Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stap 2.   Wag vir… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -1 hour ago
Stap 1.  Aanvaar die… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -1 hour ago
Kampe wisseling Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Goeie môre Anton, ek sien… Oktober 2026 saam gesels Lapskag -4 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -5 hours ago
Kgalagadi-paaie Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -5 hours ago

Cape Nature oorde

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Wie het al gaan kampeer by van die Cape Nature oorde??

Ek het sommer 'n "Wild card" gekoop vir alle gebiede, en dit sluit dus ook genoemde oorde in. Dit het my laat loer wat word aangebied onder Cape nature. 

Ene wat my oog gevang het was die Anysberg park in die KleinKaroo. Dit mag dalk 'n lekker stil wegbreek plek wees. Dit lyk of daar net 5 kampplekke, sonder krag is. 

Lyk na 'n plek wat chris S sal geniet, maar dalk ander Kaapse vriende ook. 

 

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 04/06/2025 - 11:59

Dit was toe vir ‘n lang tyd, is dit nou weer oop? Ons het al daar gaan kampeer, en eenkeer in houthuisies by Tapfontein op in ‘n kloof gebly vir ‘n naweek. Dis ‘n mooi reservaat, maar van die paaie is erg stamperig vanwee klipbanke. Dis wel interne paaie wat vermy kan word. Moenie verwag om werklik wildritte te doen of vreeslik baie wild te sien nie, maar die landskappe is mooi. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 04/06/2025 - 13:46

Ons was ook etlike jare gelede vir 'n naweek in Anysberg - nie gekamp nie, maar in een van hul huisies gebly. Ons s'n se naam was Gecko. Dit was eenvoudig, maar netjies en het alles gehad wat jy benodig - selfs 'n gasverwarmer wat baie nodig was vir die koue aande. Ek stem saam met Wildehont - moenie veel meer verwag as die rustigheid en die mooi van die Karoo nie.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Thu, 05/06/2025 - 18:00

Ons koop ook maar gewoonlik die volle een....dis darem nie baie duurder as die Sanparks alleen een nie, maar glo nie ons het dit al gebruik nie. Toe ons by Die Hel was het ons gedink ons gaan dit gebruik, maar weet nie hoe teenwoordig hulle nog daar is nie....die oornag plekke was gesluit toe ons Desember 2023 daar was, ook geen personeel in sig

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus