Dis tyd om te begin beplan aan volgende jaar se toere. Ek, Chris B en Chris S is klaar besig om planne te beraam vir 'n kuier in wille Kruger tuin.
Die 40% afslag tyd vir volgende jaar is as volg vir SANPARKE kampering;
3 Mei tot 23 Junie
16 Augustus tot 21 September
8 Oktober tot 26 November
Besprekings vir Mei 2027 open 2 Junie 2026, dus is tyd min.
Chris B ...
...ek het nogal gedink jy sal boontoe werk om by die eiland te eindig.
Gaan jou seun op 'n stadium by jou aansluit?
Kan nie sê nie Wessel. Hulle…
Kan nie sê nie Wessel. Hulle (my seun) gaan saam met vriende vir die hele komende wintervakansie Eiland toe en los die karavane daar vir 'n 2-nag wegbreek Shingwedzi toe. Ek weet nie wat sy planne vir volgende jaar is nie.
En ja, ek beplan om volgende jaar na die wildtuin vir sowat 3 maande (Jun/Jul/Aug) by Eiland te gaan sleg wees. Ons sal ons maar laat lei deur gesondheid en die bankbestuurder. Die aanvanklike idee was om 'n bietjie deur Namibië te gaan toer. Maar nou is die planne om Feb/Mrt in Hentiesbaai te gaan hengel - ek, Ralie, my seun en skoondogter. En buitendien - my beterhelfte verlang Eiland toe (een van haar hart se punte).
Kyk ek vrot, of ...
... is Sanparke se webblad 'n bietjie agter? Alhoewel besprekings al oop is vir Mrt/Apr 2027, wys die webblad slegs tot end-Feb beskikbaarheid - alhoewel besprekings al oopgemaak het. Of het ek die kat aan die "aerial" beet?
Besprekings is oop
Dit het die 21ste oopgemaak vir inbel en 22ste vir aanlyn. Ek het Dinsdag per foon bespreek vir Kgalagadi en Krugerwildtuin vir Maart/Apr 2027 en beide se depositoversoek briewe dieselfde dag ontvang.
As ek op my foon ingaan op…
As ek op my foon ingaan op die Sanparks-web, maak dit tot end-Apr oop. Maar toe ek hierbo getik het, het dit op 'laptop' net tot end-Feb gewys.
Mei 2027
Ek gaan weer bespreek soos vir vanjaar, hopenlik is sandvlooie dan dood of getrek.
Ek gaan probeer om 3 Mei in Malelane te begin, dan Skukuza, Satara, en poeding, Tsendze laaste.
Phalaborwa Safari park is so gaaf, hulle hou my geld op krediet vir 6 maande, om ander bespreking te maak. Met die dat die vlooie ons verdryf het, verval my bespreking by hulle vir die maand.. Dus, sodra ek bespreek het in willetuin, kan ek ooreenkomstig by hulle ook bespreek.
Forever resorts
Forever resorts is baie tegemoedkomend as dit by kanselasies kom. Toe ons paar jaar terug by Blyde rivier gekampeer het, het dit vir ons te lank gevoel. Ons het op baie kort kennisgewing 2 dae gekanseleer en kon toe fondse aanwend vir ons bespreking by Phalaborwa....geen penalties nie
Strydoms se datums...
Na 'n lang aanhou, is my oproep seker na 12 minute beantwoord.
My bespreking sien as volg daaruit;
Malelane: 3-6 Mei
Skukuza: 6 - 12
Satara: 12-18
Tsendze: 18-24 Mei
Hopenlik is die sandvlooie dan iets van die verlede.
Ek het sommer dadelik 'n epos na Mopanie gestuur om 'n staanplek te bespreek, volgorde van keuse is 28,26, 29. Nou die geduld om te wag en te hoor.
Sandvlieë, vlooie...
Dink jou besprekings datums het dalk 'n ingeboude foutlyn? Stel voor jy vind eers uit watter datums die sand vlieë en/of vlooie bespreek het en dan seker maak dit oorvleuel nie met joune nie Wessel![]()
Grootwind...
...met sulke advies komende van vriende af, het mens nie rus vir senuwees nie.
Die risiko en waarskynlikheid het vlietend deur my kop gevlieg, maar ai tog, die lus vir Kruger en veral Tsendze kampie hang vêr uit.
Dis hoekom ekke die strand…
Dis hoekom ekke die strand verkies...net sulke klein sand krappies, en die is eintlik heel vriendelik!
Ek behou my my grondwetlike…
Ek behou my my grondwetlike regte voor om niks te sê! ![]()
Malelane
Hopenlik is die sandvlooie dan iets van die verlede.
....en Malelane se boomlose, skewe staanplekke en min kragpunte ![]()
Ek was verbaas om te sien dat jy Malelane weer op jou lys geplaas het na die onaangename ervaring wat jy daar ervaar het tydens onlangse besoek?





My e-pos is klaar getik -…
My e-pos is klaar getik - reg om net voor 2 Junie na EZI Bookings gestuur te word omdat ek nie op daardie dag sal kan bel nie. Ek vertrou dat ek wel gehelp sal word vir Mei se gryskop-afslagtyd. Dan verlang ek nog 'n verdere 4 aande in Junie, waarvoor ek eers in Julie kan skakel.
Ons beplanning is om van suid na noord deur die wildtuin te toer wat die volgende kampe insluit: Malelane, Krokodilbrug, Onder-Sabie, Satara, Letaba, Tsendze, Shingwedzi en Punda Maria. My beplanning maak voorsiening vir 34 aande in die wildtuin.