Maurits het 'n paar foto's gestuur van Strandskloof, anderkant Gansbaai. Ek plaas die volgende foto's namens hom:








En dan wou hy 'n standpunt net baie duidelik maak (waarmee ek saamstem):

Strandkloof
Baie netjies.
Solank dit net nie se tupper ware bakkie nie....
Strandkloof.
Ons het een keer daar gestaan vir ń paar dae. Die plek is netjies en goed beplan vir ń magdom mense. Maar dit sit so half weg van als. Jy moet ry.
Ek hou van ń plek waar ek kan stap na die strand, ñ restaurant, winkeltjie etc nadat kamp opgeslaan is. Daar moet jy inklim en ry vir ń gedraaide roomys met ń flake in.
Of het ek dalk die verkeerde plek beet.
Is ver
Maar dit sit so half weg van als. Jy moet ry.
Ek stem saam, maar smaak verskil. Daar is mense wat verkies om liewers nie naby die see te kampeer nie, maar tog wil see toe kan gaan. Dan sal Strandskloof werk. Dis net 8min na die naaste strand toe (per motor).

Maurits se rede??
Ek dink Maurits wou sommer net wegbreek van sy huis.
Die feit dat hy in Sandbaai, Hermanus bly, beteken dat hy dalk nader aan die see woon, as waar hy nou kampeer.
Dis net so jammer dat al die kusdorpe, en spesifiek WesKaap so bleddie vêr van Kruger af is.
ek kyk elke aand na die lekker gematigde weer/temperature van Hermanus, tot by George, selfs vêrder.
Jammer Chris S, jou dorp, Robertson, selfs Swellendam word darem baie warm deesdae. Ek kan sowaar nie uit kinderdae dit so onthou nie, maar kinders kry nie koud of warm nie. Worcester is baie keer warmer as B.Wes en Oudshoorn.
Maurits en Strandskloof
Wessel ek en my vrou het besluit ons wil net so n vinnige wegbreek maak in die week voordat ons 1Februarie vir n maand Jongensfontein toe gaan. Toe my kinders op skool en Universiteit was moes ons noodgedwonge Desember Hartenbos toe. Dit was wonderlike tye maar nou bly ek rustig in my werf. Strandskloof is net 60 km. van ons af maar ons wou net kom sit en rustig word.





Strandkloof
Ek dink dis 'n netjiese plek. met sulke gras sal ek nie eers 'n grondseil uitgooi nie. Ek hou van daai hout afskortings.
Wonder of Toyota hom iets betaal vir daai plakker!!!