Hierdie artikel is oop vir bespreking op ons forum: Algeria Cederberge
Vat die N7 vannaf Kaapstad na Citrusdal toe, ry verby Citrusdal en draai dan regs uit op 'n grondpad om by hierdie Juweel van 'n kampplek in die Cederberge uit te kom.
Om in Algeria te kamp moet 'n mens so 'n bietjie meer onafhanklik kan funksioneer, want daar is nie elektrisieteit nie. Dit is ook nogal 'n entjie grondpad om te ry en sal ek aanraai dat dit eerder die tipe kampplek vir 'n boswa, roof top of gewone tent is.
Wat Algeria kampplek so besonders maak is die ongelooflike swempoele wat regdeur die kamp loop. Oral is ook kleiner (privaat) poele langs staanplekke te vind. In die middel van die kampplek is hierdie heerlike groen grasperk met lekker groot swempoel:
Algeria is DIE rustigste kampplek wat ek nog ooit beleef het. Hier hoor mens die stilte in die aande.
Die Cederberge is natuurlik baie gewild vir staproetes. Hier kan jy staproetes aandurf wat tussen 1 hr en 10 dae lank is!
Die mooiste natuurskoon betower 'n mens van vroeg oggend tot laat in die nag wanneer sterre so juwele van verskillende kleure skitter in die hemelruim!
- 94 views




