Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lekker Umfula Goeie Hout -1 hour ago
so 'n bloedrooie. Kgalagadi Oktober 2026 Goeie Hout -1 hour ago
Sterkte Rona en Daan Lakeview Lodge and Camping Geert -1 hour ago
5.6kg Umfula Johann L -3 hours ago
Bo Umfula Johann L -3 hours ago
11 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago

Ongelukig met sommige mense!

Waar my wa staan
Submitted by Arie on

Ek wil nou eers 'n slag my mond bietjie uitspoel oor sommige van ons pensioenarise en dan ook permanente kampeerders.

Ek het al lank terug ook oor party van hul gekla wat nogal geneig is om te glo dat ons seggenskap het in die kamp. Baie van hulle glo dat meeste vakansie oorde nie sonder ons kan bestaan nie - hulle loop heeldag en moan en kerm en maak demands oor hoe die kamp bestuur die permanente ouens moet voorkeur gee.

Ons is oor die algemeen vrek gelukig met die vooreg wat ons by meeste oorde kry om spotgoedkoop te mag kamp!

MAAR ongelukig is daar weer so handvol kampeerders wat misbruik maak van oord eienaars se goedheid.

Drie Berge gee maand staanplekke teen omtrent 'n kwart van wat ander moet betaal. Ons kan oor Desember hier staan teen slegs R2300 pm, met die voorwaarde dat ons dan vir drie maande hier staan waar Des dan een van die drie maande is. Ek glo ons is moerse bevooreg om die verguning te kry. Verder hoef ons geen deposito te gee waneer ons boek nie, en kan ons dan ook maand vir maand betaal.  Voor verlede jaar het  drie couples net nie opgedaag na hulle vir Des geboek het nie, nie laat weet of niks nie, Drie couples wat bevriend is met mekaar en altyd so saam toer, ek ken hulle ook ongelukig en het toe al vir hulle laat weet dat dit uiters ongeskik en swak maniere is.

Nou Des weer, twee paartjies onafhanklik van mekaar, eerste een moes op die tweede inboek, bel die kantoor so 14hoo om te kanseleer!!!! Ander het tot nou nog niks van hul laat hoor nie!

Dan het dit al 'n paar keer gebeur dat mense vir drie maande bespreek - Des, Jan en Feb. Daag hier op op 1 Des en skeilik einde Des is daar ernstige siekte in die familie en moet hulle ongelukig nou gaan!!!

Ek glo dit is uiters oneerlik en vreeslike swak gedrag om oorde so uit te buit!!!! Ek hoop regtig dat die mense wat sulke goed doen, nooit oor die Gupta's en JZ praat nie, wat hulle doen is maar presies die selfde. Ek glo vas dat iemand wat 'n oord so bedrieg, sal ook die land of iemand anders met miljoene bedrieg as hul die geleentheid kry?

Dit is ook nie net hier nie, gebeur gereeld by omtrent al die oorde waar ons al gekamp het. Daar is mense by richards Bay en ook Tsipise wat loop en brag hoe hul hul kleinkinders in die kamp in smokkel sonder om te betaal!!!!

Baie van my mede kampeerders hier voel ek oor reageer, maar toe ek vertel dat bestuur nou oorweeg om vir almal 'n deposito te vra en ook dat ons dalk vir die drie maande vooruit sal moet betaal, toe voel hulle skielik ook soos ek.

Hiervan lei ek af dat hulle nie regtig so erg gepla is oor die skelms nie, tot dit dalk hul sakke raak, dan is hulle briesend!

Sorry dat ek so afgaan maar ek kan bedrog, liegery, skelmgeid en sulke goed net nie hanteer nie, word ook vreeslik omgekrap met mense wat maar sulke goed sien en dit gelate aanvaar!

 

 

Waar my wa staan

Arie

Sat, 06/01/2018 - 14:25

Len ek glo jy is heeltemaal reg met jou "lees" van daai mense.

En ja dit is werklik net 'n klein groepie, maar omdat mense nogal geneig is om te veralgemeen, is daar die wat alle ouer mense oor die selfde kam skeer, ek moet eerlikwaar se dat ek my soms skaam vir van ons pensioenarise!

Ek toevallig nogal goed aanklank gekry met 3 oorde [waar ons gereeld staan] se eienaars. Hulle kom so nou en dan met hul gades by ons 'n drankie drink terwyl ons in hul oord kamp, en mens hoor regtig riller verhale van sommige van die pensioenarisse se "demands" en gedrag teenoor die eienaar en bestuur.

Toevallig is al drie die oorde van so aard dat die eienaar hulle heel eenkant hou van die kampeerders en die daaglikse bestuur aan hul oord bestuurders oorlaat, juis omrede van die ouer mense so demanding is.  Die een oord sien die meeste kampeerders die eienaar as die handyman wat maar hier en daar so ietsie regmaak.

0
Kaapstad

Rusty

Wed, 12/04/2023 - 14:43

Ons het drie jaar lank gekamp, wonderlike vriende gemaak, wilde otters het om my voete kom speel, die visarend het kom roep, die witkruisarend ook.

Mens laat die kortkampers begaan, dis nie 'n outehuis nie, maar vakansie-oord. Hoop net party probeer nie geld maak uit sing nie. Party is effe van die noot af. 

Ons het lekker gewoon, maar moeg geraak van "dronk *itmense." Party se breins verdun vinniger as hulle bloed. 

Toe verkoop en trek ons maar.  Vrede was elders te vinde.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus