![]()
Kyk gerus kampforum.co.za se NUWE 4x4 gedeelte. Dankie Segekok vir die idee en uitleg!
...........en hier..........
...........en hier het ek 'n 4x4 nodig gehad om die Exclusive suksesvol uit die sand te sleep by 'n oornag boskamp naby die Kgalagadi :-
...en so...........
...en so kamp ons met ons teerpad-karavaan "off-grid" by Tsendze-boskampie in die Kruger Wildtuin :-
Len saam met die wegsleep…
Len saam met die wegsleep forum was daar n weg ry forum wat ook sommer net gesneuwel het.
Dit sal baie lekker wees om die mense wat daar gesels het weer hier betrokke te kan kry. Baie van die mense wat 4X4 ry kamp ook.
Ek persoonlik het baie geleer by daardie forum. Ek glo dat KAMPFORUM baie kan groei as ons daardie mense ook weer kan betrek. Daar is nou geen Forum in Afrikaans vir die 4X4 mense nie.
Ek onthou daar was n paar mense daar wat n toer gereel het na HELS PAS. Dit het die mooiste fotos en stories opgelewer wat nou als verlore is.
Oom Len…
Oom Len
Moet sê daai is die eerste foto ooit wat ons sien van daai Pathfinder waar hy vuil is. Ek self hou nie daarvan om die karevaan op grondpad te sleep nie en het `n boswaentjie gekoop.
Het hom net een keer gebruik en die rede was ook maar daai daktent. Die kinders gebruik hom graag. Al wat goed is van die ding is dat hy regtig off-grid kan gaan vir solank as wat die water hou want solar en batterye hou die res aan die gang.
Groetnis
Voertuig te duur vir 4x4 in…
Voertuig te duur vir 4x4 in die kliprantjies. Versekering sal geen skade daar dek nie. Foto geneem net voor die hael skade

Dis n Ford dink nie dit sal…
Dis n Ford dink nie dit sal die grondpad haal nie wat nog van die kliprandjies. Slegs geskik vir braaivleis vuur.![]()
Ai Len, dat daai Pathy so…
Ai Len, dat daai Pathy so kan lyk, nee sies man?
Dankie Anton en Deon, ek hoop regtig hierdie deel van ons forum groei mooi.
Soos reeds genoem, is ek nie groot op 4 x 4 nie, maar geniet dit baie om hul ondervindings te lees. Ek het darem al in die Soutpans berge saam my broer ge 4 x 4 met my ou Trooper en dit vreeslik geniet. (My broer het my ore aan gesit?)
Willem....
Hi Willem, dis goeie nuus, maar beslis nie die Patrol nie - te groot vir ons tweetjies.
Ek sal maar eers die kat uit die boom uit kyk hoe die nuwe Pathfinder lyk - myne is nou maar 5 jaar oud met net 73 000km op die klok. Ek hou graag 'n voertuig 10 jaar voor ek dit vervang, dus nog 5 jaar oor en dan is ek 75 ! Het maar gedink om my "kampeer-toks" op 80 op te hang. Miskien moet ek die huidige bulletjie maar ry tot dan, dus nog 10 jaar met dan 220 000km op die klok !
Tyd sal leer, maar die meneer hierbo is darem maar mooi !
Die nuwe pathfinder sowel as…
Die nuwe pathfinder sowel as die nuwe navara lyk vir my mooi.
Deon, ek het darem voordeel. Ek kan elke aand braai.
Het darem die Retief gehaal sowel as die kaalvoet vrou.
Was een naweek by swartruggensdam en met die uitkom moes jy stop voor die hek oopmaak. Dit was nog met die ix35 en was n gruispad. Moes die wa terug stoot en spoed kry om uit te kom wan die voorwiel aandrywing het net bly gly.
Met die Kuga se AWD sal dit beter wees
Dusty ek spot sommer met jou…
Dusty ek spot sommer met jou.
Gister was n man juis vir my keaad toe hy met sy kuga lans my stop en ek marshmellows op n stokkie na sy kuga wys....
Deon, dit weet ek. Ek spot…
Deon, dit weet ek. Ek spot sommer saam. n Mens het humor nodig
Dankie vir 4x4
Anton thanks word hoogs waardeur eke nou soos n ou wat sy eerste soen kry by sy eerste meisie
Het n paar ouens
Het n paar ouens laat weet op 4x4 community forum hoop hulle val in dis lekke om so innie bos te gaan met jou voertuig weg van beskawing , mauls , dorp daar waar dit net bos , berge , sand , en niks en weer niks is nie






Nou wie..............
Nou wie gaan hier gesels ? Ek het ook 'n 4x4, maar doen nie graag die regte 4x4 ding nie, veral omdat ek te lief is vir my teerpad-karavaan en te oud is om op die grond of bo-op in 'n daktent te slaap.
Ons ry ook graag die Kaapse stofpad agterpaaie, maar natuurlik sonder die Exclusive en bly dan maar oor in gastehuise of chalets. Hier is twee bewyse (want Anton het iewers anders gesê hy glo niks sonder foto-bewyse nie) :-
En dan, 'n tweede papwiel tussen Sutherland en Ceres op 'n Sondagmiddag sonder selfoonopvangs !