Ek en tannie Poppie het toe besluit om vir ons ook n "caravan" aan te skaf, kom seker maar so met die ouderdom saam, kyk Poppie is nie meer vandag se maat nie en die tannie raak nou saggerig en alles hang.
So lui geraak ek het vandag my Howling Moon Leisure awn gaan optel by Kennis karavane, daar is blykbaar net 2 tentpenne op daai kontrapsie en dis dit, kadam, daar staan jou tent!
Saterdag oggend gaan ek die ouerige waantjie haal en na sy nuwe huis vat, nogal opgewonderig.
Effe skrikkerig of die Toy voor sal kan vat, sal maar moet sien, nog nooit karavaan gesleep nie....
Outjie lyk of hy laasjaar gebou is.



Baie geluk Frikadel. Ek…
Baie geluk Frikadel. Ek weet jy en Poppie gaan dit baie geniet.
Baie geluk Frikadel, plaas…
Baie geluk Frikadel, plaas vir ons 'n foto asb.
Baie geluk met jul huis op…
Baie geluk met jul huis op wiele. Dit is die lekkerste belegging vir aftrede. Baie kampvreugde vir julle !!
Baie geluk Frik, mag julle…
Baie geluk Frik, mag julle baie veilige en genotvolle vakansies geniet?
Geluk en geniet hom…
Geluk en geniet hom.
Toy sal rekmerke in hom sleep.![]()
Nou ja nou met die karavaan…
Nou ja nou met die karavaan saam is dit nou seker amptelik "Oom Frik en Tannie Poppie?"
Baie geluk aan die twee bejaardes met jul nuwe "ou" mens wa, mag julle baie genotvolle vakansies in haar geniet!
Nou is daar nie fotos van…
Nou is daar nie fotos van die "KAREMEWAAN" nie.... Geen fotos gees storie![]()
Jinne dit is 'n lekker wa…
Jinne dit is 'n lekker wa daardie Frik. Julle moet hom geniet ![]()
Sy lyk nog goed Frik!…
Sy lyk nog goed Frik!
Sien jy praat van "alles wat hang" jy verwys seker na jouself?
Hehehe, ja kyk Arie, as die…
Hehehe, ja kyk Arie, as die ou vrou hier lees sal ek lekker les opse.
Baie dankie vir die plasing van die fotos Voorie en Jonika, dit word waardeer.
My volgende fotos sal wees van die pragtige Lady Rapier wat staan in Eden Park!!
Manne, wat n maklike kontrapsie is daardie Howling Moon se leisure awn, dis regtig n 2 minute afdak en hy is baie sterk, beste geld wat ek ooit spandeer het!!
Saam met hom en my maklike luiaard gazebo gaan my setup reg wees binne minute.
Lyk vir my op FB die…
Lyk vir my op FB die Frikadel het lekker gekamp...







Baie geluk Frik! …
Baie geluk Frik!

Ja ek is ook nie so seker van die toy vooraan nie, dalk 'n volksie?