Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Geert, November 2026 Rona du Plessis -5 minutes ago
Koud November 2026 Geert -45 minutes ago
Slange Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Ek geniet ... November 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Wessel Len gaan weer Kruger Wildtuin… Rona du Plessis -1 hour ago
Koue in Sedgefield November 2026 Rona du Plessis -2 hours ago

Roemenië 2026

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Indien alles volgens plan verloop, vertrek ons op 4 Mei om vir 6 weke by ons ver kinders te gaan kuier. Ons vlugkaartjies is bespreek en betaal (daaroor 'n bietjie meer later) - met Turkish Airlines via Istanbul. Ons vertrou dat dit sal realiseer en dat Trompie en Netanyahu nie ook 'n aptyt vir Turkye (ook 'n Moslem-land) sal ontwikkel nie. Ons het reeds verskeie kere met Turkish Airlines gevlieg - 'n uitstekende redery - en verkies om met hulle te vlieg want ons kan direk uit Kaapstad tot Istanbul vlieg. In beide rigtings het ons 'n ideale "lay-over" tyd in Istanbul (ek verkies 2 - 3 uur). En die vlugte tussen Istanbul en Bucharest is beswaarlik 'n uur - ons vind dit gemaklik.

Ons e-visum aansoeke is afgelope Vrydag ingedien. Nou wag ons in spanning om te verneem wat die volgende stap is. Ons aansoeke is weer na die Roemeense konsulaat in Kaapstad verwys vir "validation". In die verlede het ons altyd ons visums by die Kaapse konsulaat bekom. Maar 'n kennis hier van Kleinmond het ons onlangs ingelig dat sy na die ambassade in Pretoria moes gaan vir haar visum. Dit het klaarblyklik verander sedert Roemenië deel geword het van Schengen. Ons vertrou dat hulle intussen dalk hulle stelsel verander het sodat dit nie nodig is om Pretoria toe te reis nie. Indien ons wel Pretoria toe moét gaan, sal ons poog om sommer 'n plesierreis daarvan te maak.

Ek sal hier terugvoering gee soos wat ons voorbereidings ontwikkel.

Brits

Wessel Strydom

Tue, 03/03/2026 - 12:05

Jis ou maat, dit kan ontaard in 'n duur reis, as diesel se prys gaan bly styg, soos verwag. 

Ek sien netnou dat die Golflande reeds vir Trompie versoek het om gou te maak in Iran. Hulle skiet met baie duur vuurpyle en goete, om goedkoop hommeltuie af te skiet. Blykbaar is hulle voorraad amper uitgeput.

Boonop was daar die duur flater in Kuwait toe vriendelik plaaslike manne per ongeluk 3 VSA vegvliegtuie afgeskiet het.crying

Trompie seg hy wil so in 4 weke klaarmaak. Kom ons hoop en bid dit is net 2 weke om klaar te maak. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 03/03/2026 - 12:26

Met die baie beplanning glo ek sal die volgende twee maande vir julle vinnig verbygaan. Ek hou styf duimvas dat dit nie nodig is om Pta toe te gaan nie - vlieg dan eerder as om die pad te vat. Kan my kwalik 'n "plesierreis" indink indien jy op die N1 hou - Noord Kaap, Vrystaat, Gauteng... Karoo (N12) langs is dalk beter. Hier kan ek ook net dink aan Karoo Nasionale Park en die Kambro padstal - verder is dit miskien ook maar 'n bietjie treurig.

Wêreldtoestande laat almal soortvan asem ophou. In ons geval die beskikbaarheid van brandstof oor 'n rapsie meer as 'n maand wanneer ons 'n wildtuin bespreking het. Gelukkig is my bussie pas volgemaak en kan ons tot by Satara kry en weer terug met 'n tenklaugh

Geniet die beplanning.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 03/03/2026 - 14:01

As dit beteken dat ons Pretoria toe moet gaan, is dit nou maar ongelukkig so. Maar met my "allergie" vir vliegtuie en lughawens (waarvan ek beslis genoeg sal kry met ons reis Roemenië toe), wil ek nie nog Johannesburg toe vlieg nie. Ek het in my werkende lewe genoeg van vlieg gehad. Nee wat - dan maak ek eerder 'n plesierrit daarvan. Ek is hoeka so lus om weer 'n slag by Travalia oor te bly. Dan miskien tot by Aldam met hul netjies toegeruste rondawels met 'n prag-uitsig oor die dam.

Gewoonlik gee die ouens jou darem 'n dag en tyd wanneer jy jou paspoort/visum kan kom afhaal. As daar dan 'n dag of meer tussenin verloop probeer ek om vir ons 'n lekker kuierplekkie nie te ver van Pretoria bekom vir die tydjie wat ons daar moet verwyl - ek dink sommer aan Buffelspoort, Klein-Kariba ens. Dalk selfs 2 - 3 aande in die wildtuin.

Maar tyd sal leer terwyl ek wag om van die Roemeniërs te hoor.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 03/03/2026 - 14:29

Vir 'n pensioenaris wat maar sy sente moet omdraai, is buitelandse vlugkaartjie-pryse nie 'n grap nie. Ons is maar aangewese om ekonomiese klas te vlieg. En hierdie langerige ouballie (1.88m) pas maar moeilik in die uiters beknopte beenruimte. En 12 ure in só 'n posisie is uiters lank.

Daarom het ek vooraf sitplekke, wat meer beenruimte bied, bespreek. Maar dit kom teen 'n prys. Dit het my vlugkoste met net meer as 30% opgestoot - nog minder van 'n grap.

Baie waarskynlik sal dit ons laaste Roemeense besoek wees. My beter-helfte se gesondheid is van sodanige aard ek selfs lank oor genoemde besoek getob het.

Ons het ook die vooruitsig om perdalks in Noorweë 'n draai te gaan maak. My kinders se filantropiese Noorweegse vriend het reeds met sy 2024-besoek aan Suid-Afrika begin aandring dat ons hulle in Noorweë kom besoek wanneer ons weer in Roemenië gaan kuier. En volgens my dogter klink dit amper na 'n gegewe nadat die vriend gehoor het van ons Roemeense besoek.

Dan ook 'n waarskynlike besoek aan die aangrensende Bulgarye. My kinders se dorp (Călărasį) is net aan die anderkant van Silistra in Bulgarye - 'n "ferry trip" oor die Donourivier.

Maar eers moet ons visum-aansoeke slaag. Ek is darem hoopvol daarvoor. Maar ag - die Roemeniërs maak sodanige aansoek nie maklik nie. En hulle "E-visa portal" is alles behalwe verbruikersvriendelik - veral vir 'n ouballie.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 03/03/2026 - 15:03

was/is nog altyd een van die lande op my wenslys. Uitsluitlik om die "Northern Lights" te gaan beleef (Afrikaans? Noorderligte/Noordelike ligte). Ek dink dit moet 'n skouspel wees wat mens nooit sal vergeet nie. Net nie seker of dit sigbaar gaan wees in die maand(e) van julle besoek nie.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 03/03/2026 - 16:37

Jis ou maat, dit kan ontaard in 'n duur reis, as diesel se prys gaan bly styg, soos verwag. 

Ek lees juis net-nou op 'n Google-insetsel watter impak die verhoging in internasionale oliepryse (sedert 28 Feb se gebeure in Iran) het. As dit so bly (selfs verder verhoog) sal dit 'n dramatiese impak op ons brandstofpryse hê.

Hierdie ouballie begroot egter elke maand X bedrag vir brandstof. En die laaste tyd ry die twee oumense baie min. Maar die ongebruikte begroting vir brandstof word in 'n spaarrekening geplaas. En dit het nogal tot 'n aardige bedraggie opgebou. Gevolglik sal dit die sak nie so hard raak nie aangesien ek kan terugval op 'n opgeboude reserwe. Nietemin slaan dit ons rof.

Wat my meer pla is die feit dat dit vandag 'n sogenaamde "bloedbad" op die JSE was toe die beurs met omtrent 5% gedaal het. En wat wag nog? My pensioen is direk gekoppel aan die aandeelpryse.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 03/03/2026 - 16:42

Dit moet iets besonders wees om die noorderligte te sien. My dogter-hulle was al bevoorreg om dit met hul besoeke aan Noorweë te sien. Ek voorsien dat (as ons wel daarnatoe gaan) ons grootliks redelik suid in Noorweë sal wees, want hulle filantropiese vriende en ondersteuners woon omtrent almal in die Kristiansand-omgewing. Sou ek die noorderligte kon sien sou dit 'n bonus wees.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 03/03/2026 - 19:30

Toe ons van Durban terug gevlieg het, het ons met SAL gevlieg, maar het ander kleure op. liegtuig gehad, maar ook SAL Logo. Die vlug was gedoen deur SunExpress. Alle personeel....van piloot tot kelners is Turke. Klink soos Turkse lae koste airline wat hier vlieg onder SAL se admin. Die vlug soontoe was alles Quatar op vliegtuig

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 03/03/2026 - 20:20

Afgesien van Geert se naweek wegbreke was hier maar ‘n droogtes sedert die jet setter Bouchers teruggekeer het van Dwarswegstrand af. GW het ook nog nie laat weet hoe hulle Sensasionele naweek by Klein Kariba was nie. 
 

Is die Romeense visum nou ‘n Schengen visum as ek reg verstaan? Dis nogal handig met die moontlikheid om ook Noorweë te besoek. 
 

Dis darem rof dat die sitplekke met ekstra beenruimte nou al 30% ekstra kos. Toe ek dit nog kon bekostig om oorsee te vlieg was my 198cm genoeg om die sitplekke by die nooduitgang te kry. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 09/03/2026 - 10:04

Ek is vol vertroue dat ons die nodige Roemeense visums (Schengen) sal bekom, alhoewel die status steeds wys as "Sent for Validation". Ek sal hulle 10 werksdae kans gee voordat ek navraag sal doen.

Intussen het my dogter gisteraand genoem dat hulle beplan om ons vir 'n week na Noorweë te vergesel (2 - 9 Junie). Ons sal slegs in die suide wees en kan een van hulle filantroop-vriende se woonstel gratis bekom. Nogal iets om na uit te sien - as ons suksesvol is met ons visum-aansoeke (en ou Trompie en Netenhayu se manewales nie die wêreld op sy kop keer nie).

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 11/03/2026 - 19:47

Chris, die pryse lyk tans scary! Met 30% verhoging waarvan ek lees kan dit nogals rof raak. Spring jy darem die riem vry met die dat julle kaartjies reeds betaal is, of sal daar aanpassings gemaak moet word?

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 19/03/2026 - 12:23

Met ons laaste visum-aansoeke (2023) het dit 19 dae geneem alvorens ons 'n antwoord gekry het dat ons visums "validated" is. Gister was Dag 19 t.o.v. vanjaar se aansoeke. Vanoggend bel ek toe die Kaapse konsulaat - wat aangedui word as die missie waarnatoe ons visum-aansoeke gestuur is vir "validation" (soos in die verlede). Maar geen antwoord. Toe skakel ek die ambassade in Pretoria. Ek word meegedeel dat die Kaapse konsulaat gesluit is en dat ek 'n e-pos moet stuur met die verwysingsnommers van ons aansoeke - wat ek toe doen. Kort daarna kry ek 'n e-pos terug om te noem dat ons aansoeke "validated" is en dat ons 16 April in Pretoria moet wees. Ons het dus nie 'n ander opsie nie. Die enigste opsies is of ons gaan vlieg of per pad gaan reis. Ek het dadelik begin huiswerk doen t.o.v. vlugkostes en motorhuur. Dit behoort my 'n raps goedkoper uit te werk vir vlieg vir die twee van ons. Maar my voorkeur bly steeds om eerder per pad te reis en sommer 'n lekker "uitstappie" daarvan te maak. Ons sal waarskynlik met mammie se Honda ry, want brandstofkostes sal heelwat goedkoper uitwerk. Die gedagte is om 13 April hier te vertrek en die eerste aand by Travalia (Drie Susters) oor te bly - ek verlang hoeka lankal om weer 'n slag daar uit te kom. Die volgende dag tot Aldam en die 15de tot by Ralie se broer in Krugersdorp. Ons moet 14:00 die volgende dag by die ambassade wees. Ek het reeds besprekings by Travalia en Aldam gedoen. Ons sal later 'n besluit neem of ons die paspoorte/visums met 'n koerier te laat stuur en dus dadelik begin terugreis - en of ons daar bo in die noorde gaan vertoef vir enkele dae om die dokumente self by die ambassade te gaan afhaal. Maar minstens weet ons nou darem waar ons staan t.o.v. die aansoeke.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 19/03/2026 - 13:01

Vir so 'n lang pad, sal ek eerder maar die trokkie neem. Word nie so maklik geboelie op die pad nie. 

Ek aanvaar daar is veilige parkering waar julle die dokumentasie moet afhandel in Pretoria.

Sjoe, kom ons hoop die olieprys val vinnig. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 19/03/2026 - 16:14

... ek gaan nog eers die brandstofsituasie mooi beloer. Dalk is ek op nog genoodsaak om wel te vlieg - dit is nou as daar brandstof vir die vliegtuie gaan wees.

Nee wat - ek voel lekker gemaklik in die Honda. Volgens vroeë indikasies blyk dit dat petrol se prys minder gaan styg as dié van diesel en die Honda gee sowat 50% beter brandstofverbruik as die Hilux.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 21/03/2026 - 12:17

Soos reeds genoem, het ek reeds akkommodasie by Travalia en Aldam bespreek vir ons heenreis Pretoria toe. Ek het vir my swaer (Ralie se broer), in Krugersdorp, 'n slaapplekkie gevra vir 15 April. Omdat ons 0m 14:00 op 16 April by die ambassade moet wees vir ons visum-aansoeke, het my swaer voorgestel dat ons sommer daardie aand ook weer by hulle moet kom oornag.

Vanoggend kom daar skielik 'n gedagte in my kop op - afhangende wanneer ons, ons paspoorte/visums kan gaan afhaal. Hoekom nie vir 3 of 4 aande afskiet wildtuin toe nie. Om 12 maande sonder 'n wildtuinbesoek klaar te kom is nogal baie gevra (synde ons verlede Mei laas daar was). Ek hoop hulle (die ambassade) kan vooraf 'n aanduiding gee hoe lank na 16 April ons die dokumente kan kom afhaal ten einde sodanige bespreking so gou moontlik te doen.

Ek het reeds op SanParks se web geloer vir beskikbaarheid. Omdat ek oorweeg om met die Honda te ry, moet ek dalk oorweging gee aan 'n kamp (sou dit realiseer) met redelik baie teerpaaie in die omgewing. Vir daardie doel sal Skukuza waarskynlik die beter kamp wees. Ek hoop om in die volgende week finaliteit in hierdie verband te hê.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 21/03/2026 - 14:28

Om 12 maande sonder 'n wildtuinbesoek klaar te kom is nogal baie gevra

Ons laaste besoek was in Julie 2024, en soos dit nou lyk weet ek nie eers wanneer ons volgende besoek sal wees en of daar een sal wees nie. Ek sou dus vir seker die kans gebruik het om van Gauteng af daarheen te gaan. Selfs vir langer as vier aande. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 26/03/2026 - 14:11

... die Roemeense ambassade so half en half op my planne vir 'n noordelike trippie. Ek vra vanoggend per e-pos of hulle vir my 'n aanduiding kan gee van wanneer ek die paspoorte/visums kan afhaal na ons besoek aan hulle op 16 April. Hulle antwoord glad nie op my vraag nie, maar sê slegs dat ek reëlings kan tref om dit per koerier te laat aflewer. Nou sit ek so tussen die boom en die bas - moet ek maar dadelik terugkeer huistoe ten einde hier te wees as die koerier opdaag of moet ek maar 'n alternatiewe afleweringsadres gee (bv my seun se adres) indien ek nog nie tuis is nie.

Ek het vanoggend die kar voor die perde gespan en deur EZI Bookings 'n bespreking in die wildtuin gemaak (2 nagte Satara en 2 nagte Skukuza). Dit gaan my 'n ekstra R8 000+ uit die sak jaag. En boonop moet dit vandag betaal word anders verval dit. Betaal ek dit en kom nie die bespreking na nie, verbeur ek die geld (minder as 30 dae).

Ek het nou-al my tande geslyp vir die wildtuin, maar die waarskynlikheid is nou groot dat dit nie gaan gebeur nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 26/03/2026 - 16:12

As julle in elk geval al die pad Tshwanetoria toe moet gaan, gaan Krugerwildtuin toe. Mens weet nie met die toestand van die geopolitiek wat môre gaan gebeur nie so carpe diem.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 26/03/2026 - 17:16

Pretoria is net hier om die draai. Bly selfs langer in die wildtuin en indien die aflewering nie op tyd gedoen is nie kan jy steeds op pad terug weer by die ambassade aandoen om dit uit te sorteer.

NS. Hoe moet ons nou voel? - sien dan reeds uit na die ontmoetinglaugh

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 27/03/2026 - 08:21

Die besluit is geneem dat ons Pretoria toe gaan vir ons visum-onderhoude en weer terugkeer huistoe. Ek het nie die wildtuinbespreking gister betaal nie (dit sou outomaties verval indien dit nie aan die einde van die werksdag betaal is nie). Ek is net bang dat ek meer as R8000 sou verloor indien ek om welke rede ookal dit nie kan nakom nie.

Die trippie kos ons reeds 'n arm en 'n been met brandstofgeld, akkommodasiekoste en visumfooie wat nog by die meer as R30K getel moet word vir vlugkaartjies (wat reeds betaal is). En dan kan ons natuurlik nie op die kinders se nekke gaan lê in Roemenië nie - oupa sal moet uithaal en wys.

En Oktober se witlaken-trip Kgalagadi en Augrabies toe (wat op R700 na) reeds betaal is, lê ook nog voor. My ma sou die uitdrukking gebruik het dat ek veels te extravagant is met vakansie-uitgawes. En die addisionele R8K vir 4 nagte in die wildtuin en waarskynlik nóg 'n aand se akkommodasie in Pretoria, sal nogal 'n duikie die vakansiebegroting vir die toekoms laat.

Jammer Rona - ek gaan dus nie vir jou en Daan in Satara rondom 'n kampvuur ontmoet nie.crying

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus