Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Met Tequila Spek gerolde KaasJalapenos Rona du Plessis -3 hours ago
Beetsop Ertjie Sop! - Hester Kruis Jan Meyer -5 hours ago
KI-oor die muur Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -6 hours ago
Nou's ek honger!.... Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -12 hours ago
Snert Ertjie Sop! - Hester Kruis Geert -15 hours ago
My jonger suster ... Ertjie Sop! - Hester Kruis Chris Boucher -15 hours ago

Ons Karooplaas en Karoowater

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Ek beplan 'n toer Suid Kaap toe. Ek wil die passe Seweweekspoort, Wapadkloof en Garcia gaan besigtig. 

Wie het kennis/ervaring van die twee kampplekke;

1] Ons Karooplaas: Dit is tussen Laingsburg en Seweweekspoort, naby plekkie Vleiland

2] Karoowater: Dit is naby Calitsdorp. 

Daarna dalk gaan oorbly [wegwaai] by Jongensfontein, of by Dwarswegstrand soos 'n welgestelde pensioenaris wink.  

Of, van Jongensfontein na Bellville om na my finansiële belange  te gaan omsienlaugh

Die toer idee is 'n alternatief teenoor Kalahari toe. sad

 

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 23/04/2026 - 18:02

Ek ken nie genoemde kamplekke nie, maar Seweweekspoort is pragtig - amper moeilik om 'n keuse tussen Seweweekspoort en Meiringspoort te maak as gunstelinge. In my jonger dae baie deur Seweweekspoort gery na en vanaf Vleiland waar ek vrugtedroërs besoek het (hoofsaaklik appelkoosboere gewees).

0
Kaap

Goeie Hout

Fri, 24/04/2026 - 07:50

Wessel.  Ken nie baie nie.

Op Calitzdorp is daar n paarkie wat n karavaan park op die trein stasie gebou het.  Was nogal iets anders.  Kroeg was altyd oop, so ek kon lekker kuier.  Calitzdorp accommodation and camping.  Ablusie biekie oud, maar heel nice.

Geniet dit.

0
Pretoria

Geert

Mon, 27/04/2026 - 06:38

Ek ken glad nie hierdie 2 oorde nie, maar het nounet n foto gesien wat iemand geplaas het van hul kampeer setup waar hul kampeer die lang naweek by Karoowater. Dit wat ek sien lyk netjies...plaveisel en netjiese gras en mooi veld in agtergrond

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus