Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Potjiekos Kuier maaltyd Geert -3 seconds ago
Alternatief Oktober 2026 saam gesels Geert -1 hour ago
Ek verskil Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Braai rots of net.... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Lava Stone.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -4 hours ago
Die BOm program Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -7 hours ago

Die Smalle se Krugerwildtuin toer Junie 2024

Worcester
Submitted by Wildehont on
Forums

15 Jun Hopetown by aangetroude familie

16-17 Jun Potchefstroom by skoonouers 

18 Jun Sable dam skuiling (slaap in skuiling)

19-25 Jun Shingwedzi (kampeer teen heining)

26-29 Jun Tsendze (kampeer teen heining)

30 Jun Letaba (hut sonder geriewe)

1 Jul Potchefstroom by skoonouers 

2 Jul Victoria-Wes gastehuis 

Worcester

Wildehont

Sun, 23/06/2024 - 15:43

Gisteroggend wou ons Red Rocks toe gaan. Toe ons by die afdraai van die teerpad af kom sê Kara sy moet poef (haar woorde). Toe moes ons omdraai en het daarna die onderste twee dele van die Mphongolo S56 gery. Ons het mooi wild gesien maar in terme van roofdiere net ‘n jong hiëna met ‘n af linker agterpoot naby die kamp in die rivier. 
 

Vanoggend is ons toe Red Rocks toe, maar net buite die kamp begin die Ranger ‘n fluitgeluid maak. Ek stop toe op die brug, en dit klink of dit die waaierband is. My ou Everest het een keer so geluid gemaak, en dit was toe stof op die waaierband. Ek het bietjie water op die waaierband gegooi toe raak dit beter maar kom na ‘n ruk weer terug.
 

Voor ons draai van die teerpad af lê ‘n wyfie luiperd in die oopte langs die pad. Ons was alleen met haar tot sy tussen die mopanies ingeloop het. Daar kon ons haar nog sien deur ‘n gat tussen die bome, en het gewag tot die volgende kar kom om haar vir hulle te wys voor ons ry. Die geluid wat die Ranger gemaak het verdwyn mettertyd, en ek neem aan dit was stof.
 

Ons het ‘n lekker rit gehad verder. Die deel tussen die laagwater brug en Red Rocks ommetjie se afdraai was sinkplaat, en ook die deel anderkant toe (Bateleur se kant toe). Die anderkant van die rivier oppad terug laagwater brug toe (S52) was beter en dis saam met die S56 een van my gunsteling roetes. Dit het vandag weer nie teleurgestel nie.
 

Die omgewing om Shingwedzi is vervuil van kameelperde en dit is telkens lekker om die unieke diere te sien en dop te hou. Ons sien ook baie sebras, waterbokke, olifante en koedoes. Bobbejane en apies is ook nie skaars nie en rooibokke is ook in goeie getalle teenwoordig. ‘n Mooi trop buffels is vanoggend voor ons oor die pad nadat ons sover net ou bulle gesien het elke dag. Ons sien die jaar gereeld vlakvarke, nadat ons verlede jaar nie een gesien het nie. 
 

Ongelukkig is alles nie maanskyn en rose nie. Ek moes maar met die Prado gekom het. Oppad terug kamp toe met die H1, hoor ons ‘n vreemde geluid uit die Ranger se voorkant en toe trek die rook. Ek skakel af en stop. Toe ek die enjinkap oopmaak is die waaierband weg. Gelukkig is ons net 6km van die kamp af, en ek ry stadig terug en hou die temperatuur dop. Natuurlik werk die kragstuur nie meer nie, en in die kamp stuur ek swaar. 
 

Nadat ek ‘n paar velle verloor het op my hande en vingers kry ek die stukke waaierband wat om die waaier en crank pulley gedraai het los en soek die oorsaak. Al die pulleys draai vry, en dit lyk nie of een geseize het nie. Die waaier se mounting het egter baie speling, en na ‘n paar heen- en weer boodskappe met Pierre Nolte bevestig hy dis die oorsaak. Die laer het gegaan en die breek van die band veroorsaak. 
 

Vandag is Sondag, so niks gaan verder gebeur nie. Ek sal môre die onderdele moet probeer opspoor en hierheen gekoerier kry sodat ek die vervanging kan doen. Ek hoop net ek kan seerower onderdele kry, anders gaan ek deur my nek betaal by Ford in Phalaborwa (die naaste agent). Hou duim vas asb. Hier is ‘n swak selfoon foto van ons luiperd. 
 

A

0
Pretoria

Geert

Sun, 23/06/2024 - 16:35

Ai....dis nie n lekker een nie. Sal versekering moontlik kan help?

Sterkte Wildehont 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 23/06/2024 - 18:33

...emmer, dis nou 'n gatslag. Is daar nie 'n werkwinkel in kamp nie? Dalk kan hulle help om onderdele te kry en te koerier tot by hulle. Dalk kan hulle help heelmaak. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 23/06/2024 - 18:47

Dalk die geluid wat jy al in Worcester gehoor het?? ek wonder maar net. Gelukkig het julle nie langs die hoofpaaie oppad tot in wildtuin gaan staan nie. nie. Ten minste is julle veilig en het reeds betaalde slaapplek.

0
Pretoria

Geert

Sun, 23/06/2024 - 19:00

As jy nie regkom nie....ek kan vir jou parte en tools hier in Pretoria koop en vir jou courier, maar gaan nog n ekstra dag in beslag neem as om in Phalaborwa te koop. Weet ook nie of hul aflewer binne KNP nie. Andersins by Phalaborwa hek laat aflewer....daar moet seker diens voertuie van Sanparks tussen hek en Singwedzi ry wat kan saamneem. 

Of op Sanparks se wildtuin facebook blad vra of daar iemand oppad is na Singwedzi wat kan saamneem....

Maar ek sal voorstel...begin om te probeer vir versekering se roadside assistance. As hul kar moet insleep bied hille huurmotor aan. Want daai fluit geluid klink nie goed....ek weet min van karre, maar kan dit wees dat fluit van n bearing of iets kom wat gegroet het? 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 23/06/2024 - 20:05

om van jou teëspoed te hoor - nooit lekker nie en met vakansie nog erger. Ai, en my kinders het net vandag teruggery huis toe...

Miskien kan jy ook vroeg by ontvangs verneem of daar moontlik 'n geleentheid/ saamrygeleentheid na Phalaborwa is.

Hou ons asb. op die hoogte. Sou dit wees dat jy totaal stuck raak, probeer ons van hierdie kant af 'n plan maak.

0
Worcester

Wildehont

Sun, 23/06/2024 - 20:17

Die fluit geluid vanoggend was anders as die ou een. Vanoggend was dit die viscous fan mounting se laer wat gegroet het. Die waaierband loop om dit ook, en toe dit vasslaan het die waaierband afgeskuur daarop. 
 

Dit kon baie erger gewees het. Die band loop oor die waterpomp, kragstuurpomp, lugeversorgingpomp en alternator ook. As een van die gegaan het sou dit insleep beteken het Phalaborwa toe, en my versekering dek net die eerste 40km. Die onderdele sou ook baie duurder gewees het. 
 

Ek gaan môre maar die naaste Autozone, Goldwagen of Midas bel en as hulle die onderdele het vra dat hulle dit vir my koerier hierheen. Ek het nie die regte gereedskap hier nie, en hulle het nie ‘n werkswinkel of werktuigkundige nie maar wel blykbaar iemand wat kan help met basiese onderhoud. So ek hoop om oor 24 uur weer mobiel te wees. 
 

Dankie vir die aanbod van hulp Geert. As ek nie teen 10:00 môre reggekom het nie gaan ek plaaslik ‘n ander plan probeer beraam om die onderdele te kry. As ek nie kan nie sal ek maar die Ranger laat sleep om reg te maak. Ons hoef darem eers Woensdag te skuif Tsendze toe. Dis net jammer ons kan geen wildritte doen tot die bakkie reg is nie. Maar ek sit eerder hier as enige ander plek buite die Krugerwildtuin. 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 23/06/2024 - 20:36

Lastige besigheid Wildehont. Ek het gaan Google omtrent die vervanging, jy seker ook. Dit is nie moeilik nie, net bitter beknop daar waar die spanners en vingers moet inkom. Wat na ń lastige stukkie werk lyk, is die losmaak van die viscous coupling voordat jy die laerhuls kan afhaal.  Voorspoed.

0
Worcester

Wildehont

Sun, 23/06/2024 - 20:57

Dit is nie moeilik nie, net bitter beknop daar waar die spanners en vingers moet inkom.

Net om die stukke waaierband wat om die crank pulley  en waaier skag gedraai was los te kry het ‘n klomp velle op my vingers en arm gekos. Ek hoop die laerhuls kom af met die vier boutjies daarop, en dat die waaier se moer dan losgedraai kan word buite die enjinruim. Ek het die waaier se koppelaar al vervang, en moes ‘n tool maak om die huls vas te hou sodat ek die waaier se moer kon losmaak. Stuur asb die Google skakel na my per WhatsApp. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 23/06/2024 - 21:45

Dis nou 'n gatslag wat g'n mens kon voorsien nie en is gelukkig NIE die gevolg van nalatigheid NIE.  Maar ek lees tussen die lyne jou positiewe gesindheid met die probleem op hande om dadelik planne te begin beraam.  Ek sou voorstel dat jy môre so gou as moontlik jou versekering kry om die Ford te laat vervoer Phalaborwa toe en dat hulle die nodige herstelwerk doen. Ry sommer saam Phalaborwa toe en dalk kan jy nog dieselfde dag terugry.  As jy saam met jou Ford by die handelaar aankom, sal hulle die dringendheid van die saak besef en jou dalk dadelik help. Netnou is daar fout met die onderdele wat jy laat koerier en dan sit jy weer vir nog 'n dag of drie.

Alternatiewelik, hoor by Ford Phalaborwa of hulle dalk 'n werktuigkundige met die nodige onderdele en gereedskap Shingwedzi toe kan stuur om jou te kom help.

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 23/06/2024 - 22:03

Ai jammer om van die drama te lees, hoop jy kom gou en goedkoop reg. Mens soek nie sulke dinge as jy daar ver is, en boonop nog met vakansie in die wildtuin nie, sterkte.

Soos jy sê, eerder daar as langs die pad met jou vrou en kinders.

Weet nie of versekering meganiese dekking het nie, hoop so.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 24/06/2024 - 07:07

Môre Chris S, ek aanvaar jy bedoel "laat vervoer op 'n platbed". Ek is onkundig, kan mens 'n outomatiese, deeltyd 4x4 op sy voorwiele sleep, met agterwiele in die lug??

Ek weet wel dat jy die dryfas sal moet ontkoppel as jy dit konvensioneel op agterwiele wil laat insleep

 

0
Worcester

Wildehont

Mon, 24/06/2024 - 07:31

Ek is mos hardkoppig arm, en glo nie daaraan om onnodig meer te betaal vir iets wat ek self kan doen nie. Ek het oornag gelê en dink en vanoggend my vermoede bevestig dat die waaier se mounting maklik vervang kan word deur vier boute waarvan net een bietjie moeilik is om by te kom. Om die waaierband terug te sit benodig ek net ‘n ‘n power bar. Hopelik het hulle een (ek gaan nou-nou uitvind). Ek moet nou net bel en die onderdele hier kry. 

0
Pretoria

Geert

Mon, 24/06/2024 - 07:50

As jy kan reel dat parte by Phalaborwa hek afgelaai word,  kan jy met hek personeel reel dat hulle iemand vra wat inboek oppad na Shingwedzi om parte saam te vat....dink enige vakansie ganger sal met plesier saamneem. Daar behoort elke dag klompie mense via Phalaborwa Shingwedzi toe te gaan

0
Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 24/06/2024 - 08:07

Daar is nie ń spesifieke video van die laerhuls nie. Maar as jy na die part kyk met sy 4 bounties, en die waaier, was my afleiding dat as die waaier af is, dit redelik toegangklik sal wees. Net ń 1/4" of 38" socket stel glo ek sal die taak makliker wees.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 24/06/2024 - 08:16

Sover kon ek selfs by Ford Phalaborwa nie die viscous fan mounting opspoor nie. Ek gaan nou maar skrootwerwe begin bel, want sonder die onderdeel gaan ons nêrens heen nie. Daar is ‘n plek in die Kaap wat dalk kan help, maar hulle moet wees uitvind of hulle oornag kan koerier. 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 24/06/2024 - 08:33

Daar is nie ń spesifieke video van die laerhuls nie. Maar as jy na die part kyk met sy 4 bounties, en die waaier, was my afleiding dat as die waaier af is, dit redelik toegangklik sal wees. Net ń 1/4" of 38" socket stel glo ek sal die taak makliker wees.

0
Pretoria

Geert

Mon, 24/06/2024 - 08:35

viscous fan mounting opspoor nie.

Probeer Goldwagen ook....hulle hou ander karre se parte ook aan 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 24/06/2024 - 08:46

ons sal help as jy die regte onderdele in Middelburg of Nelspruit kan kry. Laat weet asb. , ons ry enige tyd. Daan het ook 'n een en ander van gereedskap om saam te bring. Ek plaas my no. hier, bel met vrymoedigheid. Nul agt twee 8 dubbel 1 3825

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus