Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -23 minutes ago
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Klipdraai in die mark Klipdraai Geert -1 hour ago
Simpel antwoord Oktober 2026 saam gesels Geert -1 hour ago
Wyse besluit.... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Swart span Springbok rugby Geert -1 hour ago

Arie se kamp program

Waar my wa staan
Submitted by Arie on

Nouja, Petra en ek het vandag ons finale reelings tot einde April volgende jaar afgehandel!

Ry die tweede Mei na Richards Baai vir drie maande, reeds klaar betaal tot einde Julie. Vandaar na Salt Rock tot einde Oktober reeds 50% deposito vir die drie maande betaal.

Drie Berge van Nov 2017 tot einde Jan 2018 - nog niks betaal - hulle wil nie korting gee as ek vooruit betaal nie. Dan Mabalingwe Feb 2018 tot einde April 2018, reeds voluit betaal, hulle gee dit vir my teen hierdie jaar se prys as ek alles vooruit betaal.

Daarn moet ons nog besluit, dink op die oomblik aan Zimbabwe vir die winter?

So my volgende jaar is beplan en groteliks reeds betaal, lekker om te staan en niks te betaal nie!

Nou kan ek ontspan weet ten minste ons het 'n slaapplekkie vir die volgende 12 maande.

Waar my wa staan

Arie

Sat, 05/05/2018 - 13:34

Groterig buite swembad met twee gly bane, lou water en alles onder skadu net.

Klein warm swembad buite, waar mens kan sit en kuier, en twee binnehuise rumatiek badens, lekker warm.

0
Waar my wa staan

Arie

Sat, 05/05/2018 - 13:37

Hier is so klein kafee met die nodigste goet, langsaan is 'n klein kerkie, waskamer en kombuis. Kampeerders mag die mikrogolf oonde asook groot elektries stoof as hulle sou wou brood bak of so iets - gratis.

Die kafee tye is op die rooi bord aangebring.

0
Waar my wa staan

Arie

Sat, 05/05/2018 - 13:45

Die plaas is net oor die 400 ha, so mens kan genoeg stap, sekere tye laat hulle jagters toe en dan is al die voetslaan paaie uiteraard afgesper.

Interesant boom, die Transvaalse Sesambos.

Die tweede foto is geneem van bo van die heuwel agter my wa, Tshipise le net agter die berg in die agtergrond, so om en by 12 km van hier af. Moreson kamp en dorpie le in die leegte tussen waar ek staan en die berg.

Musina is so 32 km noord van hier en dan natuurlik is Zimbabwe so 40 km Noord van ons af.

Die laaste foto is maar net 'n dooie boom op die koppie, ek probeer hom kry met sonsondergang, dat die strale so deur die boom wys, maar ek is elke keer net te laat, nogal ver stap soontoe.

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 05/05/2018 - 14:19

Dit lyk nou regtig na 'n lekker plek.  Ek kan glo julle kan vir 3 maande heerlik daar bly.  Swembaddens lyk lieflik.  Mooi bos en uitsig. Regtig nice.   Hoe lyk hul ablusieblokke?  Is dit naby aan julle?

Tien uit tien aan Petra, sy het julle netjies opgeslaan!

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 05/05/2018 - 14:46

Nou laat jy my wonder Arie ?

Miskien moet ek die skoolvakansie die pad vat, stuur asb. vir my hulle besonderhede.

Is dit waar die plek is, ek kry nie 'n web tuiste nie.

moreson

0
Waar my wa staan

Arie

Sat, 05/05/2018 - 15:49

Willem, nee jy sal niks op die web kry nie, jy moet deur iemand aanbeveel word om hier te kamp.

Bel 015 5390686, kan nie nou haar naam onthou nie, se ek het jou aanbeveel.

Moet net nie op my woord hier na toe kom nie, smaak verskil en elke ou hou van dinge wat my nie pla nie. 

Ek beveel nooit 'n plek aan nie, te veel mense het al gekla as die plek nie na hul smaak is nie, dan se hulle ek het gese hulle moet kom?

Ek like die plek sterk, maar ek is met die basics tevrede, vir my is die plek baie beter as Tsipisse.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 05/05/2018 - 15:57

Dankie Arie, ek het net na die foto's gekyk en dit is genoeg vir my.  Sal Maandag skakel en hoor wat sal dit kos in vergelyking met die prys wat ek het vir Buffelspoort en dan besluit.

0
Waar my wa staan

Arie

Mon, 14/05/2018 - 14:55

Shaun, sien nou eers jy het 'n vraag gevra - sorry man!

Ons is so 100 km Wes van die Pafuri hek, 11 km Noord van Tshippise en  so 30 km Suid van Musina. hoop dit help jou??

So paar besoekers om ons staanplek.

 

 

 

0
Waar my wa staan

Arie

Mon, 14/05/2018 - 15:02

Die baie bekende landmerk - Tsippise se koppie, gennem van die pad van Louis Trichard op pad na Pafuri.

Die volgende twee is geneem op die pad van af Musina na Tsippise.

Tsippise karavaan park is gelee aan die voet van die koppie, nogal 'n chalenge om op te stap/klim na die kruis heel bo-op die kop, het dit gedoen toe ek so 5 jaar jonger was.

0

Dankie Arie dit lyk pragtig in die omgewing .Ai hoe laat jy my verlang om die lang pad te vat of as te wel n ridder van die lang pad te word . Ons gaan in Augustes KNP toe vir n hele maand  

0
Pretoria

leeu

Mon, 14/05/2018 - 15:24

Dankie Arie, dit lyk baie mooi. Ek het in Louis Trichardt skool gegaan en ons het die plekkie gereeld besoek, as ek reg onthou dink ek dit was klein Tshipise?

Ek hou baie van Tshipise, die ape pla net baie en laas toe ons daar was het die miere al die gras opgeeet op die staanplekke en niemand het iets gedoen nie, maar dit was buitendien so droog, hulle kon nie eintlik nat spuit nie.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 14/05/2018 - 15:41

Ons moet vanaand besluit of ons daar by julle gaan kom kuier Julie skool vakansie en of ons by Buffelspoort gaan in val.  Die koste is omtrent die selfde maar die petrol maak 'n groot verskil.  sad

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus