Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Puppy Kgalagadi Oktober 2026 Goeie Hout -1 hour ago
Rona en Wessel Goeie hout se Noord & Oos… Goeie Hout -1 hour ago
Nou kan ons.... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
maand in Onrus.... Goeie hout se Noord & Oos… Wessel Strydom -2 hours ago
Braai Eenvoudige Hoender Potjie -… Geert -2 hours ago
Ek begin iets regkry Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago

Freda en Colin

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

Ek hoop julle het n suksesvolle dag gehad en veilig by julle nuwe bestemming aangekom!?  Het darem n lekker beskutte staanplek met gelyk grond gekry? Sterkte met die opslaan en nes maak. Ek sien uit om alles te hoor van julle nuwe wonimg  en die dag se gebeire!

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 24/04/2017 - 17:41

Ek kom nou eers by die rekenaar uit.   Bietjie later geslaap vanoggend en toe by Nanaga gestop vir hul heerlike pasteie.   Toe vat ons boonop ons tyd met die kamp opslaan vandag.   Alles is darem al 'n rukkie netjies en op sy plek.  Die TV is aan en ek kan my sepies kyk.laugh

Ons staanplek is welbekend aan ons, het seker al 20+ keer by hom gestaan oor die jare.  Ja, hy is lekker beskut, ons staan op plaveisel en het ons eie ablusieblok, met 'n gerieflike kombuisie.  Dit voel hemels na 2 maande wat ons dit alles nie gehad het nie.

Dit is koud en ek maak kerrie en rys vir vanaand.   Het nou eers gaan stort en klaar warm pijamas aan.yes    Die vuur gaan bietjie moet wag tot moreaand.

Ek is bly jy soek ons darem, Voortrekker.smiley

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Mon, 24/04/2017 - 19:12

Freda, ek ook bly julle daar, maar ASSEBLIEF, hou die koue DAAR en moenie saamvat Dibiki toe nie!!!

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 25/04/2017 - 09:02

Die son skyn pragtig vanoggend en die see lyk soos iets uit 'n prentjie.  Willows het mos nie 'n strand nie, dit is rotsagtig met poele, maar dit maak dit mooi.  Die branders wat breek en spoel oor die rotse.   Gistermiddag het die apies kom groet.  Hulle kom gewoonlik twee keer gedurende die dag 'n draai maak.   Jy moet maar sorg dat alles wat soos kos lyk weggepak is.  Twee mans het hulle met ketties geskiet maar hulle duck en dive almal.   Hopeloos te slim.   Siestog, ek voel ook mens kan hulle darem nie seermaak nie.  Gedurende die nag kom hier 'n kat in die tent in.   Hy was laasnag hier.  So, jy kan ook nie iets in die tent los snags nie.   Bietjie van 'n schlepp dat mens alles so moet wegsit.

Ons albei se voertuiglisensies verval einde Mei, so ons gaan vandag in stad toe om dit te hernu. En 'n paar ander dinge te doen, soos pille by ons apteek, ens.   Voor ons volgende week Dibiki toe vertrek gaan ons die week alles omruil by die huis, vanaf somer na winter.   

Ons sal die koue hier los Frans.    Kom jy en Linda net, ons wag vir julle.smiley

Johann, die enigste raat teen daai neerslagtigheid wat ek jou kan gee, as jy oppak moet jy nie huis toe gaan nie, jy moet weer gaan kamp, soos ons nou doen.yes

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus