Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Aaaa! Dankie Padlangs Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -10 minutes ago
Brandstof vergelyking Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -39 minutes ago
Brandstof !!!! Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -44 minutes ago
Brandstof prys Oktober 2026 saam gesels Geert -1 hour ago
Brandstofheffing Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Augrabies canyon Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago

Veearts kostes

Pretoria
Submitted by Slowstrike on
Forums

My beurt om te tjank

So kry ek vir Helga my Jack Russel Woensdag middag waar sy lê en rittel en bewe. Sien dadelik sy is nie lekker nie. Gaan na die veearts wat ons altyd gebruik en word verwys na een van die fancy diere hospitale Vally Farm Vet.

Lang storie kort sy moet `n operasie kry en word opgeneem. Kry `n beraming dat die rekening tussen R14-R16 000 sal wees. Sy word opgeneem en word versorg deur die nag todat die operasie Don oggend gedoen word.

Sy word Saterdag oggend ontslaan en toe ons die finale rekening kry is dit R20 000 + Toe ek daarna vra en noem dat die beraamde koste veel minder was word ek vriendelik meegedeel dat die beraamde koste slegs vir die operasie was en nie alles inklusief nie. Hulle kon dit seker maar so verduidelik het vooraf.

Ten spyte van die gatslag is ek steeds meer as dankbaar dat sy ok is en sal ek dit weer betaal as dit moet. Wys maar net weer dat selfs diere gesondheid versekering is deesdae `n moet want alles is ongelooflik duur.

Vandag is sy haar ou self en spring rond asof niks fout was nie. As ons gryskoppe maar so maklik kon herstel van ons skete en operasies ..............

Brits

Wessel Strydom

Tue, 15/07/2025 - 11:09

Dis nou my eie diagnose van my mediese toestand. 

Ek sukkel nou die afgelope maand met winterstone van alle dinge. Ek is nou op boererate, want eenvoudige huisarts voorskrifte is onbekombaar. Dus, beteken dit om voete warm te hou, verkieslik warm wolkouse te dra,  en  mee te slaap. Alles weens swak bloedsirkulasie weens koue voete.

Boonop kry ek toe sommer ook 'n koorsblaar op die bolip. 

Kom nounet van rondte uit dorp, perdesalf, speensalf en koorsblaarsalf aangeskaf. Sit nou in die son en probeer onthou wat moet waar gesmeer word. 

Seg die poppie in die apteek vir my----probeer die klein bloupil. Verpoeier en smeer aan, dit bevorder die bloedsirkulasie. Wie is ek om nie na goeie raat te luister nie. winklaugh 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 15/07/2025 - 12:20

Perde smeergoed. Jy moet baie versigtig wees dat jy nie aan klein Wesseltjie gaan vat nadat jy die voete gesmeer het nie Wessel. Jy gaan brul!! Op ń stadium was daar ń " rumour" dat so bááie ligte tatsie van die linament jou sommer stérk maak. Ongelukkig kon dit nie eerstehands bevestig word nie. Sou jy kans sien sal dit baie waardeer word.laugh

0
Worcester

Wildehont

Tue, 15/07/2025 - 13:24

Jammer om te hoor van die groot onbeplande uitgawe. Ek het self ‘n paar ongenooide uitgawes gehad die laaste tyd, maar darem nie in daardie orde nie. Wat was fout met haar?

Ons Jack Russell reun het so paar jaar gelede ‘n epilepsie aanval (eintlik drie na mekaar) gekry en is sedertdien op medikasie elke 12 uur om sy epilepsie te bestuur. Hy stap ook al aan 12 jaar oud toe, maar as hy moet doodgaan sal ons die tefie ook moet uitsit. Sy het vreeslik getjank toe hy by die veearts was toe hy met epilepsie gediagnoseer is en sy tuis moes bly. 

0
Pretoria

Slowstrike

Tue, 15/07/2025 - 15:44

Die diagnose was Pyometra.

Dit is basies `n abses in die uterus wat dan vererger en bakterieë in die bloedstroom vrylaat. Dit is fataal as dit nie behandel word nie en kon voorkom gewees hat as ek haar vroeër laat steriliseer het. 

Ek is vir sterilisasie maar sy het reeds voorheen `n operasie gehad om `n dadelboom pit uit haar derms te verwyder en ek was maar bang sy kom iets oor sou sy weer `n operasie moes kry.

Nes joune het die ander Jackie ook sommer ophou eet en het net gelê en kerm ondat haar maat nie hier was nie. Hulle twee is altyd saam en die een kan ook nie sonder die ander nie.

Verbasend hoe spesifiek die rekening is net soos wanneer `n mens hospitaal toe gaan

 

0
Pretoria Tuine

DK

Sun, 20/07/2025 - 19:03

Probeer "Tea Tree Oil".

Dit is duur, werk vir alles.

Met ons vorige twee Woefies: -

-Die Puggie het sig verloor en om tyd te verleng  het Kasterolie gewerk tot haar einde.

- Met die Boston Terrier wat saam met my aangeval deur ń Pitbull was en haar operasie teen R 5k het ons Tea Tree oil aan beserings gewend, maar het nie vir my gehoor gewerk nie.

Ek het Bronghitus gekry en wat gehelp het was See Water met die 1x Tea tree druppel in die "Ventilator".

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 20/07/2025 - 19:23

Is jou raad vir die honde probleme, of vir my winterstone???laughlaugh

Johann Lock is ingelig dat jy op sy spoor issmiley

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus