Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
1997 Isuzu November 2026 Goeie Hout -30 minutes ago
1997 Isuzu November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Len... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Geert o Geert.... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Goeie hout se Onderrok November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Reën November 2026 Rona du Plessis -2 hours ago

Februarie saamgesels

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Goeie môre, daar breek die 2de maand van die jaar al aan.

Die kraaie gaap behoorlik die laaste 3 weke hier om en in Brits, ek kan myself net nie gemotiveer kry om in die hitte te gaan probeer kampeer nie.

Ek is jaloers op julle wat in die koeler klimaat woonagtig is, wat so bietjie, tot 'n maand lank, wegbreek van die roetine. 

Laat ons gesels met mekaar laugh 

Brits

Wessel Strydom

Sun, 01/02/2026 - 19:37

Graaff Reinett  se naam gaan verander na Robert Sobukwe town. Nou wonder ek wat gaan word van al daai pragtige museums en strate wat seker maar hoofsaaklik deur die Ruperts befonds en onderhou word. Dalk moet dit maar verskuif word na Orania, waar dit waardeer en opgepas sal word.

Blykbaar is Oos Londen so vervalle dat 'n naamsverandering daar weinig verskil gaan maak. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 01/02/2026 - 19:43

Kan jy asb 'n tydjie inruim en probeer vasstel waarom die forum se reaksietyd so stadig is. Dit is stadig wanneer;

mens die 1ste keer inskakel, selfs as jy reeds "login" is

wanneer mens "save" druk na 'n inset

wannneer mens van een gespreklyn na 'n ander wil oorbeweeg.

My rekenaar reageer baie vinniger selfs op internasionele koerante en webblaaie.

By voorbaat dankie 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 01/02/2026 - 19:47

Elkeen seker maar persoonlike voorkeur, maar ek sweet liewer in 35° as wat ek sou bibber in 15°. Dieselfde met werk.....sweet liewer in warm weer as bibber in koue weer.

So ek is tevrede met 35°

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 02/02/2026 - 06:18

ek sweet liewer in 35° as wat ek sou bibber in 15°.

Die laaste vier dae was die maksimum tussen 36 en 38 hier, en die wind roer nie. Maar dis droeë hitte en ek kla glad nie. Eerder dit as 24 by die kus met daardie taai lug.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 02/02/2026 - 16:27

Vriende, volg asb die berigte oor die skietery van 'n Lugmag vlugsersant op die R80, Pretoria omgewing. Dit persoon is doodgeskiet deur die sekuriteits-lyfwagte van Brits se burgermeester. 

Die eerste twee berigte vandag in Maroelamedia is alreeds uiteenlopend.  

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 02/02/2026 - 20:46

Alan Winde het vanmiddag 17:00 een van my projekte in Rawsonville besoek. Wat ‘n aangename mens. Ek het vlugtig vir hom die agtergrond geskets en gewys wat die projek behels toe is hy weer vort. Een swart X5 sonder blou ligte vir sy sekuriteitmense en hy ry in ‘n wit Everest. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 03/02/2026 - 14:46

Sien asb my pleidooi gedateer 01/02/26. Gedurende Desember en Januarie het ek, Jan Meyer en Rona ook probleme ge-opper.

Ek weet jy is baie besig, of uithuisig, dalk oorsee, maar dalk kan jy jou vinger op die probleem plaas.

Dankie by voorbaat

  

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Tue, 03/02/2026 - 16:17

Lyk asof die probleem beperk is tot slegs 'n paar mense? aan my kant is daar geen probleem met die spoed nie...dalk 'n probleem met 'n spesifieke dienverskaffer?

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 03/02/2026 - 16:44

Grootwind, ek gaan hoofsaaklik met rekenaar in op forum. Diensverskaffer is as volg;

wifi rooter met CellC simkaart

my internet dinge is dan met Chrome

eposse is deur gmail.

 

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 03/02/2026 - 17:09

Ek ervaar geen probleem met spoed t.o.v. Kampforum (of ander webblaaie), hetsy op my slimfoon of rekenaar nie. Daar moet een of ander gogga wees wat by Wessel kop uitsteek. Op beide toestelle gebruik ek optiese vesel komende van 'n plaaslike diensverskaffer (en 'n sterk "router" in my huis wat die hele huis baie goed dek). Ek het ook geen probleme ervaar toe ons onlangs by Dwarswegstrand gekuier het (en hulle WiFi gebruik het nie). Wanneer ek weg is van WiFi of my optiese vesel af, gebruik ek my maandelikse Vodacom data-pakket (deel van my kontrak) - en weereens ervaar ek geen spoedprobleme nie.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 03/02/2026 - 18:06

Hier by my weet ek nou nie of dit vinnig of stadig is nie, eintlik net dieselfde soos dit altyd is. 

Ons werk met wifi wat van toring na toring gaan tot by die dorp, 50km weg.  En dan somehow binne ñ fibre optic kabel ingaan al die pad van ????? af. Nie multimeter lektrieks nie. Laat my totaal onbevoeg voel.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 03/02/2026 - 20:52

By my is spoed ook normaal. Tik by google in "speed test" en kyk hoe vinnig is upload en download

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 03/02/2026 - 22:08

Is daar van julle wat kaartjies gaan koop na n stadion vir die All Black toer? Ek het reeds laasweek kaartjies gekoop vir wedstryd tussen Springbokke en All Blacks op FNB stadion in September. Dink dit gaan n belewenis wees as stadion gaan vol wees. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 03/02/2026 - 22:40

as wat ek ‘n AB toets gaan kyk. Van wat ek gehoor het gaan ‘n kaartjie my ewe veel kos as 9 aande by Dwarswegstrand oor Paasnaweek. Vir lg sal ek reeds ‘n nier moet verkoop.

Maar ek gun dit vir jou en ander Geert en ek hoop ons draf hulle weer kaf. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 04/02/2026 - 04:48

Ek was 1 keer op Loftus en 1 keer op Nuweland, beide voor 1986.

Ek bly eerder sonder daai mensemassa, lawaai en wat daarmee gepaardgaan. Boonop is die risiko om my voertuie weens diefstal of ongelukke te verloor baie kleiner. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 04/02/2026 - 15:43

My selfde ou strandfront-woonstelletjie (A4) is reeds weer bespreek vir die laaste week van Januarie/eerste week van Februarie. Dit kos wel duurder as kamp, maar die plekkies is só fantasties ingerig vir 2 persone - jy benodig niks meer nie. 'n Onbelemmerde see-uitsig, ten volle toegeruste kombuisie, dubbeldeur ys/vrieskas, mikrogolf, lekker stoep met 'n braaiplek - wat meer kan jy vra. Waai die wind of reën dit, trek jy net die groot skuifdeur toe en kyk steeds lekker na die golwe. Dalk raak ek maar net sommer pleinweg lui vir karavaan op- en afslaan met gepaardgaande op- en afpakkery by die huis. Ek is nou-al só lui dat ek nie die wa wil sleep as my vakansie korter as 'n maand is nie. Al wat ek mis by Dwarswegstrand se strandwoonstel is my karavaan se bed wat lekkerder lê as hulle s'n.

Maar ek is hard aan die beplan vir volgende jaar se Namibië-toer met die wa.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 04/02/2026 - 16:28

....met die nuwe 4-perdewa???

Jy moet tog 'n aparte gesprek begin oor die beplanning. Onthou net, jy sal moet tyd inruim vir 4x4 oefen die jaar, om daardie 2027 toer ten volle te geniet.laugh

O wag 'n bietjie, dalk moet jy niks plaas nie, ek gaan net jaloers wordsad

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus