was ook gelukkig dat die pad toe pas geskraap was.....want daai stuk grondpad is omtrent 9km

Maar grondpaaie kan gou weer gaar gery word. Ons het al op n Vrydag op Dewagensdrift pad in Dinokeng gery waar hy pas geskraap is en lekker ry....dan die Sondag as jy huistoe gaan is hy reeds weer vrot gery

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus