Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -3 minutes ago
Hennie's toe vanaand Springbok rugby Rona du Plessis -2 hours ago
1997 Isuzu November 2026 Goeie Hout -3 hours ago
1997 Isuzu November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Len... November 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Geert o Geert.... November 2026 Wessel Strydom -5 hours ago

April saamgesels

Pretoria
Profile picture for user Geert
Submitted by Geert on
Forums

Gehoop die diesel verhoging is n April grap, maar lyk my nie so nie. Lekker van hierdie maand is dat ons eerste fotos weer kan verwag van Wildtuin trippies deur ons forum lede. 1ste op die lys is Rona....behalwe as mnr Boucher Pretoria per ongeluk tog mis rylaugh

Brits

Wessel Strydom

Sat, 18/04/2026 - 11:23

Ai Len, hier by ons reën dit ook nog. Toevallig het ek ook 24mm vanoggend gemeet. Net so dankbaar want nou hoef ek nie tuin nat te maak nie. 

Ek hoef nie stopkraan toe te draai nie, ons dorpswater is alweer weg!!!

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 18/04/2026 - 16:58

Ek het gister reeds my opinie gegee t.o.v. die N12 op sekere dele. Maar vandag was 'n skok vir die gestel.

Ek het begrip dat Wildehont dié pad gebruik wildtuin toe en terug omdat hulle van die geleentheid gebruik maak om by Salomien se ouers aan te gaan. Maar enigeen wat die N12 tussen Kimberley en Britstown uit vrye wil gebruik moet beslis iewers 'n skroef los hê. Tussen Hopetown en Strydenburg word daar darem aan die pad gewerk. Maar veral die gedeelte tussen Strydenburg en Britstown moet 'n karavaan-nagmerrie wees. Op sommige dele weet jy nie waar om te ry nie. Dit was vir ons 'n nagmerrie-ondervinding met die Honda met sy klein wieletjies. As die karretjie heelhuids daardeur is, is dit 'n absolute wonderwerk.

Ek is geheel en al genees van die N12. Die side-tippers tussen Kimberley en Britstown (waar hulle afdraai op die N10) het dié pad in sy moer gery. Ek het dit reeds gister gesê - ek trotseer baie eerder die trokke op die N1. Die kanse om my karavaan heel aan die ander te kry is sekerlik baie beter as met die N12.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 18/04/2026 - 18:41

Die erts vragmotors het die gedeelte van die pad geen gunste gedoen nie. Dit was twee jaar gelede toe ons dit laas gery het plek-plek al sleg, maar solank niks van voor af kom nie kon mens dit darem mis ry. Andersins het ek nie ‘n pyn met die roete nie behalwe vir die stuk deur Klerksdorp.

Weereens kan ons die ANC regering bedank dat hulle al die staatsinstellings deur hulle agterente getrek het. As Transnet nog gewerk het, was dit nie nodig om alles per pad te vervoer nie. Daar is natuurlik kaders wat gevestigde belange het in vervoermaatskappye, so hulle wil nie hê Transnet moet werk nie. Dis ook waarom die N1 so baie vragmotors het.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 18/04/2026 - 19:49

Dit is omtrent slegte nuus. Ek moet daai pad sleep Mokala toe, en nog af na Drie susters om by KarooNP te kom.

Ek het dit ook gesleep verlede jaar na Mokala en om dan by Britstown wes te draai na Carnarvon. 

Dit was toe nie so erg nie, maar as ek korrek onthou was die Strydenburg deel tot by Kambro effe rof/grof.

Ek sleep ook veel eerder die N1, daar is oorgenoeg dele wat dubbelbane is, om veilig by trokke verby te steek.  

0
Kaap

Goeie Hout

Sat, 18/04/2026 - 20:16

Mense ek het per ongeluk op die WASP s berth afgekom.

Nogal nie sleg nie.  Enige iemand kommentaar oor dit.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 19/04/2026 - 16:56

My berig op bl.4 gister oor ons reën.  Ons het vandag teen 15:00 nog 30mm reën gehad. Ek weet vir julle ouens daarbo in die land is reën deesdae geen nuus nie, maar vir ons ou drommels hier onder is dit 'n wonderlike ervaring want ons damme is heelwat leër as verlede jaar hierdie tyd.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Mon, 20/04/2026 - 09:52

Ons kry ook nou gereeld reën en het lanklaas my tuin uit die JoJo natgemaak. 

Nog goeie reën word voorspel. Wind is koud vanoggend maar later in die week word warm weer voorspel.

 

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Mon, 20/04/2026 - 10:26

Iets wat my nou al 'n rukkie opval en selfs onder my vriende is die negatiewe gedrag oor  die lewe en kla oor alles.

Praat nie van gesprekke waar mense goed bespreek en hulle daaroor uitlaat nie. 

Lees maar die kommentare en praatjies oor soos bv. nou Roelf Meyer(nie familie), rugby as jou span verloor, en sommer alles. Selfs dreigemente en slegmaak van alles waarmee jy nie saam stem nie. 

Ja dinge is beslis verkeerd maar mense het niks meer goed te sê nie en as hulle monde oopgaan is dit om te kla en sleg te sê.

Sjoe dit is 'n keuse wat jy self maak. Daar is nog baie goed en dinge wat reg loop en om  positief oor te wees.

Ons verkies om te bly glo en net gister het ek weer besef dat daar nog baie goeie mense is.

Opskrif is  Teenstrydig" want nou kla ek ook. smiley

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 20/04/2026 - 11:07

Praat jy nou van negatieg Jan. Kyk bietjie die koerante oor die skietvoorval gister in Emmarentia, JHB.

Blykbaar het 2 voertuie effe gestamp in die woonbuurt, raak die manne warm vir mekaar. Die een vrou stap kar toe, haal 'n vuurwapen uit, die ander party doen dieselfde. Die einde----een man dood, een vrou ernstig gewond. Kinders sit by die lyk van hulle pa in die pad en huil. Was dit nou die woede en ongeduld werd.

Padwoede en kroeggevegte neem toe, want mense het nie vrede en geduld met mekaar nie. ,  

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 20/04/2026 - 11:08

.............kort-kort oor die negatiwiteit van die lewe, dit voel vir my sommiges konsentreer net op die negatiewe aspekte van die lewe terwyl daar tog talle positiewe dinge rondom ons gebeur.  Miskien is dit vir sommiges lekkerder om oor negatiewe dinge te gesels en vind gesprekke oor die talle positiewe dinge vervelig.

Ek het egter agtergekom wanneer die jare in 'n mens se lewe begin aanstap, dan begin die geringste positiewe gebeurtenis in jou lewe werklik die moeite werd word en jy gesels graag daaroor. Wanneer jy egter jonger is waardeer jy nie jou daaglikse gesondheid nie en praat selde daaroor.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 20/04/2026 - 11:23

Ons moet darem net realisties bly. Almal van ons bly nie in DA-land nie. 

Ons kan nie ons oge sluit vir al die negatiewe dinge in die land nie;

korrupsie en bedrog

onbevoegde leierskorpse, hetsy stadsrade, regeringsvlak en staatsorganisasies

dienslewering wat moertoe is, paaie verval, dorpe versleg

Volstruispolitiek, regering ontken eerder dat daar probleme is, as om dit aan te spreek.  Die vasklou aan kommunistiese uitkyk, BEEE en wat se bollie nog. 

Dan kan ons nog buitelandse faktore/aspekte byvoeg.

Ek is oortuig dat positiewe utkyk, aldan nie, in grootmate bepaal word of jy 'n pensioenaris is, of vir jouself werk en of jy by 'n staatsinstelling werk.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 20/04/2026 - 12:05

Die mens is seker die mees aanpasbare organisme op aarde. Dit blyk duidelik oor hoe wyd ons verspreid is en hoe baie van ons daar is. 
 

Dis die probleem met agteruitgang en verval. Mens pas aan daarby. Mettertyd raak dit aanvaarbaar, en so daal standaarde. Die openbare en semi-staatsinstellings vir wie ons almal betaal om een of ander diens te lewer word nie aanspreeklik gehou nie, en ons wat belasting betaal subsidieër ‘n magdom wat geen bydrae lewer nie terwyl ons nie kry waarvoor ons betaal nie.
 

Ek verstom my telkens as ons ander provinsies besoek aan hoe die dorpe lyk. Dinge is nie perfek hier in die Wes-Kaap nie, maar dis darem aansienlik beter as in provinsies soos Noord-Wes en Limpopo.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 20/04/2026 - 13:51

..................betwis nie die feit dat daar hordes negatiewe aspekte in ons hedendaagse lewe is nie, maar dis vir my opvallend, soos Jan Meyer hierbo ook uitwys, dat dit deesdae by verre die mees algemene gebruik is om onder mekaar te kommunikeer oor negatiewe dinge. Ek kritiseer nie, al wat ek probeer sê hoe ouer 'n mens word, dink ek, merk jy meer op en is dankbaar vir positiewe dinge wat om jou gebeur. As ek op my hoë ouderdom tog nog in die Wildtuin kan kom en die natuur geniet, praat ek eerder daaroor as van my buurman wat sy musiek in die kamp te hard speel of die selfsugtige hou wat my nie 'n kans wil gun by 'n interessante besigtiging nie.

Luister maar na vereensaamde, bejaarde mense in 'n ouetehuis wie se kinders nooit of selde vir hulle kom kuier, hulle kla selde en glo vas die kinders se programme is so besig dis nie vir hulle moontlik om te kom kuier nie.

Om op te som, ek dink klagtes oor alle daaglikse dinge om ons word minder bespreek en meer positiewe dinge waaroor 'n mens dankbaar is word eerder bespreek wanneer die son in jou lewe begin sak. Daar is natuurlik talle uitsonderings waar dit nie die geval is nie, maar dis tog my waarneming in die kringe waarin ek deesdae beweeg.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 20/04/2026 - 14:57

...ek is seker die son sak nog nie in jou lewe nie.

wat 'n feit is, ons almal het baie redes om baie dankbaar te wees. Sekerlik is gesondheid die hoogste op die lys.

Chris S: moet asb my nie aktiveer om te begin kla oor ons plaaslike mislike-paliteit nie. Ek sukkel nou nan Oktober laasjaar om hulle fout reggestel te kry, en jy moet maar betaal, of dienste word afgesny.angrycrying

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 20/04/2026 - 19:57

Wat Neef wil noem, is nie kla nie, dit is n gewaarwording wat ek eers mee gesukkel het, probeer by myself die fout te kry, en toe tot ñ besef gekom het.

Tot onlangs nog het mense stil gebly waneer ek aan die woord was. En waneer iets bespreek was, het ons mekaar respekteer en opinies waardeer. Eerlik en reguit. 

Vandat ek my strooi beleef het, het due lyf baie afteruitgegaan, en ek lyk nou werklik soos ñ ou krom maargat omie met dun armpies en yl hare.

Dit is ongelooflik hoe baue mense jou met minder respek aanspreek en selfs ignoreer waneer jy so lyk. Hulle moet seker genot put daaruit?? Hiekom dan.

Die wat my goed ken is ook in twee gedeel. Hulle wat meermale moes luister, is nou uitdagend. Die waarmee goeie debat gevoer is, bly in lojale vriendskap. Maar hulle raak nou baie,baie min.

Dit is seker hiekom die ou Olifant bulle alleen loop. Ons bos is net te dig bevolk vir eenkant wees.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 21/04/2026 - 06:57

Dit het my nou aan die dink gesit, en meer nog selfondersoek na eie situasie.

Ek twyfel of dit slegs aan voorkoms toe te skryf is. Ek dink die diereryk se "ignoreer of uitskop styl", is moontlik van toepassing. 

Binne die konteks van 'n werkomgewing het ek ook soms die tweeledige gedrag ervaar. Die een groep wat leergierig bly, en besef dat ervaring punte tel, en oorgedra kan word. Die ander nuwer generasie wat uitdagend jou insette ignoreer. 

Wat ek menigmaal beleef het, is dat bewese ervaring en kennis oordraagbaar is, MAAR die vermoë om kreatief te dink en byvoorbeeld werkbare toerusting [werktuie] te kan ontwerp, nie oorgedra kan word nie.

Ek vermoed dat die hedendaagse denkwyse, dat rekenaars en sagteware  klinkklare antwoorde verskaf, daartoe bydra. Dit lei tot konflik met ons ouer garde wat  nog met gesonde begrip en logika dinge aanpak, bespreek en debateer. 

Laastens, sielkundiges en kop-analiste sal sekerlik  dadelik seg dat voorkoms, postuur en kleredrag, gesag en respek afdwing. Die lyftaal ding, en sagte wetenskappe wat ek weinig van verstaan. 

Seker maar soos Herman sê, ons is oud, lyk oud en die jonger generasie ignoreer ons. Nog erger vir my, as daar simpatiek in verkleinwoordjies met my gepraat word. Net daar raak ek mos dan volwasse bemoerak   

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 21/04/2026 - 08:44

Oom Neef, dit is glad nie lekker as mense jou misken nie. Ek weet hoe dit voel. Die twee gesinne wat oor Paasfees by Dwarswegstrand was terwyl ons daar was se kinders is saam met ons s’n op skool. Gevolglik is ons “vriende”.
 

Dis in aanhalingstekens want hoewel hulle aangename mense is wat ons waardes deel, is hulle aansienlik jonger as ek. Ek het mos laat weggespring met trou en kinders kry. As ons saam kuier, doen ek nie eers meer moeite om te praat nie. Dit gebeur keer op keer dat ek iets begin vertel, en hulle (die ander twee pa’s) net oor iets anders begin praat voor ek klaar is. By Dwarswegstrand het ek my die laaste paar dae onttrek van waar die volwassenes by iemand se staanplek kuier en eerder met die kinders gespeel. 
 

Ek glo darem tannie Von behandel Oom nie soos ‘n melaatse nie, en ons hier op die forum geniet altyd Oom se insette. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 21/04/2026 - 09:14

Sommer net vir interessantheid 'n opsomming van die kostes wat ek moes aangaan om visums vir ons komende besoek aan Roemenië te bekom omdat die Roemeense konsulaat in Kaapstad gesluit is. Ons moes noodwendig in persoon by die Roemeense ambassade in Pretoria verskyn.

Omdat ek vliegtuie en lughawens probeer vermy a.g.v. 'n aversie daarin na baie jare van binnelandse en buitelandse vlugte, het ek besluit om Pretoria toe te gaan met die motor. Mammie se Honda Brio is vir dié doel gebruik.

Eerstens - die gemiddelde brandstofverbruik van die Honda oor die 3 058km wat ons gery het was 15,8km/liter (oftewel 6,3 liter/100km). Totale koste vir petrol het R4 495 beloop (R1,47/km). Tolgelde het R197,50 beloop. Ons het 4 van die 6 aande in betaalde akkommodasie oorgebly. Die totale koste vir akkommodasie en maaltye het R7 479 gekos. Die hele trippie het my dus R12 171 uit die sak gejaag.

Om te vlieg sou my waarskynlik 'n bietjie minder gekos het. Maar ons het ook die plesier gehad om sommer 'n lekker wegbreek van die aangeleentheid te maak. En dan praat ek nie eens van die voorreg om die Karoo en Vrystaat in dié streke se allermooiste grasgroen voorkoms te sien nie. En die lekker uitspan en kuier rondom 'n braaivleisvuurtjie by Travalia gasteplaas (2 keer) en Aldam was ook lafenis vir die siel. In Kimberley het ons by El Toro Selfsorg (deur Lekkeslaap bekom) oorgebly - 'n puik plek wat ek met vrymoedigheid vir enigeen kan aanbeveel.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 21/04/2026 - 10:35

Dit is ongelooflik hoe baie mense jou met minder respek aanspreek en selfs ignoreer waneer jy so lyk. Hulle moet seker genot put daaruit?? Hiekom dan.

 Sjoe Herman, dit moet 'n bitter pil wees om te sluk.  Ek moet egter sê, dit is gladnie hoe ek my oudword en siektegeskiedenis ervaar nie.  My vriendekring, (hoewel uitgedun op ons ouderdom), is almal nog daar en jonger mense, ons kinders se vriende en selfs vreemdes behandel my met die grootste respek.  Ons bure (jonger mense as my eie kinders) is dierbare mense en behandel my met die grootste respek en noudat ek alleen is, bring gereëld vir my 'n bord kos.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus