Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -20 minutes ago
Sjoe November 2026 Johann L -33 minutes ago
Sjoe November 2026 Geert -38 minutes ago
Nee wat, ... November 2026 Chris Boucher -1 hour ago
ChrisB Kgalagadi Oktober 2026 Jan Meyer -2 hours ago
misverstand!!! Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -10 hours ago

Braaiers by kampterreine

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek het oor die jare heen my eie braaier saamgery waarop ek my vleisie en ander goed braai.  Dit het die voordeel dat jy die braaier op enige plek wat vir jou die gerieflikste is kan plaas en dat jy nie gedwing word om iewers op 'n ingeboude braai jou ding te doen nie.  Dit het ook die voordeel dat jy jou braaier ken en dat jou kole altyd net reg is volgens jou smaak.  Die nadeel is dit neem heelwat plek op en moet in- en uigepak word.

Soos wat die jare aanstap en die kragte minder word, het ek al meer en meer die braaier tuis gelaat en die oord se braaier-fasiliteit gebruik.  Veral in die Wildtuin waar ons by meer as een ruskamp kampeer, het hierdie gebruik nou al die reël geword.

Ek mis tog soms my eie braaier, maar hoe maak jy ?

Hier is my eie braaier waar ons by Tsendze kamp  -  by Tsendze is die ingeboude braaiers te naby aan die bosse tussen staanplekke

 

.

En hier braai ons saam met vriende by Maroela in die Kruger Wildtuin op 'n ingeboude braai :-

.

 

Hier is ons by Stormsrivier se ingeboude braai :

.

Brits

Wessel Strydom

Thu, 14/11/2024 - 09:27

Soos Herman mos verklap het, ek ry/sleep mos met 'n styf gepropte trokkie. Dus, ry ek deesdae

1] 'n kompakte verstelbare ronde swaar braaiertjie saam, wat nie plek op rooster het om iets warm te hou terwyl ek nog braai ook nie. As dit oproes of wat ookal, sal ek dit vervang met Geert se model.

2] dan die gewone Cadac gasbraaier vir onweer noodgeval

3] die samestel soos in Wildehont se inset gedateer 11/09/23.

Ek kom nou juis van Impala af, so bietjie ongesonde proviand gaan aanvul, biltong, sosaties en boerewors. Dan ook so 12 "patties" wat oor kole gebraai word. Dit word dan ontbyt kos, saam met gebakte eiers en uie.

Verskoon my, ek gaan sommer nou vuur maaklaugh

 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Thu, 14/11/2024 - 11:15

My ma hulle kampeer nie meer nie en sy het so n Chef braaier vir my gegee. Ek het hom nog nie gebruik nie, maar is lekker kompak en slaan blits vinnig op. Ek hou steeds van my ronde braai....maar mens kan nie alles saamry nie 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user VW

VW

Thu, 14/11/2024 - 14:39

Ek het n hele paar, swak punt van my, vang my in n wip met n mooi braai laugh.Wissel hul so af

Stainless steel, nou so 17 jaar in gebruik, elke dag kamp braai
Stainless, elke dag kamp braai
Knysna
By KKNK gekoop, gebruik met lang kamp
Stainless
Stainless, laat maak in PE, gebruik ook met lang kamp
Varkie
Varkie oond, nog gekoop by Arrie van Ou Wegsleep forum baie jare terug
Potjie
Potjie King, ook KKNK produk. Stainless 
Weber
Weber go anywhere, lekker vir bykosse of as die weer nie saamspeel

 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user VW

VW

Thu, 14/11/2024 - 14:53

Ek het die naweek n Weber Smokey Joe op takealot bestel, R 1519 gewees. Wag nog vir aflewering.

Sien vanoggend hy kos nou R 2199 op takealot. Ek se toe vir my vrou, kyk my investment, die braai is nog nie eers afgelewer nie en sy waarde het reeds appreciate met R 700laugh.

Goeie ordentlike braais, is n belegging! Hulle sal jou jare se braai genot verskaf, en jou kinders sal ook nog hul gebruik.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 18/01/2026 - 08:04

Gister namiddag moes ek planne maak om te braai, want my verstelbare groot huisbraaier se rooster word tans vervang.

