Indien alles volgens plan verloop, vertrek ons op 4 Mei om vir 6 weke by ons ver kinders te gaan kuier. Ons vlugkaartjies is bespreek en betaal (daaroor 'n bietjie meer later) - met Turkish Airlines via Istanbul. Ons vertrou dat dit sal realiseer en dat Trompie en Netanyahu nie ook 'n aptyt vir Turkye (ook 'n Moslem-land) sal ontwikkel nie. Ons het reeds verskeie kere met Turkish Airlines gevlieg - 'n uitstekende redery - en verkies om met hulle te vlieg want ons kan direk uit Kaapstad tot Istanbul vlieg. In beide rigtings het ons 'n ideale "lay-over" tyd in Istanbul (ek verkies 2 - 3 uur). En die vlugte tussen Istanbul en Bucharest is beswaarlik 'n uur - ons vind dit gemaklik.
Ons e-visum aansoeke is afgelope Vrydag ingedien. Nou wag ons in spanning om te verneem wat die volgende stap is. Ons aansoeke is weer na die Roemeense konsulaat in Kaapstad verwys vir "validation". In die verlede het ons altyd ons visums by die Kaapse konsulaat bekom. Maar 'n kennis hier van Kleinmond het ons onlangs ingelig dat sy na die ambassade in Pretoria moes gaan vir haar visum. Dit het klaarblyklik verander sedert Roemenië deel geword het van Schengen. Ons vertrou dat hulle intussen dalk hulle stelsel verander het sodat dit nie nodig is om Pretoria toe te reis nie. Indien ons wel Pretoria toe moét gaan, sal ons poog om sommer 'n plesierreis daarvan te maak.
Ek sal hier terugvoering gee soos wat ons voorbereidings ontwikkel.
Dankie Geert. Ek het my…
Dankie Geert.
Ek het my wekker gestel vir 06:00 vanoggend ten einde rustig eers koerant te lees saam met my oggendkoffie alvorens ek die laaste paar dinge doen wat vanoggend nog gedoen moet word. Maar nadat my blaas my om 04:25 opgejaag het, het ek helder wakker gelê en dink aan dít wat tydens die volgende 24 uur+ voorlê. Toe maar 05:00 opgestaan en gaan koffie maak. En hier sit ek nou, kompleet soos 'n 72-jarige. Watter voorreg om só geseënd te wees dat ek nog die gesondheid en middele het om hierdie trippie te kan aanpak.
Ek beoog darem om so nou en dan ietsie te plaas onder hierdie gesprekslyn.
Baie geluk met jou…
Baie geluk met jou verjaardag Chris, nog baie geseënde jare vir julle saam en gaan geniet julle kuiertjie.
Dankie Johan
Ek glo dat jy en Nellie kuier reeds lekker daar in Montagu. Ons lekker kuier lê eintlik eers van môre af voor. Ten spyte van die feit dat ek altyd sê dat my vakansie begin die oomblik as ek van die huis af vertrek, kan ek nie dieselfde sê van 'n 12 uur-lange ongemaklike vlug nie.
Veels geluk Chris
Wens vir jou 'n goeie dag en mooi jaar wat kom. Geniet die kuier by julle kinders. Ons sal terugvoer en foto's baie waardeer. Daar's nog tyd - onthou die tennisballe (leen by die kleinkinders)![]()
En so wag ons

En so sit die 2 oumense en wag vir hulle vlug om te board. Kyk net die ouman se klomp nekvelle en plooie. Hoe dan anders op 72
Chris ondervind tans…
Chris ondervind tans probleme om aan te teken vanaf Roemenië. Gaan goed met hulle. Nog nie regtig somer nie.
Forbidden
You don't have permission to access this resource
Apache server at kanpforum.co.za Port 443
Boodskap van Chris
Chris het ook die volgende gestuur: " Hi Rona - Ons het voorspoedig, maar gatlam, gereis en kuier lekker rustig hier in Câlârasi, Roemenië.....Ek kan glad nie in Kampforum van hier af "inkom" nie (wys vir my ek is "forbidden") - alhoewel ek geen ander internet probleme ervaar nie. Nou my versoek - wil jy nie net noem op die forum dat ek glad nie kan "inkom" nie. Met die gevolg dat ek niks kan "post" nie."
Dis so jammer want ons sien nogals uit daarna om te hoor van hulle kom-en-gaan. Miskien kan Voortrekker help - sal hom probeer kontak.
Voortrekker se antwoord
"Ek moes ongelukkig iets in plek gesit het agv spammers en scammers en duisende bots!"
Die boodskap aan Chris ook oorgedra wat sê dat hy begrip het vir die besluit.
Aan die einde van hierdie lang vakansie gaan ons darem sekerlik 'n lekker stukkie met klomp foto's hê om te lees en te geniet.
Jammer.....
dat die tyd by die kinders miskien vir julle te gou verby is, maar welkom terug. Ons het jou nogals gemis hoor
Tussen uit- en inpakkery moet jy ons maar ingelig hou.
O ja! Ek sien uit na die foto van jou saam met die "outoppies" onder die koeltebome, bier in die hand.
Welkom terug ChrisB
Bly julle is veilig terug.
Sterkte met die in uit en inpak.
Dit was ...
... so 'n bietjie van 'n frustrasie om nie op hierdie forum te kon "inkom" terwyl ons in Roemenië was nie. Maar ek het volle begrip vir die rede agter Anton se besluit om 'n "block" te plaas vir aanmelding vanuit die buiteland.
Ek hou daarvan om daagliks (sover moontlik) terugvoering te gee, want mens vergeet - op my ouderdom - van dinge wat jy beleef het wat andere dalk interessant mag vind. Veral as jy eers 6 weke later dit op skrif wil sit.
Nietemin - ons het 'n aangename tyd saam met ons kinders geniet. Mei-maand is volblomtyd vir (soos ons dit ken as Canola) en tussen Bucharest en hulle tuisdorp Calarasi was dit omtrent net een lang geel tapyt van blommende OSR - Oil Seed Rape soos dit bekend staan in Europa.
Die weer gedurende vroeg-Mei was maar wispelturig - my ma het die uitdrukking gebruik "wisseltreurig". Maar dit was kortbroek en T-hemp weer. Vanaf end-Mei het die vroegsomer temperature begin kop uitsteek en was dit soms amper te warm na my sin. Behalwe vir die week in Noorweë toe dit meestal koeler reënerige dae was.
My kinders is intens betrokke by gestremde mense - of soos hulle eerder na diegene verwys as "special needs people". Ons het uiteraard ook baie ingeskakel met aktiwiteite wat vir dié mense aangebied word. "Special needs" sluit o.a. in mense wat liggaamlik en/of verstandelik gestrem is. Sommiges kan jy beswaarlik glo dat hul enigsins gestremd is. Maar ai - as ek net met die mense kon kommunikeer. Selfs die meeste van die ouers wat hulle gewoonlik vergesel kan slegs Roemeens praat. En ek verstaan natuurlik nie 'n woord Roemeens nie. Dan voel ek só sleg as hulle spontaan en vol geesdrif met my praat en ek staan daar soos 'n zombie met 'n bek vol tande.
Slegs 2 dae nadat ons daar aangekom het, is ons genooi om hulle (die "special needs" mense) se Europa-dag by te woon. Watter belewenis om die disse van verskillende lande te proe. Griekeland se disse is as wenner aangewys.
Meer sal volg.
Dagtoer
Genoemde "special needs" mense het ons saamgenooi om 'n daguitstappie per bus mee te maak op Donderdag 16 Mei. Met die uitsondering van enkele mense wat Protestants is, is die meeste Roemeense gelowiges Roemeens Ortodokse lidmate. En dit is ook die geval met bykans alle "special needs" mense en hul ouers. Die daguitstappie het dus grootliks bestaan uit besoeke aan Roemeens Ortodokse "monastries". Nietemin was dit baie interessant - pragtige geboue. Ek kon my verkyk aan die mense se rituele. By elke 'monastrie" word die afdrukke van elke sogenaamde heilige gekus en word daar in rye gestaan sodat die priester hulle kan seën deur elkeen met olie te salf en met 'n houtkruisie voor die kop te tik. Hier volg 'n paar foto's van sommige "monastries".






Pragtige foto's....
en dankie vir die interessante inligting. Ek gaan al die vertellinge baie geniet aangesien ons Romenië waarskynlik nooit sal besoek nie, maar steeds meer van sulke plekke wil hoor en sien. Op die www is inligting beskikbaar, maar om van persoonlike ondervinding te lees maak 'n groot verskil. Hoor graag meer.
Terug ... ... by die huis. Maar die groot uitpak is tans aan die
Ag asb die uitpak.
Dis nie n probleem nie.
Wat is nou groeter daaraan.
Cluj, ...
... waar een van Roemenië se bekenste universiteite is, was vir 3 aande ons tuiste. My dogter en een van haar Noorweegse medewerkers is genooi om 'n "retreat" vir sendelingvroue by te woon. Ons was 21 jaar gelede, tydens ons eerste besoek aan Roemenië ook in Cluj - maar ons kan nie veel van die stad onthou nie.
Nietemin - dit is 'n pragtige plek geleë in een van my Roemenië se mooiste dele. Ons het nogals in 'n "posh" hotel gebly.

Die dames het ook 'n paar uur vrye tyd in die namiddae gehad. Die eerste middag het ons bietjie gaan ronddrentel in die "ou stad". Jy kry amper 'n gevoel van Parys met menigte straatrestaurante.



Die Roemene het 'n intense trots in hulle landsvlag. Nie net word dit in strate vertoon nie, maar voor die eenvoudigste huise wapper die helderkleurige rooi, geel en blou.

Ek was vergesel deur drie aanvallige dames.

En het die vreemdste koffies gedrink (deels geëet).


Ons het daardie aand ook die geleentheid gehad om 'n glasie te klink op kleinsus (ons kleindogter) se suksesvolle verwerwing van haar bestuurderslisensie vroeër die dag.

Salina Turda - Deel 1
Terwyl ek nou die tyd tot beskikking het, kan ek 'n bietjie verdere terugvoering gee oor ons Roemeense besoek.
Voor ons vertrek na Roemenië het Gerrie Pretorius met sy jongste reeks Leef jou reis twee episodes gewy aan Roemenië. O.a. het hy 'n historiese soutmyn, Salina Turda, besoek. Toe ek by my dogter navraag doen of hulle al daar was, het sy gesê dat sy weet van die myn en dat dit in die omgewing van Cluj is waarnatoe ons haar en haar Noorweegse vriendin gaan vergesel. Die tweede middag in Cluj het ons toe die kort entjie na Turda afgelê en die myn besoek.
Dit is bykans ongelooflik wat daar gedoen is sedert die mid-1600's. Éerstens loop jy met 'n elle-lange tonnel stelselmatig die dieptes in. Alles, letterlik alles, is uit soliede rots-sout gekap.


Dan kom jy by die hoofdeel van die myn waar jy etlike verdiepings afklim met houttrappe tot waar die grootste aktiwiteite plaasgevind het. Tot die trapreëlings is gekristaliseer met sout.







Baie geluk
Ek sien dis nou 00h01....baie geluk met jou verjaarsdag Chris, hoop dis n mooi en geseënde nuwe lewensjaar. Geniet ook die trip na Roemenie later vandag. Ons hou blad dop vir terugvoering en foto's