6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wimpy Kruger 2026 Geert -1 hour ago
Het die Hi Lux traction… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -1 hour ago
Neef kla nie oor die groen… Forum Herstel en terugvoering neef Herman -1 hour ago
Voortrekker.... Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -2 hours ago
Wessel ons is amper daar.  … Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Voortrekker.... Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -2 hours ago

Alternatiewe woonwa oorwegings

Brits
Submitted by wessels on
Forums

Ek sit sommer so en rondkyk na alternatiewe produkte op die mark. Vang my oog die "off road" wa, genaamd Gecko-extreme. Het dit my beindruk, dit het tot 'n stort/toilet uitleg binne die wa, soos 'n Exclusive. Dit is uit en uit 'n wa vir 2 met 'n permanente dubbelbed voor. Sy uitleg plaas hom voor die Bush Lapa en Afri spoor produkte vanuit my perspektief. Gaan besoek hulle webblad en kyk self.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 20/04/2026 - 13:19

Wessel, nadat ons die Bluebird gekoop het, moes ek my skoonpa se rooi Volvo leen vir 'n paar weke voor ons eie, opgegradeerde sleepvoeruig gearriveer het.

Hier is 'n foto van die rooi Volvo in Kroonstad se Kroonpark karavaanpark toe dit nog 'n spogplek was.

.

En later, hier is ons opgegradeerde sleepvoertuig in Bethlehem se destydse karavaanpark. - natuurlik 'n reuse verbetering op die Angliatjie !

.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 20/04/2026 - 13:36

...wat 'n sprong met sleepvoertuig. Was daar niks tussen die Anglia en die MB nie.??

Watter ene was die MB, die 250SE, die 280s of 280Se.

Die Volvo kon seker die 144 of die 164 gewees het. Selwers 'n lieflike voertuig, maar dalk te lig gewees vir 'n woonwa.  

Brits

Wessel Strydom

Mon, 29/06/2026 - 14:42

Ons het vandag die nuwe boswa van Echo te siene gekry. Redelik naby aan my Kavango se buite ontwerp, maar die verskil is binne. Dit is 'n 2-slaper met permanente dubbelbed, en sy stort en voltoilet is nou ewe netjies binne. Die en suite stort/toilet hoef nou nie meer  na buite gestoot te word nie.

Die hele dak word nou elektries gelig 

Raai wie hou die meeste van die wa, kon nie wegkom nie, die ene wat nie die prys gehoor het niewink 

Echo moet nog hulle webblad opdateer om die nuweling by te werk.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 24/08/2026 - 12:14

Aangesien ek nie rugby kan kyk nie, sit ek laas Saterdag sommer en loer na boswaens, geskik vir 2 grootmense. Kyk, daar is darem netjiese boswaens op die mark, maar o gaats die pryse is styf.

Uiteraard is my fokus deesdae op die volgende;

dubbelbed volledig binne vir veiligheid, gerief en min opslaan werk

toilet, gesigwasbak en stort ook binne.

Dit bring my toe by die volgende "intree vlak" modelle. Die riglynpryse, sonder eksras is as volg, vanaf internet blaaie en oproepe;

Gecko----kR600 

Bush Lapa Ratel 2i---- kR700  

Berg CX3----kR 650

Afrispoor Caracal ----kR 630

Echo Kuisseb---------kR 700 tentatief.

Dan kyk ek so na my Kavango wat reeds toegerus is met lugreeling, Ewiks skuiwers, 400Watt sonpanele en ooreenkomstige 12V stelsel, voltent, tentverlenging, 4 jerrykanne om groot goete te noem. Die stort, toilet en wasbak is en suite, dus hoef ons nie eers buite om te loop daarnatoe nie.

Dan besef ek, kry 'n draadborsel, en hou jou geld op belegging, en kamp die rente uit deur die jaar. 

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 24/08/2026 - 13:36

My buurman oorkant die straat (in sy mid-60's) het 3 weke gelede sy eerste karavaan, of liewer boswa) gekoop - 'n Tuffcat. Dit lyk nogal indrukwekkend van buite af. Ek het Saterdag gou die wa van naderby gaan beloer. 'n Lekker groot dubbelbed binne en ook 'n gesig-wasbak. Ek het nie opgelet of gevra i.v.m. 'n toilet nie. Die (hand-) stort is buite.

Al's en al's is dit netjies. Maar hoe lui die Engelse spreekwoord (as ek reg is): Horses for courses. Nie vir my nie, dankie. As jy graag off-road kamp - ja, dan sien ek die meriete daarvoor in. Maar my ou stokoud konvensionele teerpad-karavaantjie is vir my net eenvoudig 'n beter roep as 'n boswa.

Ons toer graag en slaap baie keer tussen bestemmings net een aand oor. En ek reken vir sulke gevalle is die 33-jarige Ou Lady die beste opsie (vir ons altans). Sy moet maar net eenvoudig hou totdat ons kampdae verby is.

Pretoria

Geert

Mon, 24/08/2026 - 19:09

Teen daai belaglike pryse het ek nie eers n draadborsel nodig nie....met my bank balans gaan daai jeuk sommer self weg

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus