15 Jun Hopetown by aangetroude familie
16-17 Jun Potchefstroom by skoonouers
18 Jun Sable dam skuiling (slaap in skuiling)
19-25 Jun Shingwedzi (kampeer teen heining)
26-29 Jun Tsendze (kampeer teen heining)
30 Jun Letaba (hut sonder geriewe)
1 Jul Potchefstroom by skoonouers
2 Jul Victoria-Wes gastehuis
Vasbyt maat.
Dit klink asof daar 'n liggie op die horison wil begin skyn. Ek is net "disgusted" oor Phalaborwa Ford se diens.
Die tyd toe ek Ford gery het, het ek die wonderlikste diens by (eers Selfords, toe Kelly en mettertyd) Kelfords in Somerset-Wes beleef. 'n Kollega van my het weer ellendige diens by sy Ford-agentskap in Pretoria ervaar.
By geleentheid het my seun probleme met sy Hilux se sleepstang gehad terwyl ons by ATKV Eiland Spa gekamp het. NTT Toyota in Tzaneen het 'n tegnikus spesiaal op 'n Saterdagoggend laat inkom om die sleepstang af te haal en te herinstalleer.
Diens-ingesteldheid hang maar af van agentskap tot agentskap - maak nie saak watter soort voertuig dit is nie. Ek het patetiese diens van 'n Mercedes Benz-agentskap (wat ook die agente vir Mitsubishi was) beleef toe ek 'n 2.8 Colt gery het - sodanig dat ek gesê het dat 'n Mitsubishi-produk nie weer die voorreg sal hê om in my motorhuis te staan nie. Maar ek weet dit was nie 'n probleem met voertuig nie - eerder die agentskap wat jou laat voel dat hulle jou 'n moerse guns bewys om na jou voertuig om te sien.
En ons wag nog
Ons het Phalaborwa hek gebel om uit te vind of daar kampering beskikbaar is vir vanaand en môreaand. Daar is nêrens in enige kamp van Letaba af Suid, behalwe net vanaand in Berg-en-Dal. Dit maak dit makliker om te aanvaar dat dit nie ‘n opsie is om te oorweeg nie.
Toe ons ‘n uur gelede vir Ford gebel het, het hulle net gesê die Ranger gaan nie voor 13:00 klaar wees nie, maar hulle wil ook nie sê dit gaan na 13:00 definitief klaar wees nie.
Dis amper weer rytyd met die Ranger
Chris, ek raai die Ford gaan 2nm gereed vir julle wees. Hulle het gesê dis 'n 6 uur joppie en as hulle 8vm begin het dan is 6ure later net mooi 2nm. Maar hulle het mos al gister met die "strip" begin, dus is 2nm redelik in die kol. Tot waar beplan julle om te ry vandag ?
Nounet gery....
....uit PBorwa.
Chris S het gevra dat ek spesiaal vir Len moet noem dat sy Ranger se enjin nog nooit so skoon was nie. Volgens hom die duurste kar-en enjin-was ooit.
Hy het nie gesê waarheen hulle mik vir oorslaap nie. Ek hoop nie hy wil sleep tot in Potch nie, die donker gaan hom vang.
Dankie vir die boodskap Wessel !
Ai tog, uiteindelik is hulle darem weer oppad. Hier is groot reën oppad môre, met dan 'n effense breek en dan weer vanaf Sondag vir 'n week lank groot reën. Hulle behoort darem voor volgende week se groot reën darem tuis te wees.
Letaba
My broer hulle het tot Donderdag bespreek by Letaba. Hul het 4x staanplekke gehad omdat sy kinders ook saam gekom het. Sy kinders moes almal terug vanoggend....so hy het basies 3x ekstra staanplekke. As ek vroeer geweet het kon ek hom gevra het of Wildehont kon kry....hul sou nie omgee nie.....maar is seker nou te laat.
Hoop Wildehont het n veilige reis terug sonder teespoed
Chris mik vir.....
....Montana in Pretoria noord om by sy suster oor te slaap. Ek is bekommerd, die donker gaan hom elkgeval vang lank voordat hy in Pretoria aankom.
Dit is baie vêr van P Borwa tot in Pretoria, en dis nog daai bergwêreld tot by Pietersburg.
Gelukkig is dit 'n redelike lekker................
.................pad pad vanaf Polokwane (Pietersburg) tot in die noorde van Pretoria (Montana). Ongelukkig was daar heelwat "spike"-gevalle op die N1 vanaf Polokwane. Ek hoop hulle word dit gespaar.
Goed om te hoor, Wildehont
Wens vir julle 'n veilige en voorspoedige pad vorentoe.
Chris S....
....hoe voel die Ford, alles reg tot in Montana?
Hoe lyk jou nuwe beplanning tot by huis, waar oral oorslaap?
Bokker dit wás ń lang dag. …
Bokker dit wás ń lang dag.
Mooi ry môre, die weer is blykbaar sleg daar in jou tuisdorp.
Langpad....
...volgens google kaarte is dit ongeveer 780km van Pretoria tot by Kambro.
Net te vêr vir 'n grootmens soos ekke
Of Grompie het te min perde vir so 'n sleep. Kan nie vergelyk met 3.2l vyfsilinder nie, en dan is dit nog "warm" gemaak ok![]()
Môre huis toe ja
Ons mik môre vir Worcester. Ek gaan nie meer na die toer se ervaring nie, ek mik en hoop ek haal die teiken.
Die vuurtjie brand. Ons braai binnekort.
Vandag was ‘n lang dag. Ons het net vinnig in Potch gestopt by die skoonouers, by Warrenton vir toiletbreek en in Kimberley vir diesel.





Dankie Chris,.................
.............ek is bly dit lyk of daar nou vordering is. Ek hou weer (eintlik nog steeds) duim vas !