6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Neef Herman 😈    Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Wimpy Kruger 2026 Geert -2 hours ago
Het die Hi Lux traction… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -3 hours ago
Neef kla nie oor die groen… Forum Herstel en terugvoering neef Herman -3 hours ago
Voortrekker.... Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -4 hours ago
Wessel ons is amper daar.  … Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -4 hours ago

Alternatiewe woonwa oorwegings

Brits
Submitted by wessels on
Forums

Ek sit sommer so en rondkyk na alternatiewe produkte op die mark. Vang my oog die "off road" wa, genaamd Gecko-extreme. Het dit my beindruk, dit het tot 'n stort/toilet uitleg binne die wa, soos 'n Exclusive. Dit is uit en uit 'n wa vir 2 met 'n permanente dubbelbed voor. Sy uitleg plaas hom voor die Bush Lapa en Afri spoor produkte vanuit my perspektief. Gaan besoek hulle webblad en kyk self.

Worcester

Wildehont

Sat, 08/11/2025 - 20:20

Ek verstom my aan projekte wat eintlik onprakties is, waarop mense groot geld insteek. 

Dis wat gebeur as mense te veel besteebare inkomste het. Ek het my verstom aan die klomp twak wat in Amerika te koop is via posbestellng toe ek in 2007 daar was. 

Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 09/11/2025 - 09:05

Die karavaan- boot kan beslis baie goed werk waar daar baie mere en bevaarbare riviere is. Knysna strandmeer het klomp huisbote, vreelik populêr,  wat nie baie maklik geskuif kan word na ander meer nie.

Ek kan goed glo dat waterliefhebbers dit sal geniet. Kan my indink hoe lekker dit sal wees om daar eenkant op Å„ strandmeer of dam anker te gooi. Geen verkeer, nie bure nie, stilte... hemels.

Meeste van my Knysna maters sal een aanskaf. 

Worcester

Wildehont

Sun, 09/11/2025 - 16:11

Ek het soos Oom Neef gedink die Caraboat kan lekker werk op mere, maar wou sê hier is nie sulke plekke in ons land nie. Ek het vergeet van Knysna en omgewing. Eintlik het ek nog net nie veel tyd daar deurgebring op die water nie. 

Brits

Wessel Strydom

Sun, 21/12/2025 - 17:54

Hoe vorder hulle met soektog na 'n gerieflike boswa.?? Al ene gevind, of darem al besluit wat julle wil hê?

Brits

Wessel Strydom

Mon, 22/12/2025 - 11:35

...goed om van jou te hoor. 

Oorweeg jy om jou padwa weg te maak, en oor te slaan na 'n boswa toe? Jou trokkie is dan juis toegerus om solo mee vêr paaie te verken.

Ongeag fabrikaat, die boswaens is duur. Selfs die gebruiktes wat adverteer word, op ander forum, is ook duur. 

Brits

Wessel Strydom

Sat, 14/02/2026 - 12:03

Ek kyk netnou na watter firmas by die skou einde Februarie gaan wees, en mis 'n paar groot name.  

Toevallig praat ek vanoggend met Gecko en vra of hulle daar gaan wees. Nee seg die ou, dit is ongelooflik duur. 'n 10 x 10m area kos R120 000. Ek het nie besef dis so duur nie. Boonop het mens seker meer as 1 stuk area nodig. 

Pretoria

Geert

Sat, 14/02/2026 - 14:52

Ek het ook laasjaar met n kennis gepraat waar hy "gekla" het oor die hoë uitstal kostes, maar sien hul naam is weer daar.....so dit betaal seker? Ek dink die persoon wat regtig in die mark is vir n nuwe wa, is seker daar en maak sy besluit daar.....so as  jy nie daar uitstal nie, loose jy uit

Brits

Wessel Strydom

Sat, 14/02/2026 - 17:20

....gaan weer wemel middel Maart. Daar word 'n lekker groot skou aangebied, waar kampeerders na baie woonwaens en toerusting kan gaan kyk/koop.

Persone in die mark vir 'n boswa moet daar gaan kyk en aanpas. Ek sal beslis fokus op die BERG se 3 waens, en die Gecko. Prysgewys vergelykbaar in omgewing van R580 000 tot R600 000. 

Seker veiliger om soheentoe te gaan as na 'n skou in Gauteng, veral met 'n Toyota voertuig.  

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 14/02/2026 - 17:52

Dit is té naby aan Atlantis Duine. "Bad memories" van daai plek.

Nee wat - tensy 'n ou op soek is na iets vir gebruik in die wa of dalk vir 'n nuwe wa. Ek is nie 'n ou vir skoue en feeste nie. Seker maar te veel van 'n mamparra.

Pretoria

Geert

Sat, 14/02/2026 - 20:05

Ander lekker skou is Outdoor X wat gewoonlik Mei maand aangebied word. Dis so 20min se ry vanaf ons huis. As weer saamspeel is so n skou baie geselliger as in n gebou soos Gallagher 

Brits

Wessel Strydom

Sun, 15/02/2026 - 19:38

Ek het lanklaas aandagtig na boswaens gekyk. Wat ek wel opmerk die naweek, is die verskuiwing na veiligheid en gerief.

Al hoe meer boswaens bring modelle uit waar die dubbelbed geheel binne is. Of, halfpad uitskuif met soliede panele en diefwering. Dan ook die binnestort met, of 'n vol toilet, of dan plek vir 'n porta pottie.

Afgesien van die duur waens soos die Nayella, Mobi Lodge, is die Gecko, die Berg en nou ook die Ratel 2i van Bush Lapa beskikbaar met dubbelbed, stort en voltoilet binne die wa.  

Afrispoor se Caracal byvoorbeeld het ook 'n vol dubbelbed binne. Ongelukkig is die stort nog buite [en suite].

Skielik besef ek dat my ou Kavango sy tyd vooruit geloop het. Dit het 'n halwe binnebed, en suite stort en vol toilet, EN met dit alles nog die gerief van 'n tafel waar mens uit die onweer kan eet. 

Met al my opgraderings, hoofsaaklik elektries, sonpanele en laaistelsels, gaan ek sukkel om iets te vind wat dit kan vervang, sonder ekstra kostes. 

Opvallend is dan ook die "awnings" wat oorneem by die konvensionele sytente. Baie handig, vinnig om op te slaan, MAAR die nadeel is die hoogte. Dit maak die totale hoogte, uit berging ooppunt, na 'n minimum van 2200mm.  

  

Brits

Wessel Strydom

Sat, 28/02/2026 - 15:16

Nee dankie Chris, dan moet ek swaar, sterk duur sleepvoertuig ook koop.

Hulle webblad gaan minimaal met sensitiewe inligting om. Byvoorbeeld, die Tarra word gegee as 1700kg, maar die gewig by aflewering is 1950kg. Dan word die BVM gladnie gemeld nie. 

In die video word baie vinnig iets gepraat van oor die 2000kg sleepvoertuig. Ek twyfel of selfs 'n 4x4 Hilux 2.8 dit wettig mag sleep.

Met al daai koel/vrieskaste en beligting, het ek my bedenkinge of daai 2x 100amp.hr batterye wel twee dae sonder son gaan hou. 

Ek verstom my oor die tendens van super luuks boswaens deesdae. Kan nie glo daar is mense wat dit koop nie.

Dankie, ek het oopbek sit en kyk. 

 

Worcester

Wildehont

Sat, 28/02/2026 - 21:49

Met al daai koel/vrieskaste en beligting, het ek my bedenkinge of daai 2x 100amp.hr batterye wel twee dae sonder son gaan hou.

 Daar is nie ‘n kans nie. Nie eers ‘n halwe dag nie. Ek wil ook sien hoe werk die mikrogolfoond daarvan af. 
 

Die wa trek my glad nie aan nie. Ek glo ook sulke waens gaan so min grondpad sien as die LC300 waarmee dit gesleep word. 

Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 01/03/2026 - 06:33

So merske groot wa in moeilike terrain....Neef sal sy laphoedjie opvreet as dit ongeskonde deur die Richtersveld kom. So swaar wa wat van agter begin stoot teen ñ steil stukkie bergpas af met los klippertjies onder die bande....

Brits

Wessel Strydom

Wed, 04/03/2026 - 04:50

Sy naam is korrek. Dit is omtrent 'n mobiele luukse lodge!!! Ek het verlede jaar in Strandfontein langs presies so ene gekamp. Die 1ste MB met 4 wiele.

Voorste deel tot by klein vierkantige swart luik, is badkamer. Deel bokant wiele is die uittrek dubbelbed,

Van bed tot stert is die sitkamer met leerbekleedsel. 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus