Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Frankryk Springbok rugby Geert -11 hours ago
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -19 hours ago
Finaal Springbok rugby Geert -19 hours ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -20 hours ago
Ja Springbok rugby Goeie Hout -21 hours ago
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -23 hours ago

Pad na Kruger

Sandbaai
Submitted by maurits on
Forums

Ek sit nou rustig in Jongensfontein en dink watter roete ek van Hermanus af moet ry na die Kruger as ek Mei die pad vat. Daar is drie roetes waaraan ek kan werk nl. Eerste een regop deur Beaufort, Bloemfontein ,Kroonstad Gauteng , n12. Die vlg. is deur De Rust,  Beaufort en dan verder of deur Graaff Reinet , Colesberg en dan op. Ons het in die verlede Harrysmith, Ermelo langs gery maar blykbaar is die baie sleg deesdae. Ek sit maar nog en beplan. Dalk kan julle raad gee. Dankie. Maurits

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 01/03/2025 - 14:52

Ek is nie lief vir die N1 tussen Drie Susters en Pretoria nie. Ook maar goed so, want my skoonouers bly in Potchefstroom en die enigste tyd wat ons hulle sien is oppad na- en terug van die Krugerwildtuin. Ons ry dus N12 van waar dit by die N1 aansluit tot in Potchefstroom. Van daar af ry ons oor Rysmierbult en dan die N14 tot waar dit aansluit by die N1 in Pretoria en daarmee tot waar ons afdraai langs Polokwane. 
 

 Net om van die roete te praat laat my verlang Krugerwildtuin toe. Nog presies vier maande voor ons DV weer by Phalaborwa ingaan. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 01/03/2025 - 15:13

....alles hang af hoeveel jy wil toer voor of na die Kruger besoek. so paar idees;

1] maak nie saak hoe jy ry tot by Beaufort nie, KarooNP is lekker oorslaapplek, net lekker afstand van Sandbaai af.

2] Ek hou ook van N12, maar draai by Kimberley weg met N8 na Bloemfontein. Dan slaap ek by Riverside lodge by Ritchie, en dan weer by Aldam.

3] As jy egter eers by Colesberg op N1 wil klim, kan jy ry---George-- N9 na Graaff Reinet [slaap by Camdeboo] en dan na Colesberg. Of maak die boep en sleep Bergkwagga om na Colesberg.

Lekker beplan en bedink.

 

van   

 

0
Kaap

Goeie Hout

Sun, 02/03/2025 - 20:21

Goeie naand almal.

Ek bly maar op die N1 tot en met dat N1 N4 raak daar by Pretoria dan reguit Krokodil brug toe.

My trippie is oor 7 weke en 6 dae.

Lekker aand.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 03/03/2025 - 06:53

My raad aan julle, eintlik almal wat Kruger toe ry[sleep] is, probeer om verkieslik op N1 en N4 te bly. 

Die sêkondêre paaie om Standerton, Ermelo, Bethal, Carolina en Hendrina is vodde gery deur die groot trokke. 

0
Kaap

Goeie Hout

Mon, 03/03/2025 - 07:18

More.  Dankie vir raad.  Dis die plan om net op N1 en N4 te bly.

 

Mooi week vir almal.

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Mon, 03/03/2025 - 09:39

Hi Goeie Hout, dit is mos 'n effe draai om eers Pretoria toe te ry en dan die 4 te vat. Ons het by Vereeniging afgedraai van N1, by Klipdraai oorgeslaap en toe J'burg via N12 na Witbank waar jy by die N4 aansluit. Ons het lekker so gery. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 03/03/2025 - 10:15

Soos Lapskag voortstel, kan ook werk om Pretoria draai te mis.

Ry met N1, neem R59 afrit vir Sasolburg, bly op R59 na Vereeniging en Meyerton. Klipdraai goeie keuse vir oorslaap.

Dan verder op R59 tot jy kan aansluit by N12, wat weer aansluit by N3, rigting JHB. Daarna die aansluiting om weer met N12 verby lughawe omgewing te ry Witbank toe. Daar word N12 die N4.

As julle nie in JHB omgewing hoef oor te slaap nie, kan julle met N1 ry tot onder JHB. Daar neem mens die N12 na Alberton. Bly op N12, dit sluit aan by N3 en ry tot afrit kry vir witbank [N12].  

0
Sandbaai

maurits

Mon, 03/03/2025 - 11:00

Dankie vir die raad . Kan julle enige aanbeveling doen ten opsigte van n kampplek by Parys. Dankie. Maurits

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Wed, 05/03/2025 - 07:25

Hi Maurits, daar is 'n paar plekke, Eastco, Weltevrede, Umfula en dan Klein Paradys wat ek nie ken. By die ander het ek ook baie by gekamp in ons tyd by Fochville. Oppad Kruger toe kan jy ook Klipdraai in Meyerton gebruik soos genoem. Eastco is ons gunsteling plekkie, maar 'n paar forum lede was al op Veltevrede gewees, altwee is baie lekker plekke, google hulle gerus. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 06/03/2025 - 15:19

... 'n N1-ryer. Ek vermy deesdae egter die R43 tussen Villuersdorp en Worcester (waar ek gewoonlik by die N1 aangesluit het). Die R43 is 'n drek pad om te ry tussen Stettyn en waar die R43 weer breër word naby die Brandvleidam. My ou karavaantjie is nie gemaak vir daardie stuk pad. Deesdae ry ek N2 tot George en vandaar via Oudtshoorn, De Rust en Meiringspoort om weer by die N1 buite Beaufort-Wes aan te sluit. Ek bly my eerste aand oor in die Hartenbos-omgewing (sommer 10 aande eerskomende April) en dan Karoo Nas Park (hierdie keer 7 aande).

Daarvandaan tot by Forever Gariep vir oornag en dan tot Aldam vir nog 'n oornagstop. Ek het al by Weltevrede, naby Parys, oorgebly - 'n netjiese plek. Vanjaar bly ek verder op die N1 tot Bela-Bela vir my volgende 10 aande by Klein-Kariba. Dan terug tot Pretoria (N4) vir die skof wildtuin toe waar ons die eerste aand in Malelane-kamp oornag. Die volgende dag weer uit by Malelane-hek en met die N4 verder tot Krokodilbrug vir my 28 aande kuier.

Met die terugkeer hou ek N4-langs tot Kaia Manzi by Bronkhorstspruit, weer Aldam, Gariep en Karoo Nas Park. Dan draai ek buite Touwsrivier weg via Montagu en dan huistoe via Bonnievale en Stormsvlei tot by N2 tussen Riviersonderend en Swellendam vir laaste skof huistoe met die N2.

Ek ry eerder N1 as N12, want eersgenoemde se stopplekke is meer gerieflik. En die N12 is half in sy peetjie gery deur die groot erts-sidetippers tussen Kimberley en Britstown.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus