Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hoedspruit lughawe??? November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Klaserie lughawe - Neef Herman November 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Voolie en Piet.... November 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Wonderlik Voortrekker. Mag… November 2026 neef Herman -2 hours ago
Klaserie? Len gaan weer Kruger Wildtuin… neef Herman -2 hours ago
32,5 °C is vir ons heel… November 2026 neef Herman -3 hours ago

Kruger 2027

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Dis tyd om te begin beplan aan volgende jaar se toere. Ek, Chris B en Chris S is klaar besig om planne te beraam vir 'n kuier in wille Kruger tuin.

Die 40% afslag tyd vir volgende jaar is as volg vir  SANPARKE kampering;

3 Mei tot 23 Junie

16 Augustus tot 21 September

8 Oktober tot 26 November

Besprekings vir Mei 2027 open 2 Junie 2026, dus is tyd min.  

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 23/04/2026 - 18:08

My e-pos is klaar getik - reg om net voor 2 Junie na EZI Bookings gestuur te word omdat ek nie op daardie dag sal kan bel nie. Ek vertrou dat ek wel gehelp sal word vir Mei se gryskop-afslagtyd. Dan verlang ek nog 'n verdere 4 aande in Junie, waarvoor ek eers in Julie kan skakel.

Ons beplanning is om van suid na noord deur die wildtuin te toer wat die volgende kampe insluit: Malelane, Krokodilbrug, Onder-Sabie, Satara, Letaba, Tsendze, Shingwedzi en Punda Maria. My beplanning maak voorsiening vir 34 aande in die wildtuin.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 23/04/2026 - 18:13

...ek het nogal gedink jy sal boontoe werk om by die eiland te eindig.

Gaan jou seun op 'n stadium by jou aansluit?

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 23/04/2026 - 18:41

Kan nie sê nie Wessel. Hulle (my seun) gaan saam met vriende vir die hele komende wintervakansie Eiland toe en los die karavane daar vir 'n 2-nag wegbreek Shingwedzi toe. Ek weet nie wat sy planne vir volgende jaar is nie.

En ja, ek beplan om volgende jaar na die wildtuin vir sowat 3 maande (Jun/Jul/Aug) by Eiland te gaan sleg wees. Ons sal ons maar laat lei deur gesondheid en die bankbestuurder. Die aanvanklike idee was om 'n bietjie deur Namibië te gaan toer. Maar nou is die planne om Feb/Mrt in Hentiesbaai te gaan hengel - ek, Ralie, my seun en skoondogter. En buitendien - my beterhelfte verlang Eiland toe (een van haar hart se punte).

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 25/04/2026 - 13:31

... is Sanparke se webblad 'n bietjie agter? Alhoewel besprekings al oop is vir Mrt/Apr 2027, wys die webblad slegs tot end-Feb beskikbaarheid - alhoewel besprekings al oopgemaak het. Of het ek die kat aan die "aerial" beet?

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 25/04/2026 - 13:56

Dit het die 21ste oopgemaak vir inbel en 22ste vir aanlyn. Ek het Dinsdag per foon bespreek vir Kgalagadi en Krugerwildtuin vir Maart/Apr 2027 en beide se depositoversoek briewe dieselfde dag ontvang.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 25/04/2026 - 15:02

Jy het nie vrot gekyk nie. Ek het ook paar keer die week probeer kyk en kon ook net tot Feb'27 kom.

Sanparke het seker nou bygekom, soos Geert aantoon.  

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 25/04/2026 - 15:46

As ek op my foon ingaan op die Sanparks-web, maak dit tot end-Apr oop. Maar toe ek hierbo getik het, het dit op 'laptop' net tot end-Feb gewys.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 25/04/2026 - 16:04

Ek het gou met gewone PC ingegaan en kon ook oopmaak tot einde April'27.

Ek kan begryp dat Sanparke vertraag is, maar jou foon en laptop moet tog dieselfde info by Sanparke kan vind

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 28/04/2026 - 22:07

Ek het nog nie besluit watter tydslot ons gaan neem vir 2027 nie. Daar is 2 opsies wat ons oorweeg. Of die 2 weke voor 23 Junie of 2 weke vanaf 16 Augustus. Geneig om meer na die Augustus opsie te mik

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 19/05/2026 - 11:18

Ek gaan weer bespreek soos vir vanjaar, hopenlik is sandvlooie dan dood of getrek.

Ek gaan probeer om 3 Mei in Malelane te begin, dan Skukuza, Satara, en poeding, Tsendze laaste.

Phalaborwa Safari park is so gaaf, hulle hou my geld op krediet vir 6 maande, om ander bespreking te maak. Met die dat die vlooie ons verdryf het, verval my bespreking by hulle vir die maand.. Dus, sodra ek bespreek het in willetuin, kan ek ooreenkomstig by hulle ook bespreek.    

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 19/05/2026 - 12:02

Forever resorts is baie tegemoedkomend as dit by kanselasies kom. Toe ons paar jaar terug by Blyde rivier gekampeer het, het dit vir ons te lank gevoel. Ons het op baie kort kennisgewing 2 dae gekanseleer en kon toe fondse aanwend vir ons bespreking by Phalaborwa....geen penalties nie

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 02/06/2026 - 09:27

Na 'n lang aanhou, is my oproep seker na 12 minute beantwoord.

My bespreking sien as volg daaruit;

Malelane: 3-6 Mei

Skukuza: 6 - 12

Satara: 12-18

Tsendze: 18-24 Mei

Hopenlik is die sandvlooie dan iets van die verlede.

Ek het sommer dadelik 'n epos na Mopanie gestuur om 'n staanplek te bespreek, volgorde van keuse is 28,26, 29. Nou die geduld om te wag en te hoor. 

 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Tue, 02/06/2026 - 10:03

Dink jou besprekings datums het dalk 'n ingeboude foutlyn? Stel voor jy vind eers uit watter datums die sand vlieë en/of vlooie bespreek het en dan seker maak dit oorvleuel nie met joune nie Wesseldevil

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 02/06/2026 - 11:19

...met sulke advies komende van vriende af, het mens nie rus vir senuwees nie.

Die risiko en waarskynlikheid het vlietend deur my kop gevlieg, maar ai tog, die lus vir Kruger en veral Tsendze kampie hang vêr uit.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 02/06/2026 - 14:46

Hopenlik is die sandvlooie dan iets van die verlede.

....en Malelane se boomlose, skewe staanplekke en min kragpunte laugh

Ek was verbaas om te sien dat jy Malelane weer op jou lys geplaas het na die onaangename ervaring wat jy daar ervaar het tydens onlangse besoek?

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 02/06/2026 - 16:34

Geert, ek gaan mos "movers" hê. 

Mag vreemd klink, my beterhelfte verkies Malelane vêr bo Berg en Dal.

Nou ja, ons manne neem mos die klein besluite, soos wat se trokkie koop mens, die manninne die groot besluite soos watter Kruger kampe en tipe boswa.laughcrying 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus