Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Foto's laai Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -25 minutes ago
Augrabies - 21 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -30 minutes ago
Groen water... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -58 minutes ago
Kampeer staanplek Kgalagadi Oktober 2026 Geert -1 hour ago
Dankie ChrisB Kgalagadi Oktober 2026 Geert -1 hour ago
Geert ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago

Pootlose Kamptafel

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Len wys:   Hier is 'n pootlose tafel wat aan die sykant van die karavaan haak en die stutte daaronder druk teen die kant van die karavaan.  As die wa waterpas staan, is die tafel ook waterpas ! (Idee "gesteel"  by WilSur).

t

JOHANN L:  Baie netjies gedoen Len, ek sal ook na so iets moet kyk.
Ek het ook al so paar idees so "gesteel"

DASSIE: Voortrekker dit lyk nou bakgat .Jy mag maar ,al  steel jy met jou ogge dis nie teen die wet

VOORTREKKER:

dassie het geskryf:

Voortrekker dit lyk nou bakgat .Jy mag maar ,al  steel jy met jou ogge dis nie teen die wet

Nee Dassie, dit is Len s'n wat ek namens hom hier kom wys het.  Maar dankie inelkgeval.

ANDRE SMIT:

Goeiemôre Maters,

Ek het die besigheid ook al verskeie kere oordink maar daar is een uitstaande aspek wat my kwel.

Harry!!! kom in asb Harry -- kan jy dalk vir ons die trekkrag bepaal was daardie blad op die hegtingstrook teen die wa uitoefen.

Hoekom pla dit my?? As mens bv jou stofie met kos oppie vuur, die broodblik, die ysmasjien en anner goodies daarop sit kan dit maklik 50 tot 60kg wees.

As jy regaf pootjies het soos gewone tafel word baie krag/massa ens oorgedra grond toe.

Met die driehoek wat die blad, die pootjies wat teen die wa vasdruk en die derde been, die wa self vorm word hierdie beginsel heeltemaal verander.

Is daai oplossing sterk genoeg of gaan man eendag met 'n pot warm pap en 'n ander pot kookvleisies op die grond tussen die kleinkinders en jou voete sit.

Ek gaan haal dalk vir Bojaan agter die berg, maar HOE sterk is daai hegting aan die agterkant teen die wa en kan hy nie uitglip op 'n manier nie.

Met die afgelope paar jaar se voertuig ontwikkeling waarmee ek betrokke is, is dit ongelooflik om te sien deur watse ontledings hierdie enjineers moet gaan voor iets veilig verklaar kan word.

Kom ons gesels bietjie oor die een.

LEN LOADER: 

Nou André, hier is "enjineer" Len se antwoord : Jy kan nie sit op die tafel nie, dit is nie mooi om op 'n tafel te sit nie. My "navorsing" oor hierdie tafel is gedoen deur af te loer wat Willem Brits (WilSur) gedoen het en as jy kyk wat hy alles daarop laai, kan jy nie 'n fout maak nie.  My verdere kommentaar is :-

Die hegstuk teen die kant van die karavaan kan onmoontlik uitgly, want die tafel moet aan die voorkant heeltemal opgelig word in die rigting van die wa se muur voordat dit ontkoppel.  Wat wel waar is, wanneer swaar goed op die tafel gelaai word, oefen die skuins pote baie druk op die voorste wand van die tafel uit en om dit te oorbrug het ek ekstra versterkings onder die tafel aangebring om te keer dat die voorste tafel-wand nie wegdruk nie en vasgehou word deur die agterste tafel-wand.  Dit gebeur alleenlik as jou tafel 'n afrondingswand het.  As die poot se hegting op die blad self is, het jy nie die probleem nie. (My tafelblad is 'n dun blad van 'n sloppy CampMaster tafel met 'n alluminium wand reg rondom wat ek dus moes versterk.)

As jy nog steeds skrikkerig is die besigheid gaan val, beveel ek aan moenie warm goed op die tafel sit nie, ook nie die ysmasjien nie want hy is te kosbaar  -  sit dan maar liewer net die tjippies en servette daarop !

André, "voertuig ontwikkeling" :  g'n wonder die Ford Cugas het aan die brand geslaan nie want ek dog jy is nog in die Weermag.

JOHANN L:   Andre, ek het 'n tafel wat so in die kant in gehaak het, en dan op twee verstelbare pote op die grond kon staan, die ding was so lomp dat ek dit verander het om op 'n sker poot stelsel te werk.
Die pote wat soos Len sin is, is baie stewiger, en niemand sal die pote gedurig raak skop nie.

Jou vraag ivm die druk krag op die karavaan se muur, was ook my bekommernis, en daarom dat ek die ander pad gevat het, maar, WilSur se patent werk.
Ongelukkig is my ou Afika kaart tafel te swaar om so te kan werk.

ANDRE SMIT:   Môre Len,

Jy's alweer besig met daai houtlepel van jou , nie waar nie.

 

" André, "voertuig ontwikkeling" :  g'n wonder die Ford Cugas het aan die brand geslaan nie want ek dog jy is nog in die Weermag."

Ons bou mooi nuwe "lorrietjies" vir die Army om die RATELS te vervang.
Ou RATEL en sy maatjies was laaaasjaar al 40 jaar in diens.
Wys my 'n 40 jaar oue FORD, PATHFINDER of AMAROK wat soveel deurgemaak het, en wat nog loop.

 

Om terug te kom by die tafeltjie. Gelukkig het ek nie 'n ysmasjien nie maar ek het die vraag spesifiek gevra om manne se mening te kry.

Het regtig gehoop Harry sou reageer want dit sal steeds interressant wees watse kragte betrokke is.

Ek dink die belangrikste is behoorlike hegting aan die wa se kant en dan die verspreiding van die drukkragte op die pootjies onder teen die wa se kant.

Mens sal beslis nie op hom kan sit nie en Ouma het mos gesê "Tables are made for glasses, not arses"

LEN LOADER:   André, toegegee, regaf pote grond toe het die voordeel bo myne dat :-
(1) dit nie weg-rem (in 'n horisontale rigting) vanaf die spoor wat standaard teen die karavaanmuur aangebring is nie
(2) dit nie kwaai druk plaas (weer eens in 'n horisontale rigting) op die voorste aluminium wand wat die tafelblad afrond nie, want dit is waaraan die twee stutpale geheg word

Dus, as 'n ou van voorneme is om baie swaar goed op die tafel te laai, sal regaf, verstelbare pote beter wees.  Andersins kan 'n mens oorweeg om net wanneer swaar goed daarop gelaai moet word, miskien 'n enkel, regaf, verstelbare stutpaal in die middel van die tafel aan te knip.

Moet sê, ek hou van Ouma se sêding !

WILSUR:   André

Daai tafel vat baie want my ysmasjien staan op hom saam met al die ander goed en het nog nooit 'n probleem ondervind nie.

Wil ook nie op die tafel dans nie want hy is teen die karavaan en ek mag dalk af val.

LEN LOADER: ...............skerp Willem !  En jy weet ook nie hoe jy bo-op die tafel sal kom nie !

JOHANN L:  My tafel het nie gewerk nie, dit was 'n groot jugens (Afrika tafel), en die reg af pote het te maklik in die "ball joints" geswaai. Die langer smal tafels soos Willem en Len sin, behoort nie probleme te gee nie. Selfs 'n T stuk poot kon nie die ding doen nie.

ANDRE SMIT: 

Dankie vir die reaksie Willem en Len.

Ek het maar die gesprek aan die gang probeer hou en julle manne wat reeds sulke tafels gebruik se reaksie te kry.

Glo as jy genoeg goed op hom pak om snaaks te probeer wees GAAN jy hom kan uitbreek uit die wa se sykant.

Oupa het gesê " met genoeg geweld kan jy jou vinger in jou agterent ook afbreek"

Geniet die naweek. Moet sê ek laaik hierdie kort weke, eergister was Maandag en vandag is dit sommer weer Vrydag

LEN LOADER:  Ons afgetredenes hou weer nie van hierdie vakansiedae nie, dit "spoil" ons gevoel van afgetree wees in die week.

DUSTY:  Ons geen weer 6 dae per week werk. Kan nie uitrus in 5 nie

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus