Ek wonder wat was die owerhede se denkwyse tydens die bepaling van 'n skoolvakansie vanaf 31 Maart tot 7 April terwyl die Paasnaweek 10 later plaasvind.
Dit sou mos meer sinvol gewees het om die skool vakansie voor die Paasnaweek te laat begin en heelwat later, na die Paasnaweek te eindig. Dit sou die volgende voordele tot gevolg gehad het :-
- Meer skooldae vir onderrig doeleindes - die laaste paar dae voor 'n skoolvakansie en die laaste skooldag voor 'n langnaweek het dit gebruiklik geword dat kinders niks doen nie - trouens, baie kinders "bunk" daardie dag omdat hulle verveeld in die skool is van niks doen nie.
- Slagting op die paaie en die druk verkeer op nasionale paaie, by tolhekke en doeane-punte sal beter versprei wees omdat sommige reisigers net Paasnaweek beskikbaar het en ander die volle skoolvakansie benut.
Is dit net ek wat dink hierdie jaar se reëling was "stupid" ?
"Stupid" reëling
Dit was presies my gedagte ook toe my dogter vir my die skoolkalender uitspel so 'n maand of wat gelede. Ek kan nie eers tel hoeveel "halwe" weke hier ter sprake is nie - soveel, en dan is daar nog iewers (dink die laaste week van April) glad drie ekstra skoolvakansie dae gegee. Geen leerplan kan vlot verloop met soveel onderbrekings nie. Swak/geen/ondeurdagte beplanning.
Paasnaweek is ook 'n tyd wat ons eerder tuisbly - veral hier in die Noorde. Die laaste keer wat ons 'n kampeer-wegbreek aangepak het oor hierdie tydperk was in die laat '80's. Op Goeie Vrydag het ons vroeg uit Louis Trichardt vertrek, deur Thohoyandou, by Punda Maria hek in, en uiteindelik kamp gemaak vir die naweek in dié kamp. Daan het bestuur (sy splinternuwe bakkie) en ek het soos altyd ook maar kort-kort teruggekyk of alles veilig was. Ons het met tente gegaan en gelukkig niks gesleep nie. Baie ver agter ons was 'n taxi, maar mens het niks daarvan gedink nie, net nog 'n voertuig en die pad was betreklik stil. Die volgende oomblik tref die taxi ons van agter. Passasiers het groot geskrik en gesê dat die bestuurder aan die slaap geraak het - hulle moes hom al 'n paar maal wakker maak op die pad. Hy het ook Moria-gangers aangery en ter wille van soveel besigheid as moontlik, niks geslaap nie. Die agterste klap van Daan se bakkie was gebuig en die taxi het heelwat meer skade gehad. Ons het groot geskrik en dit was maar ook ietwat van 'n demper op ons naweek. Daar en dan besluit dat ons nooit weer Paasnaweek op die paaie wil wees nie.
Sulke besluite laat my dink…
Sulke besluite laat my dink aan wat my oolê vader gesê het "Gaan my verstand te bowe".
Of dit kon vanuit dieselfde kamp wat tydens Covid inperking reels, baie eienaardighede, of is dit slimmigheid om ons dommes te help oorleef, afgedwing het. Jy mag nie plakkies koop nie. Blikkieskos maar nie ń blikoopmaker nie. etc etc.
Hierdie vakansie en Paasnaweel shuffle, gaan my verstand te bowe. Sorry.
Weereens vandag besef dat…
Weereens vandag besef dat ons besluit om Durban te verruil vir die Weskaap 'n goeie een was.
Alhoewel ons padwerke het tussen Plettenberg en George is die verkeer nie naastenby soos die paaie om Durban oor Paasnaweek nie.
Nou moet ek nog net leer rooiwyn drink. Met 'n soettand soos myne kry ek dit nie reg nie. ![]()
Jan...
...dan moet jy maar by die nagmaalwyne, die"dessert" wyne hou. Op Bonnievale is 'n kelder, genaamd Weltevrede, wat 'n wit en rooi muskadel aanbied, genaamd oupa en ouma se wyn onderskeidelik. Soet verby seg ek jou.
Onthou om by Fairview kelder voor Paarl, te gaan wyn en bokkaas proe.
Ek raak Bev...
Sorry mense. Dan haal ek my army maniere uit.
My dogter is ook in die onderwys, en presier dieselfde. die beplanning word gedoen deur.....
jan Meyer is jy oppad Kaap toe.
Goeie Hout ons is oppad…
Goeie Hout ons is oppad Franschoek toe 25 April.
Maurits het ons vertel van Heuwilsig woonwapark by Franschoek en ons het besluit om daar te gaan kamp. Ons kleinseun van Namibië is op 'n rugbytoer en speel by Paul Roos in Stellenbosch.
Ons is nou vir 'n jaar lank in Sedgfield en dit is baie rustig hier.
Ons slaan ...
... daardie week (25 Apr - 4 Mei) die addisionele skoolvakansie by Klein-Kariba. Dit was nie so beplan nie. Inteendeel, toe ek die bespreking gemaak het, was daar nog nie sprake van so-iets nie. My grootste besorgdheid is die verkeer wat ons op 4 Mei op die N4 gaan beleef.
4 Mei verkeer...
...behoort jou nie te pla nie van Pretoria na Malelane nie. Julle gaan dalk van Warmbad tot in Pretoria verkeer hê. As julle vroeg, daglig, kan wegkom, behoort julleOK te wees. Ons sleep 5 Mei tot by Berg&Dal, ek hoop nie ek haal jou in nie. ![]()
Daai alternatief....
....kan dalk in swak oppervlak toestand wees. Ek het op Gorrel-kaarte gaan loer. Die deel van Marble Hall, oor Groblersdal, tot by Middelburg, het erg gelap gelyk met slegte slaggate.
Al waar verkeer gaan pla, is met toustaan by tolhekke.
N1
Ons het vir n hele klompie jare jaarliks na Weesgerus gegaan oor n Paas naweek. Met die terugkom slag op Maandae het het ons elke keer so 8am in die pad geval en nooit erge verkeer dan ervaar nie. Een keer het ons na 11am gery....toe het die trip ons 3,5 ure geneem. Spietkops is lief om padblokades op daai besige dae op te rig....weet nie hoekom nie, want ek dink nie diewe bring gesteelde goed vanaf Zim na Gauteng toe nie
Ek sal beslis ...
... maar vroeg (verkieslik nog voor 08:00) in die pad val. Ons eet gewoonlik "brunch" by Alzu se Spur. Maar dit sal seker maar baie besig wees daar. Verlede jaar het ons deurgedruk tot by die Viva vulstasie aan die onderkant van Schoemanskloof en heel aangenaam daar geëet. Dalk doen ons dit maar weer. Ek gee nie om, om net voor hek-toemaaktyd by Malelane-kamp aan te kom nie, want dit is net vir een aand se oorslaap.
Joubert padstal???
Is ook nog daar om iets te ete te kry.
Ek gaan die jaar sommer op N4 bly, lekker breede weg. As ek reg onthou, is dit of 2 bane of lekker breë linkerskouer.
Alternatiewe voorstel
Die pad waarna Geert verwys as moontlike alternatief vir Chris om in die wildtuin te kom is die N11. Ons het dit aan die begin van Desember (2024) gery op pad na Messina. Wat 'n lekker pad! 'n Groot afwisseling van die gewone ou snelweë wat so eentonig is. Daar was die minimum verkeer en die padoppervlak was in 'n puik toestand. Enigste padwerk was by die ingang van Groblersdal, wat waarskynlik ook lank reeds voltooi is.
Sedertdien was daar wel groot oorstromings in Groblersdal en omtes, so weet ek nie wat die invloed daarvan op die pad was nie. Afstandgewys - ek het nie die som gemaak om te sien of die N1, N4 nader is om van Klein Kariba af te ry nie. Miskien maar beter dat Chris hou by sy beplande roete.
Oor vier maande ry ons die N11 vanaf Middelburg tot by Groblersbrug (of dan tot Ellisras). Jippeee! Daarna sal ek goeie verslag kan gee![]()
- dink net nie Chris gaan sy toer met nog vier maande verleng nie.





Paas verkeer
Jy is heeltemal korrek. Dit verg egter deeglike insig, bevoegdheid om sinvolle beplanning te kan doen.
Maak vir my nie saak nie, Paasnaweek bly ons van die pad af. Ek sal nog oorweeg om op die Saterdag en Sondag om die huis te beweeg, maar nie juis veel verder as Pretoria nie.
Hier by ons reen dit katte en honde. Ek kry ouens jammer wat nou op die pad is, en/of nou rondom Brits opdaag en moet kamp staanmaak.