Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Snert Ertjie Sop! - Hester Kruis Geert -1 hour ago
My jonger suster ... Ertjie Sop! - Hester Kruis Chris Boucher -1 hour ago
Vegetaries Ertjie Sop! - Hester Kruis neef Herman -1 hour ago
Angola Oktober 2026 saam gesels neef Herman -2 hours ago
Die 'probeer' werd Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -2 hours ago
Prys van diesel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -3 hours ago

Misverstande

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Terwyl ons nou so sukkel om Kampforum-maters aan die praat te kry, tog interessant hoe komies sommige misverstande kan wees :-

'n Klompie jare terug vra my swaer se vrou vir hom om 'n paar "hot cross buns" by die winkel te gaan koop.  Daar aangekom het die produknaam hom ontgaan en toe val dit hom skielik by : "kan ek asb ses "cross your hart buns" kry !

My seun stop pas nadat hy getroud is by die geriefswinkel by 'n vulstasie om gou 'n brood te koop. Sy vrou sê toe vir hom met die uitklimslag "koop sommer vir my die Weekly Gossip".  Vanuit die motor kon sy sien hoe soek hy tussen die tydskrifrakke en hy het naderhand 'n winkelassistent by om te help soek.  By die motor gekom sê hy hulle het nie die "Weekly Gossip" nie en sy vrou sê "ek soek eintlik die Huisgenoot !"

Lekker lag ek nou oom Len.

Dit het met my gebeer dat ek op 'n whatsapp groep oortuig was dat 2 ouens met die selfd naam pa en seun is want die een praat altyd van Jnr. ek het maandag eers uitgevind dat hulle glad nie familie is nie.

0
Secunda

Sleep nou

Wed, 15/08/2018 - 13:52

So doen ek en my vrou inkoppies by shoprite gesels lekke sy pak in waatjie vir n vale volgende oomblik staan sy nie langs my nie ek praat en praat maar hoor niks nie met die gee ek haar n hou op die boud en se hoor jy wat ek se toe se die stem meneer ek is nie jou vrou sy is by n ander ry besig nou ja toe slaan ek my naam met n plank laugh

0
Pretoria - Oos

Andre Smit

Wed, 15/08/2018 - 14:33

Ken nie die oorsprong van die storie maar dit kom op die volgende neer:

Mammie stuur vir Pappie winkel toe met die volgende instruksie --

"Gaan koop vir ons 'n brood en as hulle eiers het 6 asseblief".

Pappie kom toe by die huis aan met 6 brode want hulle het eiers gehad.

Nou ja toe.

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 15/08/2018 - 14:44

Leker lag ek nou vir die misverstande, julle moet oplet in die klas, dan sal julle raak vat.

So klompie jare terug stuur my vrou my apteek toe om "Indomethisin" (ek dink so), te kry, kom by die apteek en kan om die dood nie daai naam onthou nie. Vra toe maar die apteker, my vrou soek maag kramp pille, dit klink soos "Indiana Jones". Ek dog daai apteker verstik.

0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 15/08/2018 - 14:51

Hier is mos 'n Hollander op die forum.   Hy kamp glo daar naby 'n rivier en hy en een van die werkers stap toe af rivier toe.   Hy wou hê Jafta moet hom wys waar is nou die beste plekkie om sy lyn in te gooi, hy wil vir hom en sy geliefde vroutjie 'n lekker vissie vang vir aandete.

Hy sien toe dit is 'n pragtige, breë rivier en vra vir Jafta:  "Van waar heeft deze rivier zijnen oorsprong?"

Ek verstaan arme Jafta se oë rek soos pierings toe hy antwoord:  "Auk nee, my Baas, ons kan nie oorpring nie, ons sal in ons m@%r  versuip".

0
Waar my wa staan

Arie

Thu, 16/08/2018 - 07:38

Nou maak julle my erg bekomerd, altyd geworry oor Daai Knapie wat steel fotos van my neem, nou hoor ek julle manne bekyk en begeer my boudjies!!!!!!

Nee man!!!!!!!!!!!!!!!

0
Bellville

Naas

Thu, 16/08/2018 - 14:05

Zitten drie mannen in een café – Zegt de eerste man : “Mijn vrouw is net een Jaguar, zo mooi en gestroomlijnd.” Waarop de tweede man zegt: “Mijn vrouw is net een Volkswagen Golf, zo zuinig en betrouwbaar.” Zegt de derde man: “Mijn vrouw is net een Brandweerwagen : doe-dit-doe-dat-doe-dit-doe-dat-doe-dit-doe-dat”

Zo Arie, mit zo een vrouw jy wilt liefs na het eiland verplaatz...

0
Waar my wa staan

Arie

Thu, 16/08/2018 - 14:06

Julle manne moet nou wragtag end kry voor Petra haar watsenaam strip.

Erg genoeg dat julle vir my boude kyk, nou wil julle nog my spyker op sy kop slaan!!!!!!!!!!!!!!?????

Sies man, my spyker en boudjies is net Petra se privaat eiendom!!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus