Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Slim plan hier bo Lag 'n slag Rona du Plessis -50 minutes ago
Diesel is duur Lag 'n slag Voortrekker -1 hour ago
Brits is ongemaklik warm Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago
Rona en molle... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago
donderbui.... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Die weer in Dullstroom Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -4 hours ago

Suidoos-Asië en verder

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

Ek is die gelukkige wenner van 'n besigheids trippie.  Dit het my 3 weke geneem om alles te beplan en dit sal 3 weke lank duur.   Vlugte en roetes en vergaderings is gereël en al wat ek hierdie week nog moet doen is om my hotelle te book.

Komende Sondagaand, 27 Jul, sal ek die vliegtuig beklim en dan my eerste stop vir 20 ure in Cairo maak waar ek een vergadering sal hê.  Dieselfde aand moet ek weer lughawe toe skuif om via Dubai na SaiGon te vlieg waar ek 'n week van suid tot noord sal toer om 5 aanlegte te besoek in Vietnam. 

Na Vietnam gaan ek vir 3 dae Bangkok toe om nog 2 aanlegte te besoek.  Oor die grens vannaf Thailand sal ek dan Malaysia besoek vir 2 dae om opleiding te gee aan verspreiders asook 1 aanleg besoek.

As ek klaar is in Malaysia sal ek 'n dag in Singapore spandeer vir een vergadering en daarna vlieg ek Fiji toe waar ek 5 dae sal wees om te ontmoet met Fiji Water.

My laaste stukkie toer is dan Hong Kong toe waar ek 'n dag die stad sal besoek en ontspan voor ek my vlug terug Zuid Afrika toe vang!    

Ek sal foto's plaas (-:

Brits

Wessel Strydom

Tue, 22/07/2025 - 13:53

....veilig reis en hoop dis goed vir besigheid.

Wees versigtig met wat jy daar bestel om te eet, en let op duidelike uitspraak. "Duck pie" word gewoonlik verkeerdelik aangehoor as "Dogh pie"laugh

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 22/07/2025 - 14:11

... na iets om na uit te sien. Maar o wee, dit klink ook of dit uitputtend kan wees. Ek het in my jonger dae 'n 2 weke besigheidstrip na VSA, Engeland en Franktyk gehad. Behalwe vir die binnelandse vlugte in die VSA, was alle ander vlugte darem in besigheidsklas. 'n Totaal van 16 vlugte in 14 dae was egter vir my een te veel - met vele afsprake tussenin. Ek was letterlik moertoe toe ek terugkom.

Ek het deesdae 'n allergie vir lughawens en vliegtuie. My arme ver kinders het gister, a.g.v. 'n vertraagde vlug 'n 11 uur lay-over in Oslo gehad. Ek het eenkeer 7 uur in Zurich oorgelê - en dit was BAIE lank.

Nietemin - probeer dit geniet Voortrekker. Maar liewer jy as ek.

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 22/07/2025 - 15:39

Chris, jy is reg.  Dit gaan rof wees.  Ek het nog 'n oornag "sleeper-bus" ook tussen Ho Chi Minh en Ha Noi in Vietnam.    Ek het darem  3 af dae tussen-in waarvan 2 in Fiji is.smiley

My langste trip ooit was 22 dae.  Dit was tussen VSA, Brazil en Mexico.   

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 25/07/2025 - 05:26

Dit voel of my paspoort darem iets werd is.  Ek het nie VISA's nodig vir enige van die lande behalwe Vietnam nie.  Dit is gelukkig 'n maklike E-Visa wat elektronies uitgeryk word en kos slegs USD 25

 

0
Centurion

Voortrekker

Sat, 16/08/2025 - 07:49

Ek is weer tuis.  Kon ongelukkig nie aanteken om fotos met julle te deel nie.  Ek moes vroeër in die jaar alle verkeer vanuit Asië na kampforum blokkeer omdat daar so baie (1000de) aanvalle op die webwerf was en dit die rede was hoekom lede gesukkel het om die forum te gebruik.  

 

0
Jeffreys baai

Lapskag

Sat, 16/08/2025 - 08:38

Welkom terug Voortrekker en dankie dat jy daai parasiete geblok het. Sou lekker gewees het om hulle vingers te kon afkap wat al die virusse tik en versprei. Ook maar wreed so vroeg op 'n Saterdag 

0
Worcester

Wildehont

Sat, 16/08/2025 - 12:04

Kon ongelukkig nie aanteken om fotos met julle te deel nie.

Welkom tuis. Seker heerlik om weer jou mense te sien. Laat kom daardie  foto’s. Rona is tjoepstil en sodra Wessel die pad vat raak hy gewoonlik ook stil. 

0
Centurion

Voortrekker

Sun, 17/08/2025 - 20:08

Hier is 'n video van my laaste dag in Fiji en voordat ek teruggekeer het SA toe.  Dit was my eerste en enigste afdag gewees waar ek nie gevlieg of vergaderings gehad het nie.   

video
0
Worcester

Wildehont

Mon, 18/08/2025 - 08:02

Hoe smaak daardie uitgeteerde kuikens? Eet jy die kop, bek, pote en alles saam? Ek sal maar ‘n vegetariër word daar. 
 

Dankie vir die foto’s en video. 

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 18/08/2025 - 08:08

Wildehont, mens eet die kop eerste.  Tastes like chicken!

Ek sal later foto's plaas van die Balut wat ek geeët het in Can Tho, suide van Vietnam.

0
Kaap

Goeie Hout

Mon, 18/08/2025 - 08:20

Welkom tuis.  Nee dankie mater.  Ek sal nie daardie goeters eet.

 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 18/08/2025 - 12:30

Chomp mens die hoendertjie met derms en al?

Moet nou nie vies word nie. Daai kuiken waarvan die foevernjol met ń grassie toegebind is, wil ek aflei dat dit dalk broeikaskuikens is wat laat is.

Hoender se eier vat 21 dae om uit te broei. Die broeikaste is outomaties en skud die dagoud braaikuikens uit op ń vervoerband. Daarvandaan gaan hulle na voertonnels en geniet hulle kortstondige lewe met kos in oorvloed.

Nou weet ons daai deel van die wêreld se mense is nie te kieskeurig nie en dalkies word die klomp kuikens gekry uit eiers wat te stadig ontwikkel het en die trein verpas het.devil 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus