15 Jun Hopetown by aangetroude familie
16-17 Jun Potchefstroom by skoonouers
18 Jun Sable dam skuiling (slaap in skuiling)
19-25 Jun Shingwedzi (kampeer teen heining)
26-29 Jun Tsendze (kampeer teen heining)
30 Jun Letaba (hut sonder geriewe)
1 Jul Potchefstroom by skoonouers
2 Jul Victoria-Wes gastehuis
Kara se vakansienuus
Gister moes ek Kara (wat nou 7 en in gr 2 is) se skoolboeke teken. Ek sien toe onder andere hierdie vakansienuus van haar. Sy het stukkend verkeerd gespel maar Tsendze reg. Dis goed om te sien dat sy op die regte dinge fokus.

Soos per Whatsapp gesê, die…
Soos per Whatsapp gesê, die Wildtiun het groter betekenis vir haar.
sy het stukkend verkeerd…
sy het stukkend verkeerd gespel
Spreek dit uit soos sy geskryf het, dan kom jy agter sy is van die "Kaap"
Kennis is mag
Sê die spreekwoord, en Kara se kennis is op die regte pad, so nice.
Kara kan spel....
....tot waaierband is korrek gespel.
slim kind, verstand seker by ma gekry, die pa het nog syne![]()





Kiewiete is gewoonlik mos…
Kiewiete is gewoonlik mos vreeslik agressief vir enigiets naby hulle neste. Ek het ń video clip gesien waar dit n Olifant verjaag. Nou die dag kom ek van die dorp af, en hier staan ń Kiwiet oopvlerke in due pad. In die verbygaan sien ek haar kuiken sit op die teer. Sy het wragties my, in ń kar, intimideer!
Dit lyk my die kinders was net te baie en te bedrywig vir hierdie Kiewiet.