6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kappie e Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -22 seconds ago
Wen 'n Hilux Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -17 minutes ago
Gesiggies Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -1 hour ago
Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Gesiggies Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -2 hours ago
Lede aanlyn.... Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -2 hours ago

Alternatiewe woonwa oorwegings

Brits
Submitted by wessels on
Forums

Ek sit sommer so en rondkyk na alternatiewe produkte op die mark. Vang my oog die "off road" wa, genaamd Gecko-extreme. Het dit my beindruk, dit het tot 'n stort/toilet uitleg binne die wa, soos 'n Exclusive. Dit is uit en uit 'n wa vir 2 met 'n permanente dubbelbed voor. Sy uitleg plaas hom voor die Bush Lapa en Afri spoor produkte vanuit my perspektief. Gaan besoek hulle webblad en kyk self.

Brits

Wessel Strydom

Tue, 29/07/2025 - 08:14

Wie het ondervinding van die waens. 'n Vriend is nogal be-indruk daarmee, en oorweeg om sy Classique te ruil vir so 'n wa. Sy oogmerk is om iets te hê waarmee hy Botswana en derglike grond [amper paaie] kan gaan sleep.

Dit lyk op internet baie luuks en na 'n kleiner weergawe van 'n Mobi lodge. Sekerlik die 2de boswa wat ek van te hore kom, wat 'n staandak het.

Worcester

Wildehont

Tue, 29/07/2025 - 09:28

Die Maverick is dan net ‘n twee-slaper. Kos seker ook meer ‘n as 2.4 Hilux dubbelkajuit. Dit lyk wel netjies en ek sien dit het ‘n soliede as met bladvere (interessant). Dit het ‘n 10 pak. My Kavango het ‘n 8 pak wat ek wou vervang het voor ons laaste Kgalagadi besoek maar Burquip se 8 pak se blaaie was dunner as die bestaandes. Ek oorweeg dit nou om die 10 pak in te sit. Met die ekstra gewig van die batterye, yskas en kombuis alles aan die linkerkant van die wa hang dit effens en die vere is naby aan reguit (die lede wat al ‘n paar jaar hier is sal dit seker onthou). 
 

Terwyl ons nie hierdie Julie Krugerwildtuin toe kon gaan nie gebruik ek die dieselkoste wat nie aangegaan is nie om die wa klopdisselboom te kry want dit gaan nog lank moet diens doen. 

Brits

Wessel Strydom

Tue, 29/07/2025 - 09:36

....is nogal duur. Ek sien dit word advertee vir ongeveer R630 000, MAAR dan moet die noodsaaklike items nog bygevoeg word voordat mens sonder krag kan klaarkom. 

Die sonkragpakket, panele, laaier, batterye vir 500Watt beloop ongeveer R60 000. Dan kom nog by die tent se sypanele  om toe te maak [~R22 000]. dit is volgens advertensie in Caravanparks.com

Nee wat Chris, ek hou wat ek het, my vriend kan dit maar oorweeg.   

Brits

Wessel Strydom

Tue, 29/07/2025 - 15:07

Goeie hout, jy moet nou nie 'n vriendskap bederf met jou idee dat Chris B se Kavango opmerkings oulik is nielaugh

Watter ene het jou swaer gekoop, die Enkulu 1 of 2. ??? Ek het al paarmal geloer na laasgenoemde, maar.... 

Het hy die ekstras bygesit om dit 'n volwaardig boswa te maak met sonpanele en al???

Dra my gelukwense aan Dirk oor, ek is sommer lekker jaloers.

Brits

Wessel Strydom

Sun, 10/08/2025 - 13:41

Dis opvallend hoeveel woonwa verskaffers  deesdae hulle pryslys modulêr aanbied. Bedoelende hulle adverteer 'n basisprys, wat paar goete insluit, maar dan kom die ekstras. Menige keer sal jy vind dat komponente wat broodnodig is vir "sonder 220V krag" daaronder gelys word. Dit is nou die 12V na 12V, die sonpaneel laaier en beheerstelsels ensovoorts..

Dan ook vreend, die ekstras om jou tent volledig te maak, met 4 kante toe, ook as ekstra gereken word. Ek het self gevind dat 'n woonwa met volle badkamer adverteer word, maar dan moet jy ongeveer R10 000 ekstra betaal vir die toilet!!!

Mens moet omtrent kophou om pryse tussen produkte te vergelyk, want selde is die basispakket en lys ekstras, vergelykbaar. 

Worcester

Wildehont

Sun, 10/08/2025 - 14:09

Die wat op Maroela media kuier het seker ook al die artikel gelees of advertensie gesien van Moremi boswaens. Hulle werk ook so (sg. ekstras wat by die basisprys kom). Maar as ek reg onthou werk hulle topmodel darem nog onder R400000 uit na alles by is.
 

Ek kan egter nie sien dat ek ooit ‘n ander wa sal koop nie. Ek kan dit eenvoudig nie bekostig nie. 

Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 10/08/2025 - 14:46

Wessel kyk alweer rond!!.

Kry nou einde en bestel iets wat al die blokkies merk. Gaan op ñ lekker lang twaalf maande toer en verkoop die wa teen ñ effense verlies, of dalk nie ń verlies nie. Maar koop top of the range, dan kan jy dit regtig geniet.

Hoekom dan nie.?? Waens is baie beter op waardevermindering as HiLux bakkies!!

Brits

Wessel Strydom

Sun, 10/08/2025 - 18:13

.....ek het mos maar 'n dwalende oogwink

Jy onthou mos van saam kamp in KarooNP. 'n Mooi wa en ryding vang altyd my oge. Ek het al met die pastoor daaroor gaan praat, maar vernietdevil 

Brits

Wessel Strydom

Tue, 12/08/2025 - 11:32

Gaan soek ons vanoggend koffie bekertjies by Brits woonwaens. Staan daar toe twee gebruikte Pentas. Gaan klim in, sommer om te kyk hoe voel en lyk dit.

Genade, ek het al vergeet hoe ruim die waens is/was. As ek nou soos die Bouchers vir 4 maande aaneen wil kamp, sal so 'n wa net die ding wees. Miskien eerder die Palma wat darem 'n badkamer/toilet hokkie gehad het.

Soos ek vir Chris S seg, toe hy my toevallig vanoggend kontak terwyl ek daar staan, ek het gelukkig nie die spasie om so 'n groot wa te bêre nie, en sal moeilik my beknopte boswaentjie nou ruil vir enige padwa.  

Worcester

Wildehont

Wed, 13/08/2025 - 07:58

sal moeilik my beknopte boswaentjie nou ruil vir enige padwa

Ek sal ook nie, al kon ek dit bekostig. Die enigste ander wa wat ek sou oorweeg is die Sprite Tourer. Maar dis ook te breed en hoog, het nie ‘n stort of geyser nie en ook nie ‘n groot watertenk nie. Ek het een keer een uit Kgalagadi sien kom, maar ek weet nie of dit erge sinkplaat veel beter as ‘n gewone padwa gaan hanteer nie. 

Kaap

Goeie Hout

Wed, 13/08/2025 - 08:11

Hulle is mooi wanes en het spasie, maar die spasie by die huise is nie vir hulle gemaak.

My fleetlinekie bly maar vir my n lekker grote.  En die spasie by huis is net reg vir haar.

Chris S, ek begin ook kyk na die Tourer, maar hy is baie donker binne.

Mooi loop.

Brackenfell

HennieBo

Wed, 13/08/2025 - 09:06

Ek het 'n paar jaar terug, net voordat ek my Swing in 2007 nuut gekoop het, 'n Palma gehad. Lekker spasie maar het NOOIT die stort gebruik nie. As die badkamer soos die Exclusive of Classique is, sal ek 'n badkamer in die wa gebruik, anders gladnie.

Brits

Wessel Strydom

Sun, 05/10/2025 - 19:21

Na aanleiding van Jan Meyer se opmerkings, na hy 'n buitelugskou bygewoon het, wonder ek;

doen die boswa vervaardigers werklik goeie markstudies??

is daar werklik so 'n groot behoefte aan luukse groot boswaens?? Ek het die afgelope vakansie langs 'n Mobi lodge Quarto gestaan. Mense dis luuks, maar groot met 4 wiele. Dit wil voorkom of die mark neig na groot en luuks, dink aan die Mobi's, die Nyala Okapi's, die Nkulu3 en Overlanders, onder andere.. 

Ons neef Herman het lank gelede 'n waar woord gespreek---daar waar jy 4x4 laestrek inspan, wil jy nie meer enige iets sleep nie.!!!! 

Dit laat die vraag-----koop mense die luukse groot boswaens om hoofsaaklik op slegte teerpaaie en grondpaaie te gebruik, of vaar hulle werklik die wilde ongerepte omgewings in.???

Hoe groter en swaarder die boswa, hoe groter, swaarder en sterker moet die sleepvoertuig wees. Ek sleep veel eerder my Kavango of Gecko, as die veel luukser en groter waens.

Wat mis ek???? 

Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 05/10/2025 - 19:59

Ons voorsate het met hulle ossewaens, die vreemde in, ń ding begin wat nou in ons gene vasgevang is.smiley.

My mening is dat die boswaens ń " goedvoel" faktor het. Dalk is daar is ń hunkerhunkering weer die ongetemde te gaan verken, en sou die geleentheid hom voordoen, is jy ge- kit en ingeoefen.

 

 

Brits

Wessel Strydom

Sun, 05/10/2025 - 21:30

.....is egter nie meer tevrede met net wakis en bed nie. O nee---daar moet volle swierige badkamer wees, mooi spiegels en kombuis. Verkieslik met heelwat meer as net 'n braairooster, swartpot en ketel. 

Dis egter prysenswaardig dat hedendaagse manne hulle beterhelftes so bederf. Hulle geniet weer op hulle beurt die dorstige span osse voor daai ossewawink

 

Irene

Grootwind

Mon, 06/10/2025 - 09:43

Die Ry&Sleep Koopgids van 2025 lys iets soos 72 vervaardigers met sowat 305 verskillende modelle. Daar is geen manier wat die ouens almal kan oorleef nie, in alle geval nie teen redelike pryse nie. Al manier is om die produk ver bokant die "waarde" te prys. Mens sien dit tussen die lyne waar heelwat van die vervaardigers se produkte "slegs op bestelling" vervaardig word. Geen manier wat mens enigiets naby aan 'n normale "Henry Ford" produksie lyn so winsgewend kan bedryf nie...ek sou raai dat die waens meestal deur 'n klein kern span gebou word met "op aanvraag" werkers sou daar bvvoorbeeld 'n aantal waens gelyktydig gebou moet word, maw kwaliteit is 'n vraagteken?  Of andersins is die mpy se kern besigheid iets anders? my gevoel is dat die vervaardigers bloot oorleef deur pryse hoog te hou? Natuurlik hou dit ook 2de handse waens se pryse hoog.

Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Mon, 06/10/2025 - 10:31

Ek dink ook mense kies boswaens want hulle het nie die spasie by die huis vir n' groot teer pad woonwa nie. n' Vriend met n' Penta het eenmal gesoek vir n' nuwe huis maar hy moet sy Penta daar kan stoor. Hy het min gekry wat die spasie gehad het.

Ons is weer teer pad woonwa mense. As ons bos toe gaan sleep ons niks nie. Ons bly in n' boog tent op die grond of in n' chalet. As ek die bos in vaar en die 4x4 Pajero in sluit middle diff will will vas val in die dik loss sand will ek nie nog ook iets sleep nie. Die probleeme wat die overlanders met boswaens ondervid is ook omtrend altyd met die boswa en nie met die sleep voertuig nie.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 06/10/2025 - 10:50

Paul, daar is sekerlik heelwat boawaens kleiner as 'n Penta of exclusive, MAAR dit wil voorkom of daar wel 'n lewendiger mark vir die groot [> as Penta] is. 

Wonder hoe kom die manne by die wet verby, of waarmee sleep hulle daai swaar boswaens. Volgens webblad spesifikasie is byvoorbeeld 'n Overlander 590 se BVM = 3000kg. Dalk moet hulle ekstra remme bysit. 

Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Mon, 06/10/2025 - 11:30

Ek weet nie wessel? Daar is min sleep voertuie in SA wat n' Tare van 2500kg het. Ons sien heelwat van die Conqueror Urban Escape Vehicle met n' GVM van 2500Kg in die Wildtuin. Dan sleep hulle met n' Toyota Land Cruiser 79 (tare = 2165) of met die 200 GR (tare = 2740). Die Mobi Lodge Quatro se GVM is 2500kg. Die Overlander 590 Custom se GVM is 3000kg. Ek will nie in die loss sand met die monsters agter my wees nie. Miskien met a Unimog?

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus