Tussen belangrike e-posse waarvoor ek wag vanoggend sit ek sommer en verlang baie na hierdie klein reservaat en wonder of enige van julle kennis hiervan het of onlangs daar gaan kamp het?
Vir die wat dit nie ken nie - dit is n klein afgeleë en stil reservaat in die noorde van KZN, aangrensend tot Mosambiek. Voorwaar n pragtige plek waar voëlkyk waarskynlik die grootste aantrekkingskrag is.
Tembe Olifantpark is ook net daar naby en n besoek werd - baie lekker om vanuit die skuiling by die dam diere dop te hou. Vir baie lank het ek ook daagliks op hulle live web cam die bedrywigheid daar dopgehou. Weet nie van deesdae nie, maar selfs die 2x4 roetes was in daardie stadium n redelike uitdaging as gevolg van dik sand. Met my ou Landy het ons dit gelukkig ongeskonde oorleef.
Die pad wat ons altyd gery het was van Witbank af, Bethal, Ermelo, Piet Retief, aan-en-aan tot by Jozini. Daarvandaan het die pad deur n paar nedersettings geloop. Alhoewel ons nooit onveilig gevoel het nie was die padtoestand van so n aard dat jy taamlik regop gesit het.
Van Dullstroom af is dit nie te ver nie, maar as ons Durban moet omry gaan dit n bietjie lol.Ons was in 2011 laas daar. Is dit moontlik dat n mens se hart seeeer kan voel oor n plek waarna jy verlang? Gelukkig hou goeie herinneringe my regop.
Natalse oorde....
....nog nooit besoek nie, behalwe 2 keer Marina strand toe.
Dalk moet ek volgende jaar 'n sagte patrollie ry na die binnelandse oorde, o gaats wat dan van Kruger wildtuin.
"Aangrensend aan Mosambiek" beteken ouens met Hiluxe moet liefs wegbly, of dik ketting saamry om aan boom vas te sluit
Ken nie Ndumo nie…
Ken nie Ndumo nie........................................maar die laaste paar jare was daar kort kort in die nuus oor kamplekke by Sodwana en Kosi baai waar mense in tente aangeval en beseer en selfs vermoor is.
Tot en met verlede jaar het ek elke 3 weke van Durban na Maputu gery deur Kosi baai grenspos. Is 'n paar keer deur Polisie gestop wat voertuie soek wat "gehijack" is en moontlik na Maputu uitgesmokkel word.
Sal maar virsigtig wees om in daardie omgewing te kamp.
Rona, dankie vir..................
..............die deel vir my van 'n totaal onbekende reservaat in KZN. Trouens, ek was nog nooit in een van die KZN wildtuine nie, miskien omdat ek 'n manie het met die Kruger Wildtuin wat ek jaarliks MOET besoek vanuit die Kaap. (Ek wou gesê het ek dink ek is KNP be-"f..k" maar het my gelukkig bedink). Jare gelede het ons gereeld in KZN gekom, maar dan altyd see toe. Intussen het die jare so vinnig verby geglip, dat dit nou te laat in ons (my en my vrou se lewens) is om KZN reservate vanuit die Kaap te belewe. Maar ek hou hier dop en hoop ek sal instaat gestel word om deur middel van fotos hier saam te kamp.
n Klein stukkie van my hart...
lé in Ndumo. Kan bladsye vol skryf oor die plekkie....
Chris, ek kry die gevoel dat ons n nuwe been tot die Weenhoekie moet byvoeg waar ons maar op mekaar se skouers kan huil as die verlange na ons gunsteling kampplekke te groot raak. Open jy nou maar die baan.......
. Ek ken Punda sedert die naam nog Punda Malia was en deel jou sentiment. Jy het darem die vooruitsig om baie binnekort weer die wildtuin te sien.
Len, jou skrywe het my met n breë glimlag gelaat. Jou groot liefde in geen onduidelike taal gestel, KNP is ook my eerste keuse wanneer dit by vakansiebestemmings kom en nou wil ek vir jou n riller vertel. Ek het die afgelope Maandag soooo baie aan jou gedink (nee, dit is nie die riller nie
). Ons was Nelspruit toe om vir n vriendin van Kanada te gaan hallo sé wat vir n paar dae by familie gekuier het. Hulle woon daar in die steiltes van die dorp en toe die padpredikant sé " Malelane 57 " het ek amper my selfbeheersing verloor......Ek dink jy kan my gedagtegang volg...... Lekker gekuier en toe gou by my suster in Witrivier gaan inloer. Sy het n gastehuis met n stoep waar jy baie wyd kan uitkyk. Nie ver van daar af nie sien mens vir Leeukop in al sy glorie.....en aan die ander kant is die wildtuin. Ek wou inmekaar krimp, want ons moes dieselfde aand nog terugkom. Dit is in daardie stadium dat ek gewonder het of Len hier sou omdraai. Ns. n Oornagtassie was gepak.
Gevaarlike gedeelte
Hallo Jan. Die eerste keer dat ons gesels en ek waardeer jou reaksie so baie. Ek is baie impulsief en as die groot verlange na n spesifieke plek die oorhand kry weet my mense dat daar nie keer is nie en val dan ook geredelik in. Hierdie stukkie inligting van jou het my n bietjie tot stilstand gedwing om ook in die toekoms eerder te leer uit ander se ondervinding. Terwyl ek dit geskryf het het ek nogal gewonder of jy wat in Durban gewoon het moontlik die plekkie ken.
Dit is baie jammer dat daardie stukkie aarde nou vir ons verlore is.
Verlore stukkie aarde
Verlede week het ek 'n nuusberig gelees (taamlik ontstellend) oor die Ndumo reservaat, gister op die forum is daar gepraat van damme (wat my dadelik ook aan die Pongolapoort dam, of soos wat ons dit ken, die Jozini dam laat dink het, op pad na Ndumo)) en in vandag se Daily Maverick berig, die volgende deur Simon Pooley, Reece Alberts en Francois Retief: "Ndumo Game Reserve facing mounting pressure amid fight for sustainable conservation".
Ek kan nie alles hier opsom nie, maar tussen die twee berigte lees ek 'n opdraende pad vir die voortbestaan van die klein reservaat - grootliks agv die aangrensende gemeenskap aan die oostekant en dan word daar ook genoem van moontlike mynbedrywighede wat dreig om te begin in die weste. Heinings aan die oostekant bestaan nie meer nie, 'n helikopter-telling van diere het +/- 500!! beeste gevind wat in die ooste wei, geen renosters meer nie, en so gaan dit aan....
Die Kruger wildtuin is my gunsteling vakansiebestemming maar miskien ook net omdat dit nog altyd meer toeganklik was. Ndumo het nie die groot katte gehad nie, maar dit is/was ANDERS daar - net iemand wat ook daar gekampeer het sal waarskynlik verstaan....
Ek het berus by Jan se waarskuwing oor onveiligheid in die gebied, maar hoop nog steeds dat die reservaat gered kan word vir ander wat wel kans sien om die klein juweeltjie te gaan besoek. Indien die mede-skrywer van die laaste berig wat ek gelees het prof. Francois Retief, verbonde aan die NWU is (Environmental siences and management), het ek hoop. Oor die ander persone glo ek dieselfde. Miskien gaan dit nie in my tyd gebeur nie, maar dalk net vir ons kinders.
Ek wil nie hoor "gelukkig was ons daar nie". Dit troos niks - ek verlang na daardie plek.
Kan nie saam ....
...gesels oor Ndumo nie, ek moet erken, ek was salig onbewus van so 'n plekkie.
Ek is egter net so bekommerd oor Kruger!!!! Alles is daar ook nie klopdisselboom nie, heinings wat ontbreek, selfs aan SA kant. Kompetisie met plaaslike inwoners se vee vir weiding, en dan renoster en vleis-stropery. Vergiftiging van karkasse om aasvoëls en nog wat vir muti te bekom.
Dit voel vir my selfs met al die verbete pogings om bogenoemde aan te spreek, of die wegkrimping, agteruitgang tot niks, net gestadigd voortgaan.
Is die sentiment van huidige regering op die verkeerde plek om nasionale parke te beskerm teen bogenoemde EN dan nog mynbedrywighede?? Het die plekke nie vir hulle "waarde" nie, en kyk hulle die buitelandse toerisme valuta hoofsaaklik [?] net mis???





Ja Rona ...
... dit is moontlik dat 'n mens se hart seer kan voel oor 'n plek waarna jy verlang. My hart voel tans só soos ek o.a. Punda Maria toe verlang. Ek was meer as 2 jaar gelede laas in die wildtuin - en dit vir iemand wat nooit 12 maande laat verbyglip het om in die wildtuin te kom nie.
En so ook Hentiesbaai se hengelwaters. Ek dink met nostalgie aan lekker tye langs die lang strande met die wye oseaan voor jou en die besondere mooi van die Namib agter jou rug.
Ek kan vir jou presies op 'n landkaart wys waar Ndumo is, maar was ongelukkig nog nooit daar nie.