Môre vriende
Almal van ons het ons voorkeur voertuig, al is dit soms net in ons drome. Daar word baie gepraat oor fabrikate soos Ford, Toyota, Mahindra, Nissan ensovoorts, maar wie het ervaring van ander fabrikate? Wie sleep byvoorbeeld met 'n Kia, Fiat, Mitshibushi, Amarok of Hyundai produkte en wat is julle mening daarvan. Daar is sekerlik nog vele ander opsies ook.
Al die ratte en katoeters
Na aanleiding van Chris S se gesels oor sy Ranger met 6 ratte en omwentelinge, dink ek sommer;
Deesdae wil dit blyk dat die klem op spoed en brandstofverbruik met bakkies val. Nou kom trokkies uit met 8 tot 10 ratte vorentoe
Ek het nog nie sulke trokkies [Rangers, Amaroks] se ratverhoudings beloer nie, maar ek raai----'n klomp daarvan is eintlik snelratte.
Maartmaand kamp iemand langs my met so 'n Ranger Thunder, en hy seg dat die bakkie nie lekker sleep nie. Ek vermoed dat mens sekerlik baie van daai snelratte moet uitskakel, deur hoogste rat te beperk tot dalk 6de rat.
Ek is ook maar bly dat Grompie ook net 6 ratte het, waarvan nr 5 en 6 ook erge snelratte is. Gelukkig skakel sy blikbrein sommer baie gou terug na 4de rat wat nie 'n snelrat is nie.
Neef sal moet gaan lees oor…
Neef sal moet gaan lees oor die baie ratte. Maar as ek so uit die heup kan skiet. Die enjins is normaalweg van klein verplasing, maw kleinerige cc?? Wat ń groot klomp werk moet doen, bv swaar voertuig.
Die enjin se torque is vrot onder, se maar 2000 rpm, en val weer na bv 2800rpm. So die baie ratte word kort gespasieer en die ratwisseling bly in die wat ons kan noem " power band", tussen die twee figure.Die witjasmanne sal dus selfs die 10 rat beperk tot ń optuimale spoed van bv 1??km/h. Sodat die enjin dit kan gebruik sonder dat die wringkrag te laag word.
Mens kan maar reken, sou jou enjin rpm val tot by 1000 waneer dit by 10de rat kom, jy op die gelykpad sal spoed verloor.
Ek dink die probleem by sleep is dat die kar heeltyd gaan ratte wissel. So dink ek maar.
Julie voertuig statistiek
Julie maand se verkope is nogal interresand. My oog vang die SNV segment,
Fortuner 727
Everest 241
Prado 238
Ek was onder die indruk dat die Everest baie sterk kompetisie is vir die Fortuner.
Die Prado se syfer is indrukwekkend, inaggenome sy prys.
Wildtuin was weer vol van Toyota sleepvoertuie, Hilux, LC300, en Fortuners. Selfs 'n paar nuwe Prado's gesien.
Namibië ...
... kan maar Toyotaland genoem word. Dit is net eenvoudig ongelooflik hoeveel Toyota's (meer spesifiek Hilux en Fortuner) daar ry. Ek glo nie ek is ver verkeerd as ek raai dat 70%+ van alle voertuie in Namibië is Toyota's nie. En by Hentiesbaai kan dit selfs meer wees, maar dit is grotendeels SA hengelaars wat daartoe bydra.
Ek dink ek het die volgende al vertel. Tydens een van ons hengeltogte sluit 'n vriend van een van ons spanmaats vir 'n dag by ons aan. Hy is 'n toerleier van 4x4 trips tussen Lüderitz en Walvisbaai en ry met 'n Toyota Land Cruiser. Hy vertel toe van alles wat hy as toerleier moet saamry vir die toere. My seun vra hom toe of hy 'n wa saamsleep (want dit klink na te veel goed vir die Land Cruiser). Sy antwoord was "nee, jy kan nie nog iets saamsleep in daardie sand nie. Al wat ek soms sleep is wanneer ek Ford's uit die sand uit moet sleep. Dit is óf die vrotste voertuie vir sandry of die vrotste bestuurders wat 4x4 Ford's ry."
Dit is nie ek wat laasgenoemde gesê het nie.
Dis nou 'n regte hengelaar…
Dis nou 'n regte hengelaar storie Chris! Maar nou ja as dit help om mense beter te laat voel is dit seker reg so...![]()
Interessante (waar in die geval!) storie is dat 5 Toyota modelle wat in SA verkoop word eintlik "badge-engineered" Suzuki's is. Kopers het in al die gevalle ook die keuse om die oorspronklike Suzuki te koop, lg. rondom 10% goedkoper en, bid jou aan, met 'n aansienlik beter waarborg, bv. die Toyota Rumion verkoop teen sowat R301k teenoor die Suzuki Ertiga se R281k. Beide bied 'n 4 jaar/60 000km diensplan. Skreeusnaaks is dat die "Toyota" in die geval slegs 'n waarborg van 3 jaar/100 000km bied teenoor die Suzuki se 5 jaar/200 000km...lyk my daai Toy wapen maak die Suzuki...ekskuus Toyota...aansienlik minder betroubaar
En dalk sê dit iets van mense se psige as dit by handelsmerke kom...boonop koop oor die algemeen 2 keer meer mense die "Toyota" as diegene wat die Suzuki koop! Wie weet een van die dae sien ons nie net 'n Amaranger nie maar ook 'n Toyranger!!!
Ek gaan maar ‘n Foton koop
Ek sien Foton gaan ook nou ‘n dubbelkajuit verkoop hier. Jaffe’s Ford hier in Hoogstraat af gaan die plaaslike agent wees. Ek gaan maar my Ranger inruil op ‘n nuwe Foton. Dit begin darem ook met ‘n Fo en dan kan die Hilux eienaars my nie meer spot nie.
Grappies op ‘n stokkie, afgesien van Foton het ek gesien Chery verkoop ook nou ‘n dubbelkajuit en BAIC het ‘n kar wat soos ‘n Wrangler lyk. Die Sjinese tree nou erg toe tot die mark. ‘n Bietjie kompetisie kan net goed wees vir die mark.
En my ou sleepkarretjie................
...............word nêrens eers genoem nie. Hy het ook maar sy foute. Siestog, in sy 11 jarige bestaan het hy my nou die dag vir die eerste keer as 11 jarige in die Wildtuin nogal, in die steek gelaat. Die battery kon nie die uiters vrot pad na Timbavati deurstaan nie en die battery-pole het losgeskud................. dis al !
Gevolgtrekking : my ou sleepkarretjie sal maar saam met sy eienaar moet uithou tot ons albei finaal groet.
LC300 en nuwe Prado
Die twee is mos op dieselfde wielbasis gebou. Vandag by ons skolesport is daar toe een van elk geparkeer langs mekaar. Die foto wys dit nie so duidelik nie en is ongelukkig deur ‘n heining geneem. Die LC300 is ook nader, so dit verdraai die beeld. Ek het die twee in lewende lywe langs mekaar gesien, en die Prado is nie veel kleiner as die LC nie. Eg is egter nie vir my baie mooi nie. Die swart plastiek stroke pas nie vir my by so duur ryding nie, en dit lyk baie na die nuwe Defender.

Eersgenoemde???
Is dit die Prado of die LC300, teks en titel se eersgenoemde verskil. Ek vermoed die ekstra swart plastiek is deur eienaar aangebring.
Ek het baie Prado's in Kruger gesien, wat nie die swart het nie. Ek verkies die spesiale model met die ronde ligte bo die skrefies-ogies, seker maar die konserwatisme.
Het met van die eienaars gesels, wat nie die spesiale uitgawe gekoop het nie. Ek vermoed dat die spesiales dadelik jou voertuig se jaartal verklap, aan oplettendes en Prado aanhangers.
Territory chonkie
Lees ek vanoggend dat Ford se Territory in China gebou word deur JMC. Seker maak dit dalk nie regtig saak nie, of hoe.
Eg in vorige sin
die Prado is nie veel kleiner as die LC nie. Eg is egter nie vir my baie mooi nie.
Ek het na die Prado verwys.
Bakkie pryse
Ek hou my vinger op die pols van bakkies en dus hulle pryse. Ek het sommer gekyk na 'n nuwe Hilux 2.4, die Ranger XLT, Navarra en Triton. Die kriteria was 4x2 en outomaties en die internet pryse lyk as volg;
Triton 2.4 td kR659
Ranger 2.0td enkel turbo kR 648
Hilux 2.4td Raider kR633
Navarra 2.5td SE kR603
Oor die algemeen is die Triton modelle baie duur, en het almal dieselfde enjins in. Dit verklaar moontlik waarom mens min van hulle op die pad sien.
Net so is die Isuzu 3l modelle blykbaar net in 4x4 beskikbaar en pryse is bo kR780. Die wringkrag van die 3l masjiene is kwalik meer op die wiele as my huidige Hilux, weens 'n sagte ewenaar ratverhouding.
Die prys van die Navarra en sy enjinkapasiteit maak dit vir my aanloklik.
My maggies, en...............
.............hier pop wraggies 'n Nissan slimmigheid ook uit ! Omtrend tyd.
Nie regtig ‘n alternatief nie maar
Frank Vos motors is die plaaslike Isuzu agent, maar hulle verkoop ook Suzuki, GWM (en dus Haval) asook Chery. Nou die dag staan daar ‘n vyfdeur Jimny en Tank300 agter mekaar parallel geparkeer in die straat. Dit was opmerklik dat die Tank (wat nie vir my lelik is nie, die hoofligte sit my net bietjie af) nie werklik veel groter vertoon het as die Jimny nie. As die Tank500 hierheen kom kan dit dalk ‘n alternatiewe sleepvoertuig opsie wees?
LC bakkie en donkie
Chris S, party mense sal nou sê, 'n LC bakkie kan nie sleep nie, of dat hulle bestuurders nie daarmee kan sleep nie.![]()
![]()
Ek vind jou stelling effe vreemd op ander gesprek. Dalk moet jy net spesifiseer watter ene jou vriend het. Dalk die 4.2 sessilinder sonder turbo, soos neef Herman.
Ek dink die nuwe 2.8 outomatiese LC-bakkie gaan nog baie hardebaard V8-LC manne oorrompel.
Die V8
My kennis het die V8. Toyota het hulle gedetune om lank te hou, waarskynlik maar omdat boere hulle hoofsaaklik vir plaaswerk gebruik het. Die V8 lewer maar 4KW meer as die 3.2 Ranger maar 40Nm minder wringkrag, en weeg ‘n ton meer. En dan is daar die vering…
Hoe vergelyk mens ń voertuig…
Hoe vergelyk mens ń voertuig wat gebou is vir Sandton se sypaadjies met ń doelgerigt ontwerpte voertuig? Dit is net so goed as om te sê dat jy kan ń baie kragter Audi quatro bos toe gaan, is mos 4x4.
My Cruiser is nog so R500 000 in die boekie. Vir dieselfde is daar baie luukse 4x4 snv beskikbaar, met dubbel die kw, lug suspensie warm stuurwiele, Lane assist en als moontlik ingebou. Sal ek dit oorweeg, nee wat nie ek nie. Elk geval het al Range Rovers gehad, nuwe en ou Discovery's en ń v6 Prado, redelik onlangs, so het darem ondervinding van die krag en gemak.
Ja my Cruiser gaan nie in top gear ń bergpas uitseil nie. Maar vir die hoeveelheid kilometers wat ek Jurgie saamsleep, is dit nie ń faktor nie.
Toe ek begin sleep het, met ń Alfa 2l, was dit ook maar kierie roer teen die bulte. Met ń 3l ford, ek dink so 98kw, was jy daai tyd die meneer met jou sleepding. Toe was dit nie snaaks om paar karre met oop bonnets te sien afkoel na ń klein passie nie. Nee wat, die hunkering na meer krag en luuksheid, pla die ou man gladnie.
Wil net Betroubaarheid onder my afdak sit, met billike instandhoudingskoste, en goeie dienstydperk, en goeie herverkoopwaarde. ![]()





Kom Wessel, trek nou af hier…
Kom Wessel, trek nou af hier na ons toe.