Middag, weet iemand van n auto electrician naby Durbanville of Brackenfell om bedrading tussen motorhome en Jimny wat getrek word uit te sorteer, was by 2 plekke sonder sukses...dankie
Coil uitskakel
My pa het op al ons motors (almal tweedehandse oudhede - ek het bv met ‘n rooi Datsun 1200 GX studeer) ‘n skakelaar onder die stuurwiel gesit wat die coil uitgeskakel het. Dan was daar ook die rathefboom slotte. Hulle het vir my beter as die stuurwiel slot gewerk wat Wessel blykbaar steeds gebruik. Die gerug was dat hulle wel die rathefboom slot met vloeibare stikstof gevries en dan stukkend gekap het. Ek weet nie of dit waar was nie.
Ek voel opnuut dankbaar om hier te woon. Mens hoor maar min van voertuie wat hier gesteel word. Dis net my buurman wat syne soms buite los wat ek van weet wie se motor gesteel is in die amper 10 jaar wat ek hier bly. Dit beteken natuurlik nie dit kan nie gebeur nie, maar dis darem nie so erg soos aan die Rand nie.
Vandag myself moeg gemaak…
Vandag myself moeg gemaak.... van worry. Soos alreeds vertel het, neuk die Landrover se ommobiliseerder. Sluit die brandstof toevoer goedsmoeds af. Dan moet ek skielik aftrekplek soek, bitter ongemaklik en gevaarlik ook nog.
Synde dat geen persoon wat reg van verstand is dit sal wil steel nie, word besluit om die immobiliseerder uit te skakel. 4 woordjies....Dit was ń petalje om die gepasde bedrading eers te erken dan te toets, en toe te soldeerlas. My siek geworry oor die malligheid van my, as jy eers begin het, is daar nie omdraai nie. Die lobotomy het gewerk, Landy start, gaan môre dorp toe.
Glo nie.
Dit is nie veronderstel om die enjin te kan afsit nie Wessel. Die immobiliser het twee stelle " relays" in wat nou redundant is na my verandering. Die alarm sal nog werk, indien iemand dit probeer start sonder die Fob? Dit is glo boksie aan sleutel wat met die kar " gesels" ???





Fort Knox
Grootwind, jy moet asb jou meganiese idee epos. Het in my eenvoud gereken jy het n ingewikkelde elektroniese megaftir ontwerp en ingebou wat jou Iris moet herken.