Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -2 minutes ago
Hennie's toe vanaand Springbok rugby Rona du Plessis -2 hours ago
1997 Isuzu November 2026 Goeie Hout -3 hours ago
1997 Isuzu November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Len... November 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Geert o Geert.... November 2026 Wessel Strydom -5 hours ago

April saamgesels

Pretoria
Profile picture for user Geert
Submitted by Geert on
Forums

Gehoop die diesel verhoging is n April grap, maar lyk my nie so nie. Lekker van hierdie maand is dat ons eerste fotos weer kan verwag van Wildtuin trippies deur ons forum lede. 1ste op die lys is Rona....behalwe as mnr Boucher Pretoria per ongeluk tog mis rylaugh

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 27/04/2026 - 08:17

Ons gebruik slegs Tabard-room wat ons net voor sons-ondergangtyd aansmeer en ook indien ons vroegoggend (nog skemer) opstaan. Op ons ouderdom gebeur laasgenoemde egter deesdae baie min. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 27/04/2026 - 08:42

Dankie vir die terugvoer, ons sal dan ook volstaan met die gewone aansmeer middels, soos Tabard, Peaceful sleep, en sitronella lampies onder tent laat brand.

'n Lekker ene is die emmertjie met Sitronella kerswas. Dit vervoer maklik, geen olie wat kan omval en uitloop nie.

Rona: dankie vir die herriner aan die sitrusvrugte se aantrekkingskrag vir die ou groot ore lastige diertjieslaugh

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 27/04/2026 - 09:20

dankie vir die herriner aan die sitrusvrugte se aantrekkingskrag vir die ou groot ore lastige diertjieslaugh

Watse reuk sal hul afsit dat hul sal wegloop van jou kar?

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 27/04/2026 - 09:54

Ek is maar 'n ou bangat. Ons het voor my aftrede 18 jaar gelede in Zimbanwe en Angola gebly en die gebruik was daar meer algemeen om nie muskiet medikasie te gebruik nie. Maar ek het met my eie oë gesien die gevolge van mense wat malaria opgedoen het, selfs vir jare na dit opgedoen is.

Dus, ek en Annatjie het, gegewe ons twee se wankelende mediese geskiedenis, nooit ons voete in die Kruger Wildtuin gesit sonder om malaria-pille te drink nie. Ons huisdokter vir die afgelope 21 jaar hier in Kaapstad het in Nelspruit groot geword en beveel baie sterk aan dat 'n mens versigtig moet wees om jou ore uit te leen as jy 'n besoeker is in 'n malaria geteisterde omgewing en is van mening dat 'n mens die regte medikasie as voorsorgmaatreël moet drink.

Baie mense is gelukkig om sonder medikasie nie Malaria op te doen nie, maar as ek dit gaan waag sal ek seker een van die ongelukkiges wees.

Dus, ek sal maar hoes en my duur Mozitek drink as ek in Augustus Wildtuin toe gaan.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 27/04/2026 - 12:14

Stem saam met jou Len. Ek het malaria gekry selfs nadat pille gebruik was. Was sommer bitter siek. Vang dit jou sleg.. is dit verby.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 27/04/2026 - 12:19

Vanoggend die spoor naby die huis. Lekker fris Luiperd mannetjie 95 x 95 mm spoor. Kon lekker spoorsny en het dit gevolg. So lang draai hier onder die huis geloop, omgedraai en sowat 1km verder in digte bos ingeloop. Op díe stadium was Giep se senuwees gedaan, hare regop en snuif heeltyd. 

Spoor.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 27/04/2026 - 12:27

...bly dat jy nog die storie kan vertel. Ek aanvaar jy en Giep het nie agter die spoor aan in die bos ingeloop niewink

Is daar darem iets te ete vir die luiperd, soos hoender, mak hanslam, melkkoei of net kleinwild?? 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 27/04/2026 - 12:35

My seun-hulle en vriende het die langnaweek by Onrus gekamp. Vrydagaand was daar verskeie voorvalle van diefstal in die kamp. Hulself het 'n gasbottel, Nike tekkies en 'n "boom box" verloor.

'n Paar jaar gelede het Onrus se kampeerterrein lelik deurgeloop onder diefstal. Maar onlangse verslae was dat dit nie meer die geval is nie. Nou wonder ek.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 27/04/2026 - 12:53

Jou huis kwakkensalwer is heeltemal reg Len. Ek kan verstaan dat as mens in 'n malaria gebied woon jy nie permanent die nodige pille ("prophylaxis") kan drink nie en eerder op ander voorsorg maatreels moet staatmaak. Maar ek sou dink dis om met die leeu se agterkant te speel deur nie die nodige pille te drink nie. Die "waarhede" wat verkondig word deur mense wat nie medici is nie is nie feitelik nie en meestal gebaseer op fabels wat gewoonlik begin met "Piet my vriend het nog nooit malaria gekry nie en hy smeer net Tabard aan..en hy spandeer elke jaar 'n maand in die Kruger Wildtuin". Uiteraard is die aansmeer van Tabard saam met pille beter voorsorg as net pille...amper soos jou motor se ABS remme wat saam met veiligheids gordels en lugsakke 'n holistiese veiligheids stelsel vorm...probeer 'n ongeluk verhoed (ABS), indien nie moontlik nie, probeer beserings verhoed (gordels en lugsakke). Party mense, soos ekke, is nie aantreklik vir muskiete nie, daarenteen is Vroulief 'n magneet vir enigiets wat byt. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 27/04/2026 - 14:24

....het jy gevorder met die tent modifikasies wat julle wil laat aanbring? Goeie tentmaker gevind??

0
Sandbaai

maurits1

Mon, 27/04/2026 - 18:05

Chris, jammer om van die diefstal te hoor. Ek het dit by ons DA verteenwoordiger aangemeld. Sy sal ingaan op die saak. Die mense moet n slag in die bek geruk word. Ek pleit lankal dat hulle die kamp privatiseer . Groete. Maurits

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 27/04/2026 - 20:05

In antwoord op Wessel se vraag. Tans praat ek met sowat 2 of 3 tentmakers...Het ook met Koos Mol kante geraak, hy het destyds ook dieselfde Sensation as ons gehad en ook die se tent laat modifiseer soos wat ons in gedagte het. Sal seker in die komende week besluit neem wie en wat ek kan bekostig.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 27/04/2026 - 20:13

Wat diefstal by kamp plekke aanbetref dink ek die soort van ding is siklies. 'n Sindikaat wat toesak op een plek en as dinge te warm raak weer skuif na 'n ander plek toe. Maar dit bly onaangenaam as mens aan die ontvangskant is. Touch wood, ons kamp nou al jare lank elke jaar vir 'n paar weke by Scotties en al staan ons met basies niks tussen ons en die strand nie het ons nog geen diefstal ervaar nie. Ons het wel 'n alarm in die tent sowel as die wa, en ons los lankal nie meer waardevolle items binne sig nie. Die laaste klompie jare is daar egter sekerheids patrollies snags asook sien mens die plasslike SAPS vangwa met flitsende blou ligte ook deur die park patrollie ry so paar keer snags.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 28/04/2026 - 06:06

Lyk my daar is n groot probleem ten op sigte van diefstal by Onrus. Onlangs ook op facebook gelees van iemand wat deurgeloop het. Op CP forum lees ek n draad waar n kampeerder 4x aande daar kampeer het en in daai 4x aande 2x beroof is. Soos Grootwind noem van oop oorde by Scotties.....daar is hordes Natalse kus oorde wat bitter maklik toegang verkry kan word. Ek dink die groot voordeel wat Natalse kus oorde het is dat mens gou n Nie vakansie ganger of Nie- kampeerder sal kan identfiseer wat in die oord sou rond dwaal

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 28/04/2026 - 06:41

...is dalk die probleem. Vind die diewe hulle pad oor of deur 'n gat in die heining. Laasgenoemde kan ook die hekkie wees wat na die strand/getypoel toe gaan. 

Word die goedere bo-oor die heining aangegee vir helpers buite? Ek kan nie meer onthou of die hoofhek deurnag bewaak is nie.  

Lank gelede het ons gekamp naby Gonubie, in oord genaamd VSA. Die hoofhek is van binne per voertuig ge-aktiveer om oop te gaan. Die jaar word daar toe 'n klomp "sekuriteit " personeel op kontrak ingeneem, vir Desember vakansie. Vinnig het hulle agtergekom om vroegoggend  'n voertuig te laat inkom, wat op verlate plek net parkeer word. Steel/gaps deur die dag en vroegaand, om dan ongesiens laatnag net op eie uit te ry.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 28/04/2026 - 06:42

Ek skryf nounet nog oor Natalse oorde,  gaan op facebook en daar lees ek n geval waar n local fietse probeer steel het by Rocky Baai. Hulle het hom gevang

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 28/04/2026 - 06:43

Ek skryf nounet nog oor Natalse oorde,  gaan op facebook en daar lees ek n geval waar locals fietse probeer steel het by Rocky Baai. Hulle is gevang

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 28/04/2026 - 08:49

...het julle enige las gehad van sandvlooie toe julle nou in Satara gekamp het?? Vriende vertel my dat hulle 'n erge plaag sandvlooie daar en in Satra ervaar het.

Dan natuurlik, wat kan mens voorkomend gebruik daarvoor?? Grondseil met Dettol, Jeyes Fluid, Fedona, bloekomolie en wat nog spuit.  Of wat smeer ek aan myself, behalwe knerts brandewyn inwendig aangewend??

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 28/04/2026 - 09:15

Die enigste wat keer dat sandvlooie jou byt is om baaaie knoffel te eet! Aangesien jy ook so lief is daarvoor behoort jy nie 'n probleem te hê nielaugh Net 'n grappie.

Gelukkig het ons nêrens 'n probleem met sandvlooie gehad nie. Ek weet ook nie raad daavoor nie. Dettol, bloekomolie....ens. sal nie vir ons werk nie - wat mens ruik, so smaak jou kos en sappies ook. Moontlik 'n hele paar knertse brandewyn sodat jy nie weet wanneer jy gebyt word nie??laugh

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 28/04/2026 - 10:15

Dis 'n lieflike herfsdag hier in Brackenfell, Kaapstad vandag, met geen wind en erge koue soos voorspel nie, net lekker koel.  Na die lekker reën die afgelope week is alles skoon met 'n lekker nat-grond reuk in die lug. Die droë, bruin grasperke van die Kaapse somer het skielik verkleur met 'n pragtige groen synsel.

So 'n dag oorheers sommer in 'n mens se gedagtes al die lelike en onheil in die wêreld en hier plaaslik by ons wat ons deesdae moet verduur.

Ek hoop elkeen van julle ervaar ook 'n heerlike dag.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus