Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
volgende jaar... Pad en roete inligting Wessel Strydom -3 hours ago
Wanneer val jy in die pad, Wessel? Pad en roete inligting Rona du Plessis -4 hours ago
Rona... Pad en roete inligting Wessel Strydom -6 hours ago
Wessel Pad en roete inligting Rona du Plessis -7 hours ago
Rona... Pad en roete inligting Wessel Strydom -9 hours ago
Johann en Wessel November 2026 Rona du Plessis -1 day ago

Pad en roete inligting

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums

Middag vriende

Na aanleiding van al die goeie raad betreffende roetes en paaie, begin ek die onderwerp. Kom ons deel hier inligting oor paaie en roetes wat rybaar is, wat vermy moet word, op grond van onlangse eerste handse ervaring.

Groete

Brits

Wessel Strydom

Thu, 29/10/2026 - 21:40

Wie het onlangs tussen genoemde 2 plekke gereis. ?? Is die R71 tussen Tzaneen en P.Borwa aanbevole vir 'n woonwa??

Ek vermoed Chris B het seker met laaste Eiland vakansie daarlangs gesleep. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 30/10/2026 - 07:49

Al die pad, vanaf Polokwane via Tzaneen en Gravelotte, is dit 'n baie gemaklike roete vir karavaansleep.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 30/10/2026 - 08:58

Dankie vir bevestiging van roete. Sal my vriend sodanig inlig.

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Fri, 30/10/2026 - 17:25

Ek kan ook bevestig wat Chric B sê. Absulute geen probleem nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 30/10/2026 - 18:10

na/van Pretoria?? Seker maar Pietersburg-Gravelotte-Mica- Hoedspruit.

Is die R36 van die N4 tot by my tonneltjie en na Swadini nog is slegte toestand.?

Eintlik is dit so lekker om Orpen hek te gebruik, met 'n aand of 2 by Swadini. Dis net die paaie wat mens kniehalter.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 10/11/2026 - 10:19

...môre, as julle Nelspruit toe ry, watter pad gebruik julle, en wat is toestand;

1] R540 via Belfast en dan N4

2] Dullstroom na Lydenburg met R540 en dan met R36 na Schoemanskloof/N4.

 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 10/11/2026 - 12:55

Die pad wat ons verkies om Nelspruit toe te ry: R540 Belfast (slaggate word in toom gehou), N4 tot Schoemanskloof R539, N4 Nelspruit. Padwerk in Schoemanskloof, maar die afgelope tyd is daar nie meer stoppe nie - verkeer vloei.

Vanaf Lydenburg gebruik ons nooit die R36 nie - ry oor die Long Tom Pas na Witrivier en dan Nelspruit. Ek praat onder korreksie, maar het 'n idee dat die R36 nie rybaar is nie agv. baie trokke wat die pad verniel het. Vanaf Dullstroom na Lydenburg was die pad so 2 maande gelede redelik - lapwerk wat die oppervlak effe ongelyk maak, maar daar was nie slaggate nie.

Hoop dit help.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 10/11/2026 - 13:36

...dankie dit help baie. Ek bedink sommer paaie om maklik tussen N4 en Swadini en/of Orpen hek te beweeg.

Dit voel net vêr [verkeerd], om Pietersburg en Tzaneen langs te sleep Orpenhek toe.

Oeps: volgens google maps is dit net ongeveer 40km meer oor Pietersburg/Tzaneen. Oor jou voorstoep [koffie en koek] is dit 540km tot by Orpenhek.  

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 10/11/2026 - 16:04

Dit gaan jou net heelwat langer neem hier om (agv die koffie-stop), maar is darem ook 'n "change of scenery" op die koop toe 😺

Voordat jy egter jou planne finaliseer, kry eers meer inligting oor die R36 tussen Lydenburg en Ohrigstad. Ons het dit 13 jaar gelede aangepak en dit was die ergste nie-bestaande-pad wat ek al ooit gery het. Ek kan net glo dat dit na soveel jaar darem wel verbeter het. Vanaf Lydenburg na Schoemanskloof klink dit maar droewig - enkele maande gelede se berig.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 10/11/2026 - 16:14

...Rona, ek doen sommer huiswerk. 

Ek sal by my studente vriend hoor hoe hy die pad gevind het laas Sondag. Hy is Dullstroom om na Hoedspruit, en blykbaar in hewige reen en mis gery.   

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus