Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hoedspruit lughawe??? November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Klaserie lughawe - Neef Herman November 2026 Rona du Plessis -3 hours ago
Voolie en Piet.... November 2026 Rona du Plessis -3 hours ago
Wonderlik Voortrekker. Mag… November 2026 neef Herman -3 hours ago
Klaserie? Len gaan weer Kruger Wildtuin… neef Herman -3 hours ago
32,5 °C is vir ons heel… November 2026 neef Herman -4 hours ago

Forum gesels-onderwerpe

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek stoei nou al vir 'n geruime tyd hoe om hierdie saak aan te spreek, want ek is maar te deeglik bewus dat my geselsery hier op die forum  draai maar altyd om net 'n paar goed :-

  • My Nissan Pathfinder
  • My stokou 2005 Exclusive
  • Die Kruger Wildtuin en ander wildtuine
  • En les bes, my drie reënwater tenks hier by die huis

Ek begin nou glo dit raak afgesaag en mag dalk 'n irritasie by my mede Kampforum vriende veroorsaak.

Ek lê juis verlede nag en dink waaroor gesels 'n mens as jy met vriende bymekaar kom ?  Jy beplan tog seker nie die onderwerpe vooraf waaroor jy gaan gesels nie en ek kom toe tot die gevolgtrekking dis mos iets wat natuurlik gebeur en elkeen neem deel aan die onderskeie gesprekke of voer self 'n sekere onderwerp aan.

Wat 'n spesifieke groep mense met dieselfde belanstelling betref, byvoorbeeld kampering, word die magdom verskeie onderwerpe sekerlik 'n bietjie nouer geskaaf tot waarin die meeste vriende belangstel.

'n Klompie jare gelede was my kampering-ervaring meer gebalanseerd met ook see-vakansies, maar soos wat die jare aangestap het en gesonheidtoestande 'n tol geëis het, kon dit nie meer geredelik gedoen word nie.  Maar Desember 2024 gaan ons tog weer vir 'n rukkie vir 'n Hartenbos see-vakansie en ek hoop ek kan dan oor iets anders as net 'n wildtuin-vakansie gesels.

Aan die ander kant lees ek op" Aktiewe onderwerpe" se opsomming (links van hierdie gesprek), daar is darem tog 'n hengse klomp algemene onderwerpe waaroor ons gesels.

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 14/08/2024 - 07:30

Ons praat dieselfde taal Len. As daar nie vertel word van ń projek waarmee my tyd verwyl word nie, is daar bitter min anders om oor te gesels. 

Ek kan vertel dat ek huidiglik besig is om die tuingrond reg te kry vir volgende maand se plant, maar vir wie vertel neef dit nou? Klink soos iemand wat graag aan ń gesprek wil deelneem, maar niks van die onderwerp weet nie.

Of vertel van die kassie wat nou my hande besig hou vir ouma Vonnie se stokperdjie. Sy versamel stukkies glas, porselein, etc wat hier op die plaas rondlê. Wat dit interessant maak is dat sy dan die oorsprong en tydvak daarvan probeer opspoor. Die kassie gaan ń showcase wees vir haar bottels vol mooi stukkies. Dit kry plek in haar laundry waar sy die was en uitsorteer van die stukkies doen. Kyk die was nou sommer ń bek vol onnodige klets op ń kampforum.

Die bietjie " tegniese" ondervinding wat ek het, en dit is maar deur eie ervaring en nie geleerde kennis nie, sal ek graag deel. Somtyds voel dit asof ek probeer om " slim" voor te kom. Dit was al ń keer voor my kop gegooi.

So as neef slegs moet gesels oor sy 2 jaarlikse karavaan trips nie, het ek bokkerol anders om oor te gesels. Maar dat ek my maters hier geniet, maak op vir die tekort aan kamp, of eintlik in my geval net lekker kuier en gesels oor algemene sake van die dag.

Die forum het dalk gegroei in ń platform vir afgetredenes wat oor algemene bedrywighede gesels, met so af en toe ń kamp tussen in?

Mooi dag, 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 14/08/2024 - 08:01

ń platform vir afgetredenes wat oor algemene bedrywighede gesels

Ek is nie meer ‘n bogsnuiter nie, maar dis nog amper agt jaar voordat ek afslag kan begin kry. Ek is darem nie die enigste aktiewe lid wat nog ekonomies aktief is nie, maar ons is in die minderheid. 
 

Afgesien daarvan dat ek soms jaloers raak op die tyd wat die afgetredenes tot hulle beskikking het vir toer en stokperdjies, pla dit my glad nie dat die meerderheid aktiewe lede afgetree is nie. Ek hou van krimpies, want hulle het baie ervaring en mens kan baie by hulle leer. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 14/08/2024 - 08:22

vol is, deel ek op die forum.

Ek deel op die forum dinge wat ek oorkom, dinge wat ek geniet, en mee besig is. As dit iemand nie aanstaan nie, moet dit nie lees nie, MAAR moet nie onttrek aan die forum nie.

Ek lees soms selektief, maar dinge wat my nie prikkel nie, gaan my nie laat onttrek nie.

Soos Len dit so mooi opsom, gedeelde belangstellings SAL die meeste insette kry op die forum. Dus, plaas asb insette buite die normale, heel moontlik prikkel dit wel ander lede om ook daaraan deel te neem. Of dit nou paptert, slaptert, sluwe tertedevil is, deel dit, die normale reaksiegedrag van die leser, sal dit laat uitsterf, of voortleef as 'n gewilde onderwerp. 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 14/08/2024 - 10:52

Ek is maar vervelig as dit kom by geselskap.   My bedrading is filosofies georienteerd waarvan teologie my grootste passie is.    Meeste van my spaartyd so tussen 9-11pm in die aande word afgestaan aan teologiese en bybel studies met groot belangstelling aan kerk en bybelse interpretasie geskiedenis en metodes.   Ongelukkig is sulke tipe gesprekke mos nie aan die orde van die dag nie en word daarop gefrons - so ek hou maar by myself behalwe as iemand my benader om oor die onderwerp van mens / God / Bybel / verlossing / sonde te gesels.  devil

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 14/08/2024 - 10:57

As mens ‘n tweeling moet grootkry is daar seker net een manier en dis grootbid. Eintlik is dit maar die geval met alle kinders. Hoe gaan dit met julle en met mamma se gesondheid? En wanneer begin julle weer kampeer?

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 14/08/2024 - 13:23

Gebed vir wysheid om die regte besluite te neem.    Teologie was maar nog altyd 'n groot passie sedert ek my graad in laat 90's gekry het, alhoewel dit maar 'n klomp nonsens en traditionele denominasionele mensegemaakte bog is wat mens daar leer .!

Kamp!  Wat is dit? laugh

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus