Help my asb. Ek lees op die FB groepe dat woonwa bande n "C" gradering moet hê.
My vraag is dus nou. Is dit werklik nodig?
As ek na n band kyk bv. 175/80/R14 88 T Gee dit vir my die volgende.
175 die breete in mm 80 die wand hoogte in % van die breete en dan die R wat aandui dat dit n "RADIAL" is en die 14 wat dan die "RIM" groote aandui. Die volgende is wat vir my hier belangrik is en waarom ek die vraag vra. Die 88 Gee vir my n draevermoë van 560Kg wat veilig is by die spoed van ( die "T") van 190km/h. met dan ook in aggeneem die maksimum druk.
Ek sleep nooit my wa teen daai spoed nie( dink nie die GWM gaan dit haal nie) ek laai ook nie my wa tot sy volle GVM nie en die bande is nooit so hard gepomp nie.
My wa se volle GVM is steeds onder die gewig wat die band kan dra.
Bande ruil langs die pad??
Is julle manne seker julle is reg om jou woonwa se band langs die pad om te ruil??
Ek bedoel nou;
'n domkrag wat genoeg krag het
'n domkrag wat genoeg slaglengte het sodat 'n stywe wiel opgesit kan word
ry julle ook blokkies saam vir ingeval die domkrag lengte kort.
Ek het vanoggend weer ge-oefen om dit te doen. Sommer om die wiele so 'n kwart draai te beweeg. Dan staan dit nie so lank op een kol nie. Dalk nie nodig nie, maar dit is dalk nodig.
Sommer die kans gebruik om seker te maak dat ek presies weet waar om domkrag te plaas tov die wa se onderstel.
As die wiel pap is, moet die domkrag kan inpas, en hoog genoeg kan lig om hoogte te kry vir 'n stywe wiel. Indien die domkrag se slag te kort is, moet mens die wa kan bo hou, die domkrag laat sak en blokkies inskuif, voordat mens die wa hoër kan lig. Nou die vraag---kan die hoekstutte die wa bo hou??
Dit klaar ge-oefen toe wonder ek, wil ek op my pens of rug half onder die wa lê, om wa aan regterkant op te lig, langs die N1 met sy trokke???
Dalk sommer net 2 blikke gatvol spuitstof saamry en net dit inspuit.
Hoe maak julle ouens om gereed te wees vir die takie???
Om eerlik te wees gaan dit…
Om eerlik te wees gaan dit Neef pla om n band langs die pad te ruil. Dan wonder ek ook wat is die kans dat dit gaan gebeur? Papwiele op teerpaaie is in my geval ongekend, ja het al n stadige, slow punctures, opgetel, maar die het my nie langs die pad laat staan.
Wat ek wel gaan sê is, moet nou nie heeltyd heel links op die ryvlak boer nie, al die boute, spykers en stukkies draad eindig daar op.
Hoe sê die mense, we will double cross those bridges when we get there . 🙃
Vullis links van geelstreep!!
Herman, opper jy nou dieselfde wysheid as my bandehandelaar. ek moet maar stop met "konsidererende" woonwa sleper. Ek trek maklik af in noodbaan om vinniger voertuie te laat verbykom.
Dis dan juis daar waar al die gemors lê.





Yip, my Fleetline se Fong…
Yip, my Fleetline se Fong Kong's is ook HiFly, al wat ek in 13 duim kon kry. Moet egter byvoeg dat hulle goed doen. In alle geval beter as die vorige Kumho's (S Koreaans) wat absolute gemors was.