Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie Hout,... Cobb - Tips en idees Rona du Plessis -7 minutes ago
Goeie hout... Cobb - Tips en idees Wessel Strydom -14 minutes ago
Geert Cobb - Tips en idees Goeie Hout -59 minutes ago
Wyse besluit Len gaan weer Kruger Wildtuin… Geert -7 hours ago
"Smart move" Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -9 hours ago
Wessel se vraag : Len gaan weer Kruger Wildtuin… Len Loader -9 hours ago

Auto electrician

Durbanville
Submitted by Jeanne Jones on
Forums

Middag, weet iemand van n auto electrician naby Durbanville of Brackenfell om bedrading tussen motorhome en Jimny wat getrek word uit te sorteer, was by 2 plekke sonder sukses...dankie

Brits

Wessel Strydom

Wed, 10/04/2024 - 17:27

...'n doodgewone multimeter ??? Nou werk dit, nou werk dit nie!!!

Ten minste kan mens die voertuig kant toets. As dit korrek is, en wa se ligte is dood/deurmekaar, is fout by wa.

Meestal as ligte deurmekaar werk, of alles flikker saam soos 'n Kersfeesboom, is die fout  'n swak gronddraad kontak op voertuig. Wel blykbaar is Hiluxe berug daarvoor.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Wed, 10/04/2024 - 19:21

Dis hoekom mense magaftirs uitvind Wessel, sodat mens nie sukkel om kontak te maak met die MM probe en die wa of voertuig proppe nie met die risiko dat die probe effe gly en 'n kortsluiting veroorsaak. devilEk het darem altyd 'n MM in my wa, maar gebruik die slegs om vir teenwoordigheid van spannings en drade wat af is te toets, en so aan. O ja, ek het saam met 'n werkswinkel se gereedskap altyd 'n pop riveter en 'n verskeidenheid pop rivets wat saamgaandevilwink

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 10/04/2024 - 20:32

Het gaan lees oor die besigheid van hierdie soort bedrading. Daar is diodes wat gebruik word. Paar drade knip en diodes inplug en daar gaat jy. Of so sê hulle... Maak net seker dat jy jou MM se rigting mooi verstaan, anders is dit....poef....

Was, of is nou regtig ń lekker geselsie Wessel. Verbasend die voorstelle wat Wetenskaplikes mee vorendag kan kom......sit mens aan die dink ??smiley

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 11/04/2024 - 08:37

... wys jou net hoe het tegnologie gevorder. In die ou dae het Ford manne net nodig gehad om 'n draadtang saam te ry. Draad sommer langs die pad gegaps.laugh

Ek ry ook paar spanners, skroewedraaiers en 13-shifting saam. Iemand wat stop om my te help, sal dit seker handig vind.laugh

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Thu, 11/04/2024 - 09:55

Jy het twee belangrike goed vergeet Wessel, 'n pop riveter (LMGA!), en natuurlik 'n Vrystaatse Vernier (koop 'n bier vir die lid wat eerste reg raai wat dit is!)

Grappies op 'n stokkie...ek het ook altyd 'n verskeidenheid van "shrink sleeve", isolasieband, en 'n gas-gedrewe soldeerbout (saam met dun soldeersel natuurlik), en 'n boks vol spaar voertuig gloeilampe en sekerings, en 'n rol van daai Stanley "self-fusing tape", saam met 'n lang stuk "twin-flex" asook 'n medium grootte elektriese "choc-block", en 'n versameling van tange (insluitende 'n "circlip" ene) en 'n buis of twee silikon "sealer", Q20, WD-40, en elektriese kontak skoonmaker. Ongelukkig is Ford nie meer wat Wessel beskryf nie, so die werkswinkel moet maar saamgaan! Maar baie jare se ondervinding tussen Datsun, Toyota, BMW, Audi en natuurlik Fords leer mens wat "een of ander tyd" nodig "mag" wees!

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Thu, 11/04/2024 - 10:23

Shifting spanner.

"Vrystaatse Vernier (koop 'n bier vir die lid wat eerste reg raai wat dit is!)"

Ook al gehoor die benaming word gebruik vir a bobejaan spanner. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 12/04/2024 - 06:16

.............'n Ventertjie agter die Fleetline om jou gereedskap te vervoer ?  Andersins sou dit goedkoper gewees het om eerder 'n Nissan te koop want dan het jy nie so baie "tools" nodig nie.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 12/04/2024 - 06:34

Ek dink Grootwind se spares is nie almal opgenoem nie. Daar is verseker n rolletjie isoleerband, Nitto, en ń paar kabelstroppe ook by. Wys my ń elektriese enjineer wat sonder dit sal wees.

In my boks vol goeters, wat nie ń multimeter, of sodeerbout insluit nie, is daar so paar Jubilee clamps, of hoseclamps genoem. Ipv draad, het ek al baie planne met dit kon maak. Hulle kan heeltemal oopgeskroef word, en dan in series aanmekaar gelas word vir n lang klamp. Lang jare terug ń exhaust manifold wat se punt onder afgebreek het met so klomp aanmekaar gestrap. 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Fri, 12/04/2024 - 08:23

Jy is reg Neef! Die isoleerband is daar, so ook 'n verskeidenheid kabelstroppe van verskillende lengtes en ook "pipe clamps" van verskillende grotes. En nee Len geen nodigheid vir 'n ekstra Venter nie! Net 'n "normale" gereedskap kissie plus die linker voorste kas bo die sit-area is myne en slegs myne, daar is meeste van die kleiner onderdele, klampe, ens in 'n klomp plastiese houers, and dan ook twee groterige plastiese kratte onder die een sitbank met 'n spul ander goete. Enigste pyn is dat al die gereedskap elke keer uitgehaal moet word en op hulle plekke terug gehang moet word in die motorhuis (ek het 'n "peg board" met plekke vir elke ding), gelukkig weet ek wat elke keer saam gaan so die omruil tussen motorhuis en Fleetline gaan vinnig. Ook 'n witbord teen die motorhuis se muur met alles wat gedoen en nagegaan moet word voor elke trippie. merk dit net af soos ek goed klaarmaak (witbord werk beter as 'n papierlys), mens kan in die verbyloop sommer gou sien wat is afgemerk en wat nie. Noudat ek die skryf besef ek dis nog net 2 maande voor ons jaarlikse maand vakansie op Scotties, en ek het nog niks gedoen nie...sal volgende week seker moet plan maak....

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sat, 13/04/2024 - 15:47

Die ou goet maak my gedaan. Donderdag begin die Rhino ruk en pluk, en na ń lang gesoek kry ek ń gaatjie in die inlaatspruitstuk, of eerder inlet manifold. Te veel lug ingekry, flou brandstofmengsel, backfire... gelap vir nou, nuwe op bestselling.

Gister oggend, eerste koue oggend, start die Landy te stadig. Toets, en sien daar kom nie krag deur na die glo plugs nie. Soek op internet. Fancy relay met ń timer in word verdink. Nie beskikbaar by Midas nie, moet by Lrover bestel, duur. 

Besluit vandag om te krap en doodseker te maak. Multi meter uit. Wragties, daar is ń fuse boks in enjin waar ń 60 amp sekering geblaas is. Dit is net vir die glo plugs. Het nie die spesiale fuse nie, prakseer een van ń 40 amp Toyota main fuse. En daar start die Landy na ń halwe draai.

Nou gaan neef vir hom n lekker koue gooi en ń tjop op die vuur sit. Ou goet se gat, hulle moet ligtig wees vir my.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 13/04/2024 - 16:17

Nou gaan neef vir hom n lekker koue gooi en ń tjop op die vuur sit.

Ek hoop die skaap was nie oud nie.  

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 13/04/2024 - 17:30

gat!!! Seg ek ook.

My vuur brand, en ek gaan lekker verouderde Rump steak braai. Ons koop dit vakuum verpak, volgens slagter so 7 dae oud. Dus, ek laat lê dit nog so 10dae in koelkas. As koelkas se deur oopgemaak word van binne, met 'n moerse bulk geluid, is dit reg vir die kolelaugh

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 30/04/2024 - 09:10

....het jy reggekom met die bedrading en die Jimney se ligte.

Indien wel, vertel tog vir ons ook wat gedoen moes word.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 30/04/2024 - 09:29

Die Landrover tender nou vir hoenderhok status. Vrydag dorp toe, sny die enjin uit. Soos waneer dit afgeskakelword. Start weer, en daar gaan ek nog twee keer gebeur, en ook 3 keer op pad terug.

Probleem opgespoor, die immobiliser neuk, sit die dieselpomp af. Het vir my ń draad ingetrek van die sigaretaansteker tot by dieselpomp se solenoid. Het gaan oplees, algemene probleem by ouer voertuie,jy kan dit omseil met so bietjie knip en las.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 30/04/2024 - 10:14

...die beste diefstal voorkoming wat jy kan insit. 

Ek oorweeg dit om vir Grompie sommer so 'n eenvoudige "cut out" te laat insit. Geen persoon in straat, geskool in monteeraanlegte of sekuriteitsplekke, weet daarvan nie.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Tue, 30/04/2024 - 13:32

As jy so 'n skakelaar wil insit Wessel maak net seker dat die "sparkie" wat jy gebruik weet wat hy doen en veral dat hy/sy 'n Toy se elektronika (CAN-bus) verstaan...die verkeerde draad sny of koppel en die rook (die BAIE duur soort) kom orals uit. Dink my meganiese truuks is dalk veiliger en raak nie die waarborg nie. Al wat jy wil bereik is om die tyd wat nodig is om die trokkie weg te kry onaantreklik lank is en hulle eerder die ou langsaan s'n probeer gaps. As hulle mens se trokkie regtig wil hê laai hulle hom op 'n platbak vragmotor maar meestal is tyd hulle vyand en hulle beweeg eerder aan

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 30/04/2024 - 14:43

...dankie vir waarskuwing.laugh

Kyk nou die dag by die mall, stop daar 'n swart dame met ou Corolla. Pluk die enjinkap oop, haal vonkverdeler uit, in handsak, kap toe. Daar gaan doen sien rustig inkopies.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Tue, 30/04/2024 - 16:16

Dit sal ook werk (behalwe Grompie het nie so iets nie, wys jou maar net daarop vir net ingeval jy dit wil probeer!). My vrou het jare terug 'n Opel Cub gehad...die goed was amper so gewild soos Citygolf's op die informele inkopielys. Het so 'n weggesteekte kraan gehad in die petrol lyn, spesiale sleutel om die kraan te kon oop of toemaak wat altyd saam aan die motorsleutels was....ongerieflik om te gebruik maar baie effektief. Ekke beginne mos nou weer wonder oor 'n makgemaakte mamba!

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 30/04/2024 - 16:39

Dalk iets eenvoudig soos klep in diesel toevoerpyp. Amper so iets wat standaard veiligheids vereiste was [is?] op renmotors. Ons sit dit net nie so onooglik bo-op die voorste modderskerm nie, erens onder enjinkap..

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus