Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hallo Almal en Wessels November 2026 Goeie Hout -6 minutes ago
Watertenkwaens November 2026 Rona du Plessis -38 minutes ago
Goeie mòre Wessel ! November 2026 Len Loader -49 minutes ago
Water November 2026 Geert -2 hours ago
Dinokeng C&L November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Dinokeng C&L November 2026 Johann L -3 hours ago

Lugpomp vir op blaas van bande

Secunda
Profile picture for user Sleep nou
Submitted by Sleep nou on

Deon , Andre en ander manne wat grondpad lekke vat , ek wil by julle hoor wat se lugpomp vir bande is n goeie koop vir al vir die opblaas en ook afblaas van bande, die pomp moet die ding kan doen maar daar is soveel soorte op die mark. Help bietjie asb

Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Sun, 14/01/2018 - 13:52

Daar is baie en daar is ook die wat onnodig duur is.

 

Nr 1.  Kry vir jou n metertjie... Sodat jy weet wat die druk is.  Die by die Motorhawe is nie altyd so reg nie.

Nr2. Kry vir jou n Deflater..  Dit help om dit vinnig te doen. (Sal more vir jou foto plaas.)

Wat die pomp betref...  Ek het vir my een by Adendorf..  ( sorry PJ) gekoop. Dink so R400. Doen die selfde as die een Vir R2000  by Camp world.  (Net n verwysing).

Maak net seker dit is reg vir 4x4 bande anders gaan jy heeldag wag om klaar te pomp......

 

 

 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sun, 14/01/2018 - 14:04

Ja die pomp wat ek vir opblaas matrase het gaan my half dag vat per band dankie vir raad en verwysing Deon ek sal google waar is naaste tak na aan Secunda jip ek wil nie sukkel nie

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sun, 14/01/2018 - 14:57

Mens kan baie maklik hopeloos te veel betaal vir 'n pomp, soos Deon noem jy kan 'n goeie pomp kry vir heelwat onder R1000. 

Ek hou van 'n pomp wat ten minste tweesilinders het, dit is net soveel viniger as 'n een silinder joppie.

Ek is nie baie lief om my bande te vinnig af te blaas vir bietjie sand nie, gewoonlik is dit nie regtig nodig behalwe vir baie dik sand.

Die groot geheim is om die regte rat voor die tyd te kies, seker te maak jy hou momentum en as jy moet stop moet nie die remme gebruik nie, laat die voertuig vanself tot stilstand kom.

Meeste mense maak die fout om in sand te na aan die voertuig voor hom te ry, los genoeg plek dat jy nie hoef te rem sou hy tot stilstand kom.

Probeer jou revolusies so konstant as moontlik hou, as jy op wipperig sand ry probeer jou voet in wig tussen die petrol pedaal en die kant van jou voertuig, as jou voet begin hop op die petrol pedaal soek jy vir moeilikheid, wielle begin tol en grou in die sand in.

Bietjie afgewyk van lugpompe maar ek voel dit loop hand aan hand met sand ry? 

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Sun, 14/01/2018 - 15:29

Arie jy is heeltemal reg oor die sand ry. Maar oor langer afstande in dik sand is dit beter om maar met sagter bande te ry..

Wart die pomp betref...  Passop vir te goedkoop....  Kan baie ander probleme veroorsaak...

Shaun wegsleep/ry #6 het weer n bespreking oor die pompe...

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sun, 14/01/2018 - 17:46

Deon ek lees uitgawe 6 nou seblief stuur wat jy het Deon dankie Arie thanks ja revolusie belangrik band druk moet ook reg wees 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 14/01/2018 - 19:09

Dit is oor die algemeen  seker 'n baie handige item om byderhand te hê, en nie net vir 4x4 nie.  Ek het al op verskeie geleenthede gewens ek het 'n klein 12V kompressortjie byderhand gehad.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Mon, 15/01/2018 - 12:33

Segekok, ek verskil nog steeds van jou oor die sagte bande?

Sien juis gisteraand op Voetspore toe hulle so terugdink aan vorige trips. Hulle praat toe oor die keer op die Kus van die Dood in Namibia, die plaaslike outjie het as gids met sy voertuig saam met hulle gery. Hulle praat oor hoe lekker daai ou die duine ry en hul woorde was "Hy pomp sy wielle so hard soos yster" Hulle kon nie glo dat die man met sulke klipharde bande deur daai sand ry nie!

Dink maar net terug aan die voorlopers van 4x4;

Landrover

Generall Purpose van ford later net genoem GP en nog later Jepie of Jeep

Mahindra, soorgelyk aan die Jepie

Al daai voertuie het marie biskuit wieletjie gehad en to het hul hoeveel woestyne deurkruis.

Selfde met recovery toerusting, baie ouens spandeer fortuine om al daai gadgets te koop en op hul bakkies aan te bring, word uiters selde indien ooit gebruik.

Gaan kyk by Sani pas Kosi, black rock, Banga Neck en so aan, daar sien jy mense met hul 4x4 met duisende rande se toerusting vassit, dan kom die local laaitie [swart man] met sy deurgeroest bakkie [2x4] vol gepak met vooraad en passasiers en hy ry met so glimlag op sy gesig verby die R800,000 voertuig met al sy recovery gear wat tot op sy pens in die sand le!!

Nee die hoof ding van off road is nie jou voertuig en toerusting nie, maar jou skills!! 

 

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Mon, 15/01/2018 - 13:32

Dit is beslis die bestuurder se vermoëns wat tel.  Al het jy die beste toerusting, Nie die duurste nie, en jy kan nie jou voertuig gebruik nie het jy moeilikheid.

Baie van die manne met daai duur katoeters weet nie eers waarvoor dit is nie, dit lyk net nodig.

As jy die toerusting het en weet nie hoe om dit te gebruik nie is dit ook nie goed nie.

Ek stem  saam oor die duur katoetertjies...   maar daar is tog n paar goed wat wel nodig is.   n Graaf, of iets wat vir n graaf gebruik kan word.

Die plekke waar mens ry het ook n invloed op wat jy nodig het en wat nie.

n Diff lock is een van daai goed. Ek het geleer hoe om my handrem te gebruik in sulke gevalle waar dit nodig is, "BOERE DIFF LOCK"

Dit is seker nie nodig om die bande sagter te maak vir sand nie, maar nie almal weet hoe om op sand te ry nie en neuk dan die  plekke op vir die mense wat volg...  Dit is daar waar die probleem in kom. 

Het baie op Mtunzini gesien hoe die Vaalies die duine op neuk omdat hulle nie weet hoe nie.  Ek het n Ford 3l  2X4 gery en baie manne van daardie duin af gesleep. 

 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Mon, 15/01/2018 - 14:34

In Die 80tigs baie daai duin opgery met my Nomad, ook 2x4, baie T1oyotta 4x4's daar uit gesleep, soos jy noem die Vaalies, hulle glo jy moet op hoe revs ry in die sand

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Mon, 15/01/2018 - 15:21

Gesien daai manne gaan maak daar op die natsand n draai om spoed op te tel as hulle dan die duin begin oopry moet hulle na n laer rat verander en die oomblik wat die koppelaer getrap word steek daai 4x4 net daar vas.  ( Ek het vir n paar jaar op Mtunzini gebly van daar die naam Vaalies)

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Mon, 15/01/2018 - 19:39

Jy het my vertel van jou blyery in Mntunzini toe julle by ons gekuier het in richards Baai.

Ons het toe die kinders klein was gereeld Mntunzini toe gegaan, baie lekker lagoon vir bootry en dit is betreklik maklik om met jou boot in die see te kom van die lagoon af.

Daai jare kon mens nog lekker op die strand ry, en ja jy is reg baie ouens het geglo jy moet daai duin met spoed aanpak!! hulle het elke dag vasgeval en dan die volgende dag nog vinniger op daai duin afgejaag - shame.

 

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Mon, 15/01/2018 - 20:29

Laat die gesie julle bietjie vertel, julle weet niks. Het al my met my platkar gedoen wat geen van julle met julle 4×2's metmarie biscuit wiele sal waag nie.

Dit so middel neentigs, ry n Toyota Cressida 2.8i auto. Daai met die electronic dashes. Ek en die vrou (nog nie vrou daai tyd) altwee klaar geleer en werk. 

Besluit toe ons breek n naweek weg na Bloemhof dam so skelmpies, sommer in en rondom die kar gekamp die naweek. Die dqm was baie baie leeg. Die Satrrdag wil ek visvang en aan die anderkant van die dam lyk na goeie spots. Dam so leeg en daar gun water op n plek, kan sommer deur ry. So gekyk, so besluit en so probeer doen. Met n moewiese aanloop probeer en dink so 50 of honderd meter vergekom.

Cressida sit toe vas op sy chassie. Baie mense het kom kyk, raad gegee, hulle koppe geskud, maar almal te freqking bang om met hulle 4x4 of  marie biscuit 4x2's te kom help. Banggatte!,, ek kon verder in modder inkom as wat hul met bakkies kon van droom!

Uiteinde van die saak is iemand het toe iemand bh die dam geken met n trekker, en hy het toe kkm help. Ook n banggat, Hy het ineloop met n vyftig meter kabel, aan die Cressida se hak gesit en my maar van dròe grond gesleep tot by oewer. Terwyl hy my uitsleep besluit ek om te help, sit daai platkar se auto in reverse en gee gee so vet om die trekker te help. 

Naby die oewer gekom en sien toe die kar is al die tyd jn Neutral!, 

O die jong dae as mens sulke dinge kan aanvang, en was die wyfie KWAAD!

 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 15/01/2018 - 20:43

Gees, vat jy my ook nou terug 1999 toe ek 'n toyota tazz 4 spoed gery het.    Daardie jare was Serge damseaux ook  mos groot met sy conquest rsi op die grondpaaie.   Ek het altyd op tv gekyk hoe jaag hulle deur die sand om vinnig om die draaie.

Dit was dikant Vredenburg, naby langbaanweg, net so tussen die R27 en die fosiel park toe ek hierdie lekker sand / grondpad roete ontdek en dog toe hier is my kans om my toyota conquest te ry soos Damseaux dit sou doen -   my grirlfriend van daai jare was ook saam op die road trip -  totdat ek myself ook so op hoe spoed deur 'n paar sand bamnke misgus en die Tazz plat plat op sy onderstel laat land - op die sand.

Ja 3 ure se grawe met die hand -   onder die wiele uitgrawe en klippe pak totdat ons die dertienhonderd daar kon uitkry -   wonder ek nou wat het van haar geword?  - die girlfriend smiley

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Tue, 16/01/2018 - 05:23

Nee wat dis lekke dat draad bietjie die kant en dan daai kant toe gaan teminste praat ons lekke saam dis mos lekke baie lekke

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sun, 21/01/2018 - 19:43

Deon en vrinne dankie vir almal se insette ek het toe my keuse gemaak op lugpomp jy kry hom by outdoor en warehouse Trailboss 300LPM hy is in Weg ry&Sleep uitgawe 6 bladsy 95 wink

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus