Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie Hout,... Cobb - Tips en idees Rona du Plessis -58 minutes ago
Goeie hout... Cobb - Tips en idees Wessel Strydom -1 hour ago
Geert Cobb - Tips en idees Goeie Hout -1 hour ago
Wyse besluit Len gaan weer Kruger Wildtuin… Geert -7 hours ago
"Smart move" Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -9 hours ago
Wessel se vraag : Len gaan weer Kruger Wildtuin… Len Loader -9 hours ago

Auto electrician

Durbanville
Submitted by Jeanne Jones on
Forums

Middag, weet iemand van n auto electrician naby Durbanville of Brackenfell om bedrading tussen motorhome en Jimny wat getrek word uit te sorteer, was by 2 plekke sonder sukses...dankie

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 30/04/2024 - 18:30

Grootwind, jy moet asb jou meganiese idee epos.  Het in my eenvoud gereken jy het  n ingewikkelde elektroniese  megaftir ontwerp en ingebou wat jou Iris moet herken.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 30/04/2024 - 19:36

.... ek dink hy het. Daai elektroniese herkenning is in bestuurder sitplek versteek. Wonder op watter iris dit reageer. devil 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 30/04/2024 - 22:01

My pa het op al ons motors (almal tweedehandse oudhede - ek het bv met ‘n rooi Datsun 1200 GX studeer) ‘n skakelaar onder die stuurwiel gesit wat die coil uitgeskakel het. Dan was daar ook die rathefboom slotte. Hulle het vir my beter as die stuurwiel slot gewerk wat Wessel blykbaar steeds gebruik. Die gerug was dat hulle wel die rathefboom slot met vloeibare stikstof gevries en dan stukkend gekap het. Ek weet nie of dit waar was nie.
 

Ek voel opnuut dankbaar om hier te woon. Mens hoor maar min van voertuie wat hier gesteel word. Dis net my buurman wat syne soms buite los wat ek van weet wie se motor gesteel is in die amper 10 jaar wat ek hier bly. Dit beteken natuurlik nie dit kan nie gebeur nie, maar dis darem nie so erg soos aan die Rand nie. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 02/05/2024 - 16:09

Vandag myself moeg gemaak.... van worry. Soos alreeds vertel het, neuk die Landrover se ommobiliseerder. Sluit die brandstof toevoer goedsmoeds af. Dan moet ek skielik aftrekplek soek, bitter ongemaklik en gevaarlik ook nog. 

Synde dat geen persoon wat reg van verstand is dit sal wil steel nie, word besluit om die immobiliseerder uit te skakel. 4 woordjies....Dit was ń petalje om die gepasde bedrading eers te erken dan te toets, en toe te soldeerlas. My siek geworry oor die malligheid van my, as jy eers begin het,  is daar nie omdraai nie. Die lobotomy het gewerk, Landy start, gaan môre dorp toe.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 02/05/2024 - 17:00

....hoop net dit skakel nie in die ry af nie.

Ek kan mos skoon skuins befoeterd taak as sulke goete, soos immobiliseerders mens begin pootjie.

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 02/05/2024 - 17:34

Dit is nie veronderstel om die enjin te kan afsit nie Wessel. Die immobiliser het twee stelle " relays" in wat nou redundant is na my verandering. Die alarm sal nog werk, indien iemand dit probeer start sonder die Fob?  Dit is glo boksie aan sleutel wat met die kar  " gesels" ???

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus