Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
wat is lank vooruit bespreek ??? November 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Vliegkaartjies November 2026 Rona du Plessis -15 hours ago
Vlieg kaartjies November 2026 Geert -16 hours ago
Frankryk Springbok rugby Geert -1 day ago
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -1 day ago
Finaal Springbok rugby Geert -1 day ago

Frikadel se karafaan, karavaan, karravaan!

Profile picture for user Frikadel
Submitted by Frikadel on
Forums

Ek en tannie Poppie het toe besluit om vir ons ook n "caravan" aan te skaf, kom seker maar so met die ouderdom saam, kyk Poppie is nie meer vandag se maat nie en die tannie raak nou saggerig en alles hang.

So lui geraak ek het vandag my Howling Moon Leisure awn gaan optel by Kennis karavane, daar is blykbaar net 2 tentpenne op daai kontrapsie en dis dit, kadam, daar staan jou tent!

Saterdag oggend gaan ek die ouerige waantjie haal en na sy nuwe huis vat, nogal opgewonderig.

Effe skrikkerig of die Toy voor sal kan vat, sal maar moet sien, nog nooit karavaan gesleep nie....

Outjie lyk of hy laasjaar gebou is.

Frik se wa

Frik se wa

Frik se wa

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Fri, 15/06/2018 - 08:05

Nou ja nou met die karavaan saam is dit nou seker amptelik "Oom Frik en Tannie Poppie?"

Baie geluk aan die twee bejaardes met jul nuwe "ou" mens wa, mag julle baie genotvolle vakansies in haar geniet!

0

Hehehe, ja kyk Arie, as die ou vrou hier lees sal ek lekker les opse.

Baie dankie vir die plasing van die fotos Voorie en Jonika, dit word waardeer.

My volgende fotos sal wees van die pragtige Lady Rapier wat staan in Eden Park!!

Manne, wat n maklike kontrapsie is daardie Howling Moon se leisure awn, dis regtig n 2 minute afdak en hy is baie sterk, beste geld wat ek ooit spandeer het!!

Saam met hom en my maklike luiaard gazebo gaan my setup reg wees binne minute.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus