Middag vriende
Na aanleiding van al die goeie raad betreffende roetes en paaie, begin ek die onderwerp. Kom ons deel hier inligting oor paaie en roetes wat rybaar is, wat vermy moet word, op grond van onlangse eerste handse ervaring.
Groete
N1
Ek het onlangs (laat-April) met die N1 gesleep vanaf Beaufort-Wes tot Bela-Bela. Behalwe vir baie vragmotors, is die roete in die algemeen in 'n goeie toestand. Daar was padwerke tussen Bloemfontein en Winburg, maar andersins was die hele roete probleemvry. Ek verkies om met die N1 te ry want jy't 'n groter verskeidenheid stilhouplekke soos groter (en na my mening veiliger) vulstasies. Persoonlik hou ek nie vsan die N12 nie. As jy (vanaf 'n suidelike rigting) eers verby Drie Susters is, het jy net die klomp "non com poup" dorpies soos Victoria-Wes, Britstown, Strydenburg en Hopetown alvorens jy Kimberley kry. En daarna lê 'n verdere paar van hulle voor, soos Christiana, Bloemhof en Wolmaranstad totdat jy Klerksdorp se vervalle hoofpad deur die dorp moet aandurf.
Ek beplan om begin-Augustus weer N1-langs te sleep vanaf Polekwane tot waar ek net voor Worcester wegdraai.
Wolmaransstad
Dankie Hennie, dis verskriklik. Dit laat my dink aan dieselfde waarskuwing wat geld vir Vryburg en Kuruman. Ai tog, wet en orde is moertoe.
Oor die algemeen wil ek nie van Kimberley op N12 huistoe ry nie, ek kon nog nie veilige oorslaapplekke vind nie. Ek oorweeg dit om op Ritchie te slaap, en van Kimberley na bloemfontein te beweeg.
Anders moet ek maar bloot op N1 bly, en by Waschbank of Gariep oorslaap. Dan na Aldam, vir laaste skof Brits toe. Dit is ook ongeveer 100km korter.
Lydenburg --Sabie ---Phabeni hek
Rona, Dankie vir die pad terugvoer op jou onlangse inset.
Ek lei af dat daai pad onder herstelwerk is. Is jy van mening dat mens dit kan gebruik met 'n woonwa??
As die R36 wat die N4 met Lydenburg in 'n goeie toestand is, en genoemde roete is "woonwa" bruikbaar, kan mens weer oorweeg om van Phabeni en Kruger-hekke gebruik te maak.
Phabenihek
Is dit nie 'n meer "viable" roete om via Nelspruit/Witrivier/Hazyview te ry om by Phabenihek te kom nie? Ek reken dit is 'n baie "sleepbare" (en in Suid-Afrikaanse konteks 'n relatief veilige) pad om te gebruik. Ek hou egter nie daarvan om Krugerhek te gebruik nie omrede daar 'n paar gehuggies is waar daar van tyd tot tyd ' n bietjie onrus is.
Dit klink vir my na só 'n ompad om via Lydenburg na Phabeni te ry.
Witrivier na Hazyview
Chris B, ek het nog nooit daai pad [R538] Krugerhek toe gebruik nie.
Ek het lank gelede wel 1 keer die R539 vanaf N4 of Schoemanskloof-pad na Sabie gebruik, en dan die R536 na Hazyview. Dit is pragtige natuurskoon, maar lekker bergagtig [pas].
Wessel ...
... jy ry eintlik makliker na Phabenihek via Nelspruit/Witrivier/Hazyview as wat jy met die N4 aanhou tot Malelanehek. Dit is natuurlik as jy eerder vir 'n kamp soos Skukuza mik. Maar vir kampe soos Berg-&-Dal en Malelane is Malelanehek natuurlik beter en Krokodilbrughek pas Krokodilbrug en Onder-Sabie beter. Vir Satara en Maroela sal ek Orpenhek gebruik. Vir Olifants/Balule/Letaba/Tsendze/Mopani/Shingwedzi is my eerste keuse Phalaborwahek. Selfs vir Punda gebruik ek Phalaborwahek, maar slaap gewoonlik 'n aand oor in Shingwedzi. Punda Mariahek is vir my 'n "no-no". As jy bereid is om verder noord te hou (dalk via Tshipise) is Pafurihek ook 'n opsie.
Pad na Kruger (vir Wessel)
Ek stem saam met Chris dat die beter opsie vir jou sal wees om Nelspruit/Witrivier/Hazyview/Phabeni te ry. Of dan Schoemanskloof/Witrivier/Hazyview/Phabeni.
Vanaf Nelspruit is die N4 vir die grootste gedeelte tot by Malelane onder konstruksie en gaan waarskynlik nog vir baie lank so wees want daar is groot werke aan die gang om die pad breër te maak. Ons het dit verlede week gery en dit was meer as net 'n frustrasie.
N4/Lydenburg/Sabie/Hazyview/Phabeni. Dit was ons pad gister huis toe (net omgekeerd). Ons het dit in Mei vanjaar ook gery vir afwisseling (Schoemanskloof is pragtig, maar ons ry dit gereeld). Die R536 tussen Sabie en Hazyview is inderdaad 'n skilderagtige omgewing en ek sal dit met my bussie weer ry presies om hierdie rede. Vir iemand wat 'n woonwa sleep sal my aanbeveling wees om dit liefs nie aan te pak nie - sommige plekke is die pad baie smal met gate wat moeilik is om te vermy. Hoe lank die padwerk gaan duur weet ek nie - ná 6 maande kan ek nie veel vordering sien nie.
Vanaf die N4/Dullstroom/Lydenburg (R540) is die pad herstel deur SANRAL. Vir ons wat dit gereeld gebruik is dit 'n 100% verbetering. Die padoppervlak is nie gelyk nie (nie oorgeteer nie), maar nerens gaan mens meer 'n klein karretjie in 'n donga teëkom nie en die slaggate is ook toegemaak (vir nou).
Hoop dit kan help in jou beplanning.
Vanaf die N4/Dullstroom…
Vanaf die N4/Dullstroom/Lydenburg (R540) is die pad herstel deur SANRAL. Vir ons wat dit gereeld gebruik is dit 'n 100% verbetering. Die padoppervlak is nie gelyk nie (nie oorgeteer nie), maar nerens gaan mens meer 'n klein karretjie in 'n donga teëkom nie en die slaggate is ook toegemaak (vir nou).
My broer het 8 Oktober Lydenburg - Dulstroom gery en ook so teru raporteer soos Rona noem. . Sy terugvoer was dat pad reggemaak is, maar nie oorgeteer nie.....patchwerk. Hy sê jy kan met karavaan sleep, maar is nie 100% gelyk nie agv patchwerk
My Jurgens pad karavaan is baie sensitief vir ongelyke pad oppervlaktes. Mens besef nie altyd hoe baie die goed in jou karavaan rondspring met n ongelyke pad nie totdat alles rondlê in jou wa....so vir diè rede dink ek sal ek maar nog ompaadjie ry.
Rakende N4 tussen Nelspruit en Malelane.....ek dink dit gaan n heerlike stuk wees om te ry as dit klaar is, maar soos Rona sê...dit gaan lank vat, daar is baie grondverskuiwing werk wat gedoen moet word
Krugerhek keuses en....
....beplanning loop hand aan hand en deesdae vir my, volgens veilige hekke. Net soos Chris B verkies ek om ook die volgende te gebruik, vir in of uit;
Phalaborwa hek vir Balule tot Punda
Malelane en K.brug vir suide kampe tot by Skukuza
Aangesien ons so ongeveer 21 tot 25dae per besoek vertoef, deurkruis ons die wildtuin met oorstane by verskeie kampe, gewoonlik.
Volgende jaar byvoorbeeld begin ons in Malelane kampie, en maak klaar in Tsendze. Daarna glip ons by P.borwa hek uit.
Eenkeer het ons eers by Swadini vertoef, by Orpenhek in, na Balule. As die paaie soheentoe net beter was, is dit 'n lekker opsie na Satara, Balule en selfs Letaba.
Kimberley na Potch met N12
Wie ry soms hierdie pad, om by Pretoria te kom??
Ek oorweeg dit om 'n slag Johannesburg se verkeer mis te ry, deur sommer deur die plase te ry
tot ek by Carltonville op die N12 aansluit.
Oppad na MokalaNP, suid van Ritchie behoort net so bereikbaar te wees, as om via Kroonstad-Bloemfontein en Kimberley te sleep. As ek hierdie roete gebruik, slaap ons altyd by Aldam oor, om die spronge per dag te verkort.
Ek kan egter ook by Wawielpark naby Orkney-Stilfontein oorslaap om die pad korter te maak. ek kry nie op ons forum en die ander ene enige resensies oor Wawielpark nie. Het enige van julle al van die oord gebruik gemaak.??
NS: 1] Ek weet dat Chris S gereeld hierdie roete gebruik Kruger toe..
2] Wat ek moet opweeg is die "plaaspaaie" van Brits via Hekpoort Magaliesburg na Carltonville se toestand, teenoor die JHB verkeer van en Krugersdorp [ Hendrik Potgieter] tot waar mens by Gordonweg op N1 klim.
Wessel ...
... kyk maar weer op CPC se "resort ratings". Wawielpark se resensies kry 'n gemiddeld van 4 uit 5 vir al vyf onderskeie punte van beoordeling.
Kimberley na Potchefstroom met N12
Toe ons dit in 2024 gery het in beide rigtings was dit heel skaflik. Van Potchefstroom af ry ons die Rysmierbult pad N14 toe. Die eerste stuk op die N14 is bietjie stamperig, maar mens ry Carletonville mis.
Laingsburg na Calitzdorp via Seweweekspoort
Ek soek na 'n ompad om Meiringspoort te mis, dit gaan nog lank in onbruik wees. Ek onthou dat Herman iets van 2 jaar genoem het.
Het die groot vloed en verspoelings die deel en die poort ook getref, en is dit ook steeds onrybaar??
Anders moet ek eers Bellville toe gaan. Vandaar toer na Dwarswegstrand. Dan, vandaar met N9 na Baviaanskloof en vêrder na Bergkwagga huistoe.
Sover my kennis strek is 7…
Sover my kennis strek is 7 weeks poort nog gesluit. Of dalk soos die Swartberg pas is op die oomblik, amptelik gesluit omrede dit gevaarlik en grof is.
Die 4x4 garde is juis op soek na sulke geleenthede en ry dus om die bordjies.
Wessel. My voorstel is om vir gemoedsrus jou 2de opsie te gebruik
Baviaanskloof toegang
Dankie Herman, vir 7-weekspoort status.
Ek het nounet epos kontak gehad met Uitspan gasteplaas. Die dame [Alta] sê dat hulle baie skade gehad het, maar die pad van Willomore se kant is rybaar, en dat hulle alreeds gaste ontvang.
Ek bedink sommer opsies vir volgende jaar.
Die Eiland na Punda Maria hek
Chris B, terwyl jy nou niksdoen daar in die son, gesels bietjie met die plaaslikes, en verneem na die paaie R529 en dan R524 se toestand en veiligheid.
Dit kan mos 'n korter [?] pad Punda toe wees, as Tshipise om. Ons was ook nog nooit by Die Eiland nie.
Wessel ...
... ek kan net noem dat die R529 tot hier in 'n goeie toestand is. En wat ek verneem is dit tot by die R81 en vandaar tot Giyani ook in goeie toestand. Ek het lanklaas die R524 gery, maar die gedeelte tussen die R81-aansluiting en Punda Mariahek was nog altyd baie aanvaarbaar.
En Eiland Spa is 'n wonderlike oord.
N4 Tonnel-pad / Schoemanskloof
Dink hier aan Geert, Len en ander wat binnekort van die N4 gebruik gaan maak op pad na die Wildtuin. Ons was vandag Nelspruit toe - Schoemanskloof daarheen en die tonnel-pad (Waterval Boven) terug. Ek het nie gedink dat ek ooit hierdie sou sê nie, maar vir die eerste keer beveel ek die tonnel-pad aan. Schoemanskloof se padwerk hoop die verkeer vreeslik op - daar was vandag 3 padstoppe, honderde trokke, en baie padwerk-masjiene. Dit alles het gemaak dat mens nie die mooi van die kloof raaksien soos gewoonlik nie. Dit het ons 50 minute langer geneem tot in Nelspruit. Kampeerwaens afwesig - slegs 2 Bushlapa's op die hele pad teëgekom.
Die tonnel-pad is presies wat dit is en verder is die omgewing nie iets wat ek vir lank onthou nie. Daar was heelwat trokke, maar darem ook verbykom kans. Vir iemand wat 'n karavaan sleep is dit 'n platter pad wat waarskynlik die rit gemakliker sal maak.
Uiteindelik elkeen se eie keuse.





Wessel, ek sien hierdie…
Wessel, ek sien hierdie vroeër op FB
Please DO NOT STOP in Wolmaransstad if you need to buy something or take a break while on your trip.
Rather use Bloemhof or Schweizer-Reneke,they are safer options.
We are warning all drivers, especially truck drivers, to AVOID STOPPING in Wolmaransstad because it is not safe. Criminals are robbing motorists and truckers at gunpoint, especially near filling stations and restaurants.
There have been several incidents where people were attacked in public, and others just walked by without helping, acting like nothing was happening.
Reports say that police know about these crimes but are not doing anything to stop them.
Please protect yourself.
AVOID WOLMARANSSTAD.
SHARE THIS WARNING WITH OTHERS.