Gaan haal ek toe my kamp katoeters uit, om mee te braai. Sukkel ek my blaker af met daai oopklap-3-vlak pote soos in Chris S se inset gedateer 11/09/23. Ek het ook omtrent 'n braaiertjie soos in dieselfde inset, wat se hoogte vanaf kole nie verstel kan word nie. Dus is ek niks lief om daarmee te braai nie.

My probleem met daai fency 3-vlak pote katoeter is die volgende. As jy nou 'n laag Etosha brikette het, is die onderste hoogte te naby, Gaan jy na die middelste vlak, is mens weer netnet te vêr. dis asof die hitte wegwaai in ligte briesie. 

Soos gisteraand waar ek 3 tipe vleise agtermekaar apart wou braai, gevolg met braaibroodjies, was dit 'n gespartel. Teen die tyd wat mens by braaibroodjies kom, is kole al koud.

Nee wat, gee my maar 'n verstelbare roostertjie, die ander katoeter is vir uiterse noodgeval.   

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 29/01/2026 - 12:43

Ek sien netnou Geert se nuwe speelding - 'n elektriese braaier. 'n Paar dae gelede het ek op hierdie draad afgekom en dadelik besluit dat ek ook 'n varkie-oond soos VW s'n wil hê. Ongeveer 5 jaar gelede was daar sulkes te koop by Hartbeespoortdam. Ons was egter reeds aan't beweeg om deur die tonnel te ry en daar was nie aftrekplek nie. Die gevolg is dat ek die varkie gemis het.

Daan kan vir my een maak, maar toe ek die foto vir hom wys het hy gesê dit lyk baie oulik, maar waar reken ek om dit in my bussie te pak....einde van gesprek....

Ek gee nie op nie. Ek wil een hê en sal 'n plan maak. Miskien lees VW hier en besluit syne is oorbodig, hy wil dit verkooplaugh

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 31/01/2026 - 10:05

Ek het hierdie een by n skou gekoop....lekker klein. Hy het n laaitjie onder waar ons 6x brikette insit en dan bo op deksel 10x brikette. Dit maak n broodjie heerlik gaar. Ons het al paptert in hom gemaak en pampoen tert. Die maatskappy wat hom maak is in Pretoria Noord 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 31/01/2026 - 11:10

Ek gaan kyk of ek hierdie kole oondjie kan bestel. Nie so mooi soos die varkie nie, maar dit gaan dieselfde doel dienlaugh

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 31/01/2026 - 16:57

klei braaieMy bydrae tot die draad. Hierdie twee braaitjies het 'n vriendin vir my uit Marokko gebring. Dit het al vir vele laaang gesellige kuieraande gesorg en gaan altyd saam tydens kampe. Elkeen braai sy eie vleis. Ryg op 'n sosatiestokkie wat jy wil braai - ook hoendervlerkies of wors, met twee kole onder, en siedaar! Bietjie laat het ek agtergekom dat foelie onderin die skoonmaak baie vergemakliklaugh

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 31/01/2026 - 18:53

Dis baie oulik Rona. Kan mens hom bo op n eet tafel gebruik, of word hy te warm?

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 31/01/2026 - 20:38

Geert, ons het al 'n paar keer die braaitjies op 'n bloekomhout tafel gebruik. Daarvoor was dit nie te warm nie maar ek sal versigtig wees om so 'n braai op 'n melamien/plastiese tafel aan te pak. Tydens kampe het ons 'n aluminium tafel. Wanneer jy wil kole ruil kan jy die braaitjie met jou hande vat, dit brand nie. Wens so ek het meer daarvan gehad - soveel so dat ek dit oorweeg het om 'n ander vriendin se pottebakkersoond te koop wat sy nie meer gebruik nie ( het mos immers veertig jaar gelede klas geloop in die bedryfsurprise)

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 01/02/2026 - 15:56

Google wys hierdie as ek foto search....stokkies deur gate, maar dink Rona se idee werk beter....hoe kry jy andersins vleis uit en op?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus