Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Narsis - raai van wie praat ek? November 2026 Len Loader -5 minutes ago
VETO stem November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Stem heeltemal saam Wessel… November 2026 neef Herman -14 hours ago
Herman... November 2026 Wessel Strydom -16 hours ago
Wessel, hierdie is n… November 2026 neef Herman -18 hours ago
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -22 hours ago

Houdenbek oord

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Middag Chris S

Jis man, julle het darem lieflike plekke naby julle vir lekker uitstappies.

Ek het gou gaan loer, en ek sal daar kan leeglê vir 'n paar dae. Ek sien uit na jou resensie met fotos. Ek kon nie 'n prys vind nie. 

Moet mens altyd die hele kampeer gedeelte bespreek??

Brits

Wessel Strydom

Fri, 10/02/2023 - 15:13

Middag Chris S

.....steeds in spanning vir 'n vertel met fotos oor die plek.

Het jy die Prado vir die sleep ingespan. Wat is jou indrukke met die nuwe vere en ballonnelaugh

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 23/02/2023 - 22:09

Ek wou al lankal terugvoer gee, maar tussen my werk en beurtkrag wat voorkom dat ek my werk doen kom ek nie daarby uit nie. 

Dis net 'n uur en 'n half se ry van Worcester af deur Ceres, Prince Alfred's Hamlet en dan met die pas op Koue Bokkeveld toe. Net anderkant Op-die-berg draai mens regs en 'n ent verder is die ingang skielik op linkerhand. 

Daar is 'n bietjie sand net anderkant die hek, maar die kampterrein is net 'n km van die teerpad af. Die tweespoor paadjie is hier en daar bietjie ongelyk, maar ons vriende met hulle 4x2 Everest en Penta kon sonder skade tot by die kampterrein ry. 

A

Ons was voor hulle daar, en het lig opgeslaan. Net die afdak, sonder kantseile. Daar is 'n lekker kuierplek langs die lieflike natuurlike swembad met 'n afdak. Ons het meeste van die tyd net daar gekuier, en die karavane net gebruik om in te slaap en goed uit te haal. 

B

Hulle laat 15 mense in totaal toe, en daar is nie regtig staanplekke gemerk nie, want jy bespreek die hele plek. Daar is wel twee staanplekke onder skadunet vir tente. Dis bo die toegangspad en dus nie geskik vir karavane nie. Daar is 'n skaduboom waaronder ons, ons vriende laat staan het. Ons staanplek was mooi gelyk, maar nie baie groot nie en in die son.

C

D


Die laatmiddag het ‘n trop bobbejane aan die anderkant van die dam teen die kranse gespeel en later onder langs die dam gewei. Hulle het in die kranse oorkant die dam geslaap die nag. 

E

Ek het reeds elders vertel van my teespoed met die gekraakte pyp in die Kavango. Die wa was omtrent onder water, maar die slaapplekke was gelukkig droog. Ons vriende se dogtertjie het 6 geword die Saterdag, en haar ma het vir die kinders elk ‘n klein rooster gegee waarmee hulle hul eie worsie gebraai het. Ons het ‘n feesmaal met heeltemal te veel vleis gehad en lekker saam gekuier. 

Die Saterdag was dit vroeg al warm, en ons het die staproete naaste aan ons kamp aangedurf in ‘n lieflike kloof op. 

F

Daar was boesman tekeninge langs die roete, en pragtige rotsformasies. 

G
H

Ons het ook twee witkruis arende gesien sweef bo ‘n krans. Na so uur se stap was dit warm en moes ons rus. Ek en die ander ou het ‘n ent aangestap om te sien of die rotsboog waarheen die roete lei nog baie ver was. Dit was, en ons het omgedraai en saam met die vrouens en kinders terug gestap. 

I

Alhoewel daar die Vrydag bobbejaanspore in die kamp was, en ons maar alles weggepak het voor ons gaan stap het, was daar geen teken dat hulle iets kom soek het terwyl ons weg was nie. 

By die kamp het ons weer lekker geëet en baljaar in die swembad. Hier is foto’s van die badkamers. Die stort het ‘n gas deurloop geyser maar ek het ‘n koue stort geniet in die hitte.

K

L

Later het ons teiken geskiet met ‘n windbuks wat ek saamgevat het, en ek het met die kinders gaan roei op die dam langs die kamp. Twee het by my op die kayak gesit en twee in ‘n opblaasbootjie wat ek met ‘n tou gesleep het. Ons het ‘n visarend oor die dam gesien vlieg. 

Ek het met die kinders geroei na die dam se inloop. Daar was nie veel water wat ingeloop het nie, maar hulle het heerlik baljaar in die skoon sand en in die water terwyl ek op die kayak vir hulle sit en kyk het. 

Die aand het ons weer lekker gebraai nadat die volmaan oor die dam opgekom het. Almal was lekker moeg, en ons het goed geslaap.

J

Sondag was weer vrek warm, en ons het opgepak om klaar te kry en te swem voor ons weer heerlike kos gemaak het en lekker geëet het. Ons is op die ou end eers omtrent 16:00 daar weg. 

Oppad terug Worcester toe het Chris Jnr hardop gewens hy het ‘n knoppie wat die naweek laat oorspeel as hy dit druk. Hy wou met alle geweld hê ek moet ‘n dag verlof insit sodat ons kan teruggaan. Ek het ook so gevoel. 

Houdenbek is ‘n ongelooflike plek, en vir seker my gunsteling naweek uitspan. Ek is vies vir myself dat ek nie vroeër bespreek het vir 2024 nie. Toe ek voor die naweek daar probeer het was daar net ‘n naweek in September en een in Oktober oop. Ek het lg bespreek

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 24/02/2023 - 06:09

Môre Chris S

Dankie vir die verslag. Ek verstaan volkome waarom julle gaande is oor die plek. Dit is 'n lieflike natuurskoon omgewing, met 'n kampeerplek wat totaal inpas daarby.

Ek het jou aanvanklike inset, asook hulle webblad  gelees en die 15 mense gelees, maar as 15 staanplekke geregistreer. Teen gemiddeld 4 of 5 persone per woonwa, kan daar dus eintlik net drie woonwaens en/of tente saam kampeer. Uiteraard sal dit, soos in julle geval, familie of vriende wees, wat so 'n uitstappie soveel aangenamer maak.

Is daar elektrisiteit by die plek vir gewone padwaens? 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 24/02/2023 - 06:56

Alhoewel die pomp wat die swembad met silwerskoon water voer wat iewers uit die berg uit kom elektries is, is daar nie elektrisiteit by die kamp nie. Ek dink hulle hou dit met opset so. Ons vriende se Penta se yskas se vrieshokkie het ontdooi en bietjie gemors. Hulle het ‘n Snomaster in die kar gehad. Ons die Snomaster in die Kavango en die 40l Engel in die kar, elk met batterye wat met ‘n sonpaneel laai. Die son het heeltyd geskyn so batterye laai was geen probleem nie. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 24/02/2023 - 08:12

Hier is nog twee foto’s van die swembad. Dit het ‘n sand bodem en daar groei ‘n paar plante in, maar die water is silwerskoon. Dit help natuurlik dat daar heeltyd nuwe water inloop solank dit nie beurtkrag is nie. Snags is die swembad vol paddas en bedags sien mens n paar visse swem. Die water (wat ook in die krane uit die kamp vloei) is drinkbaar. 
 

A

B

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 05/09/2024 - 11:40

...dalk moet hierdie forum gesprek eerder gebruik word vir genoemde oord. Die foto's hier is baie mooier as op die ander gesprek.laughdevil

Ek het nou weer 'n gesprek geskep, sonder om te kyk of daar nie reeds ene geskep was nie. Ekskuus.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 06/09/2024 - 08:29

Die foto's hier is baie mooier as op die ander gesprek.

Dankie Wessel. Ek het geweet ek het iewers ‘n foto geplaas ter wille van die manlike lede. Ek kon net nie onthou waar nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 16/10/2024 - 16:18

...ek het solank namens jou die gesprek gaan nader trek. Jy gaan mos ook, soos die Karoo rakkers, vir ons tuisblyers met lopende kommentaar en foto's vergas die komende naweek.

Ek sal graag wil hoor hoe jou maters hulle goete koud gehou het. Of moet jy hulle papperye ook laai met jou sonpanele??

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 16/10/2024 - 17:20

Sjoe! Vir die eerste keer sien ek ook hierdie foto's en meer.

Wildehont, ek glo julle gaan weer net so 'n lekker naweek hê.

Eendag.......

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 18/10/2024 - 18:17

....hoe gaan dit daar?? seker maar stil want almal  hou-den-bek toelaugh

Julle almal veilig aangekom en staan gemaak. 

Is jou vriende wynboere, dan moet julle sommer 'n imprompto wynproe hou!!

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 20/10/2024 - 07:32

Die sein is gelukkig skaars hier. Ons naweek is heerlik. Die dam is vol en die grootbek baars byt sodra jy ingooi. Chris Jnr is gewoonlik die enigste haan onder die henne maar het die naweek ‘n maatjie wat in sy klas by die skool is en die twee laaities lééf behoorlik. Dis visvang, kettie skiet, swem, kayak ry en windbuks skiet vandat hulle oë oopgaan. Saans was dit koud maar bedags baie aangenaam. Vandag pak ons op terwyl ons kuier en is nie haastig om te ry nie. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 25/10/2024 - 09:54

Soos ek kortliks verduidelik het, was dit ‘n heerlike naweek. Snags was dit maar koud, maar bedags was lieflik. Ons was drie gesinne. 2013 Ranger met 2008 Kavango, 2022 Everest met 2005 Penta en 2024 Isuzu met Swing waarvan ek nie die jaartal ken nie. Lg het ‘n NL batteryboks met ‘n sonpaneel en Victron laaibeheerder. Die son het saamgespeel en my wa se batterye het sonder moeite gelaai en mooi gehou.

Daar was drie stop/ry weens padwerke. Een op Michell’s pas, een tussen Ceres en Hamlet en een net voor Op-die-berg. Dit is natuurlik frustrerend as mens dit verkeerd vang, maar ek kla nie want dit beteken hulle werk daaraan om die paaie te verbeter. Veral bo op die Koue Bokkeveld was dit broodnodig. Van ons eerste besoek in 2019 af was die pad vrot.

Ons het eerste aangekom, en was aanvaklik onaangenaam verras. Die dam waarvan die water se rand tydens ons vorige besoek ‘n goeie 50m van die kampeerplek af was, was propvol. Dit het beteken dat waar ons laas gestaan en gekuier het onder water was. Daar was nie vreeslik baie plek om te staan oor nie. Die natuurlike swembad was ook onder water en dus eintlik maar deel van die dam. Dit het bietjie kopkrap gekos maar ons kon ‘n gesellige laer trek en die kinders kon sommer langs die waens visvang en roei.

Hier onder is ‘n paar foto’s. Verskoon maar waar dit slordig lyk. Dis hoe dit gaan met sewe kinders tussen 7 en 11. Hulle het ‘n absolute fees gehad. Ons is werklik geseënd om sulke plekke binne ‘n uur en ‘n half van ons huis te hê. En saam met 9 sakke hout wat ons gebruik het, het dit net R3965 gekos vir die naweek se kampering. Volgende jaar is ongelukkig reeds vol bespreek maar daar is ‘n kansellasie 20 Desember. Ek probeer nog Salomien se arm draai, maar sy skarrel daardie tyd van die jaar om werk uit te kry en geld in voor die dooie tyd oor die fees seisoen en daarna.
 

A

B

C

D

E

F
 

G

H

I

J

 

 

 

 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 25/10/2024 - 10:40

... dankie vir die foto-verslag. Dit is darem werklik mooi in die berge.

Jy is darem 'n gawe ou. Jy kom 1ste daar en gaan staan in die volson, terwyl die Penta die skaduwee boom kan kry. Ek sal saam met jou kan kampeerlaugh

Ek aanvaar die ongeveer R4000 was die volle bedrag vir julle groep, en nie vir elkeen nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 25/10/2024 - 16:53

Dit was nie vreeslik warm nie, so in die son staan was geen probleem nie. Salomien het Saterdag middagslapie gevat in die Kavango en die ander in hulle waens terwyl ek (die oudste persoon daar) met die kinders gespeel het. 
 

Die koste was vir twee aande se kampering vir ses volwassenes en sewe kinders en nege sakke hout wat ons gebrand het. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus