Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Snert Ertjie Sop! - Hester Kruis Geert -16 minutes ago
My jonger suster ... Ertjie Sop! - Hester Kruis Chris Boucher -44 minutes ago
Vegetaries Ertjie Sop! - Hester Kruis neef Herman -57 minutes ago
Angola Oktober 2026 saam gesels neef Herman -1 hour ago
Die 'probeer' werd Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -1 hour ago
Prys van diesel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago

Maurits & Strandskloof

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Maurits het 'n paar foto's gestuur van Strandskloof, anderkant Gansbaai. Ek plaas die volgende foto's namens hom:

Strandskloof

Strandskloof

Strandskloof

Strandskloof

Strandskloof

Strandskloof

Strandskloof

Strandskloof

En dan wou hy 'n standpunt net baie duidelik maak (waarmee ek saamstem):

Strandskloof

Brits

Wessel Strydom

Tue, 25/11/2025 - 13:56

Ek dink dis 'n netjiese plek. met sulke gras sal ek nie eers 'n grondseil uitgooi nie. Ek hou van daai hout afskortings.

 

Wonder of Toyota hom iets betaal vir daai plakker!!!  

0
Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 25/11/2025 - 18:05

Ons het een keer daar gestaan vir ń paar dae. Die plek is netjies en goed beplan vir ń magdom mense. Maar dit sit so half weg van als. Jy moet ry.

Ek hou van ń plek waar ek kan stap na die strand, ñ restaurant, winkeltjie etc nadat kamp opgeslaan is. Daar moet jy inklim en ry vir ń gedraaide roomys met ń flake in.

Of het ek dalk die verkeerde plek beet.

0
Worcester

Wildehont

Tue, 25/11/2025 - 19:16

Maar dit sit so half weg van als. Jy moet ry.

 Ek stem saam, maar smaak verskil. Daar is mense wat verkies om liewers nie naby die see te kampeer nie, maar tog wil see toe kan gaan. Dan sal Strandskloof werk. Dis net 8min na die naaste strand toe (per motor).

A

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 25/11/2025 - 19:49

Ek dink Maurits wou sommer net wegbreek van sy huis.

Die feit dat hy in Sandbaai, Hermanus bly, beteken dat hy dalk nader aan die see woon, as waar hy nou kampeer.

Dis net so jammer dat al die kusdorpe, en spesifiek WesKaap so bleddie vêr van Kruger af is. 

ek kyk elke aand na die lekker gematigde weer/temperature van Hermanus, tot by George, selfs vêrder. 

Jammer Chris S, jou dorp, Robertson, selfs Swellendam word darem baie warm deesdae. Ek kan sowaar nie uit kinderdae dit so onthou nie, maar kinders kry nie koud of warm nie.  Worcester is baie keer warmer as B.Wes en Oudshoorn.

0
Sandbaai

maurits

Tue, 25/11/2025 - 21:56

Wessel ek en my vrou het besluit ons wil net so n vinnige wegbreek maak in die week voordat  ons 1Februarie vir n maand Jongensfontein toe gaan. Toe my kinders op skool en Universiteit was moes ons noodgedwonge Desember Hartenbos toe. Dit was wonderlike tye maar nou bly ek rustig in my werf. Strandskloof is net 60 km. van ons af maar ons wou net kom sit en rustig word.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus