Middag vriende
Na aanleiding van al die goeie raad betreffende roetes en paaie, begin ek die onderwerp. Kom ons deel hier inligting oor paaie en roetes wat rybaar is, wat vermy moet word, op grond van onlangse eerste handse ervaring.
Groete
Beste roete na/van Orpen hek...
na/van Pretoria?? Seker maar Pietersburg-Gravelotte-Mica- Hoedspruit.
Is die R36 van die N4 tot by my tonneltjie en na Swadini nog is slegte toestand.?
Eintlik is dit so lekker om Orpen hek te gebruik, met 'n aand of 2 by Swadini. Dis net die paaie wat mens kniehalter.
Wessel
Die pad wat ons verkies om Nelspruit toe te ry: R540 Belfast (slaggate word in toom gehou), N4 tot Schoemanskloof R539, N4 Nelspruit. Padwerk in Schoemanskloof, maar die afgelope tyd is daar nie meer stoppe nie - verkeer vloei.
Vanaf Lydenburg gebruik ons nooit die R36 nie - ry oor die Long Tom Pas na Witrivier en dan Nelspruit. Ek praat onder korreksie, maar het 'n idee dat die R36 nie rybaar is nie agv. baie trokke wat die pad verniel het. Vanaf Dullstroom na Lydenburg was die pad so 2 maande gelede redelik - lapwerk wat die oppervlak effe ongelyk maak, maar daar was nie slaggate nie.
Hoop dit help.
Rona...
...dankie dit help baie. Ek bedink sommer paaie om maklik tussen N4 en Swadini en/of Orpen hek te beweeg.
Dit voel net vêr [verkeerd], om Pietersburg en Tzaneen langs te sleep Orpenhek toe.
Oeps: volgens google maps is dit net ongeveer 40km meer oor Pietersburg/Tzaneen. Oor jou voorstoep [koffie en koek] is dit 540km tot by Orpenhek.
Wanneer val jy in die pad, Wessel?
Dit gaan jou net heelwat langer neem hier om (agv die koffie-stop), maar is darem ook 'n "change of scenery" op die koop toe 😺
Voordat jy egter jou planne finaliseer, kry eers meer inligting oor die R36 tussen Lydenburg en Ohrigstad. Ons het dit 13 jaar gelede aangepak en dit was die ergste nie-bestaande-pad wat ek al ooit gery het. Ek kan net glo dat dit na soveel jaar darem wel verbeter het. Vanaf Lydenburg na Schoemanskloof klink dit maar droewig - enkele maande gelede se berig.
volgende jaar...
...Rona, ek doen sommer huiswerk.
Ek sal by my studente vriend hoor hoe hy die pad gevind het laas Sondag. Hy is Dullstroom om na Hoedspruit, en blykbaar in hewige reen en mis gery.





Pietersburg na Phalaborwa hek.
Wie het onlangs tussen genoemde 2 plekke gereis. ?? Is die R71 tussen Tzaneen en P.Borwa aanbevole vir 'n woonwa??
Ek vermoed Chris B het seker met laaste Eiland vakansie daarlangs gesleep.