Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
wat is lank vooruit bespreek ??? November 2026 Wessel Strydom -21 minutes ago
Vliegkaartjies November 2026 Rona du Plessis -9 hours ago
Vlieg kaartjies November 2026 Geert -10 hours ago
Frankryk Springbok rugby Geert -23 hours ago
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -1 day ago
Finaal Springbok rugby Geert -1 day ago

Nou lekker dik ge-eet!

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie
Submitted by Arie on
Forums

Vanoggend lus gewees vir iets anders vir ontbyd, spek en eiers raak nou afgesaag.

Gaan krap toe in die yskas vind toe;

Lekker dik [so 1.5mm] gesnyde black forest ham

Edam kaas

Dill agurkies

Mayonaise

Krap in die kaste, vind cummin saad en coney rolls.

Rasper 'n goeie klompie Edam kaas, sny twee agurkies in piep klein stukkies, meng in die kaas met mayo en so bietjie cummin saad, net genoeg mayo dat die kaas, saad en agurkies lekker aanmekaar bind.

Sny coney buns in die helfte, sny vars plaasbotter met kaas snyer sulke dikkerige skywe. Elke halwe rol kry botter, dan ham, met so dun lagie engelse mosterd, en dan 'n groot opgehoopde eetlepel van die kaasmengsel.

Sit alles onder die grill en los dat die kaas lekker smelt en so ligbruin word bo.

Bedien met stukkies vars pietersiele bo-op, cherry tamaties ge-halveer langs aan bo-op 'n stukkie blaar slaai.

Sit terug en geniet, wel Petra het dit baie lekker gevind en so ook ek!

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 27/09/2018 - 11:16

Jissie, maar die oumense eet lekker!! Soos Gesie sê, dit klink blerrie lekker. Ek't klaar gebrekfis, maar ek word sommer honger van vooraf.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 27/09/2018 - 12:05

Ek moet sê, ek is beïndruk met die verskeidenheid bestanddele wat jy in jou kas en yskas gereed gehad het.    As ek so besonderse dis wou maak, sal ek eers van daai goedjies moet gaan koop.  Maar dit wys, mens kan iets lekker maak met dit wat jy het.   Klink lekker, Arie.  Jy is 'n man van vele talente!

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Thu, 27/09/2018 - 14:40

Antie, Petra het grootgeword in die oorlog in Rhodesia, sy is ALTYD op alles voorbereid.

Sy het altyd genoeg vooraad in die kaste en yskas vir enige gebeurtlikheid. Ons koop Coke in 2 lit bottels, as hier vier oor is dan koop sy weer ses, altyd 'n pak suiker in die kas en een wat oop is, as die oop een leeg is dan word daar dadelik weer gekoop?

Die wat my Penta so kreun van die gewig, maar een voordeel, omtrent enige ding wat ek voor lus raak het sy altyd erens, van neute, tot aspersies, en sjokolade.

Die nadeel is ons moet baie keer goed weggooi omdat die "Use by date" verby is!

Ander vreeslike interesante ding van haar, sy weier om die huidige maand se geld te gebruik, sy werk altyd met laas maand se pay, so daar le altyd 'n maand se pay in die tjekboek??? moenie dink ek mag aan daai geld raak vir 'n noodgeval nie, nee ek moet uit die spaarekening trek.

So het elkeen maar sy eienaardigheid.

Ek het lankal ophou om met haar te praat, sy glo daar moet altyd vooraad wees, nou los ek haar maar. Sy is gelukig op die manier.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 27/09/2018 - 16:01

Dis juis daai "sell by date" wat maak dat ek nie altyd alles het nie, Arie.laugh   Dan bedoel ek nou bederfbare produkte.    Die elke dag se goeters sal daar wees, maar sekere goed word maar gekoop soos ons dit benodig.    Andersins is ek nogal baie soos Petra, sorg altyd dat daar voorraad is en sal nie sommer gebeur dat sekere items nie op hande is nie.  En, ek glo ook soos sy, hierdie maand spandeer jy laas maand se salaris.yesyes

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Thu, 27/09/2018 - 16:14

Ja dan is dit seker 'n vrou ding, ek stem nie saam nie, maar ek het ok maar my snaakse idees.

Ek kan net nie met 'n voertuig ry as die petrol onder half is nie, gewoonlik as die naald op driekwart staan dan maak ek vol, lang pad as dit naby half kom en daar is 'n vulstasie maak ek vol.

Toe ek nog in die huis gebly het en 'n paar voertuie gehad het, het ek gesorg dat hulle almal vol gemaak word Vrydag middae, selfs die boot was altyd volgemaak voor ek haar bere.

So het elke mens maar sy dinge?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus