Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nou's ek honger!.... Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -4 hours ago
Snert Ertjie Sop! - Hester Kruis Geert -7 hours ago
My jonger suster ... Ertjie Sop! - Hester Kruis Chris Boucher -7 hours ago
Vegetaries Ertjie Sop! - Hester Kruis neef Herman -7 hours ago
Angola Oktober 2026 saam gesels neef Herman -8 hours ago
Die 'probeer' werd Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -8 hours ago

Kuier maaltyd

Pretoria
Submitted by Geert on
Forums

Ons probeer gewoonlik op Kersdag om oujaarsaand n lekker kuier ete te hou. Iets wat elkeen lekker besig hou en nie n groot maaltyd eet waar jy vol ge-eet voel en wil slaap nie....magie vol, ogies toe. Ons het in verlede al hierdie mini potjies gedoen wat lekker werk. Rona se idee op die ander draad het my nou weer laat dink hoe lekker en gesellig so n kuier maaltyd af sal gaan met elkeen sy eie HotRock braaiertjie.

Watter soortgelyke idees het julle?

Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 18/10/2026 - 16:45

Ek is nie seker of dit steeds so gewild is as jare gelede nie, maar dit was ook 'n gesellige manier van saamkuier. Verskillende soorte vleise, groente, sampioene, souse, en elkeen maak waarvoor hy/sy lus het. Onthou net om rys te kook, Couscous, spaghetti, of 'n basis wat jy verkies te maak. Ek het dit eenmaal vergeet🙈

0
Pretoria

Geert

Mon, 19/10/2026 - 16:57

Ek het hierdie so n ruk terug by my ma gekry. Ek dink ek moet hierdie saamvat vir Kersfees ete....dis nou nie Hotrock braai nie, maar elkeen kan steeds sy eie vleisie braai. Selfs nagereg soos pannekoek op hom maak

0
1
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus