Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Snert Ertjie Sop! - Hester Kruis Geert -41 minutes ago
My jonger suster ... Ertjie Sop! - Hester Kruis Chris Boucher -1 hour ago
Vegetaries Ertjie Sop! - Hester Kruis neef Herman -1 hour ago
Angola Oktober 2026 saam gesels neef Herman -1 hour ago
Die 'probeer' werd Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -1 hour ago
Prys van diesel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago

All Out Gear

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

Ek het hulle op fb gesien en 'n e-pos gestuur.

Hulle het vir my gesê hulle is in Klekrsoord Oos van Rosslyn.

Vat 'n kans vandag en ry deur soontoe.

Ontmoet toe die dame Leandi Cilliers, baie gawe mens.  Gesels toe om 'n blink seil vir die Exclusive te maak, sy was beïndruk met wat ek wil hê.  Het toe na hulle produkte gekyk en ontdek toe 'n materiaal wat dof blink is maar baie lig.  Wag nou vir prys.

Dit wil voorkom of sy bereid is om te luister na wat haar kliënte wil hê.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 25/09/2018 - 14:35

Ek was vandag weer daar by All Out Gear gewees om te kyk na die silver seil toets stukke wat in die son geplaas is.  Nou weet ek nie of ek dit hier moet plaas en of ek dit op my "Wilsur se Exclusive se Silver Seil" draad moet plaas.  Sal dit later op my draad plaas as ek besluit het wat ek gaan gebruik.

Sy het so 4 stukke in die son geplaas vir die toes.  Die eerste een is die SA Shade produk wat my 2de keuse is.  Die 2de een is die Rip-Stop een wat vir my te gewigtig is.  Dan is daar die 3de een waarvan ek die meeste hou want hy is volgens my ligter as SA Shade se produk.  Die laaste een is ook dun maar is baie blink en ek glo hy sal die meeste hitte verskil maak maar sl die eerste een wees wat gaan skilver.

Hier is die 4 toets stukke, die naaste een is SA Shade se produk, Dan is dit die Rip-Stop materiaal een, dan is dit die een waarvan ek hou wat ook die ligste een is, die laaste een is baie blink en ook dun maar ek glo hy sal bie gou begin skilver.
l

Hier is die eerste een met sy agterkant (dit is my 2de keuse tans)
l
l

Dan is dit die Rip-stop een.
l

Hier is die een wat volgens my die ligste is en volgens Leani ook heelwat goedkoper is.
l
l

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 25/09/2018 - 14:37

Dan is daar 'n verrassing wat eers Januarie 2019 die lig gaan sien, ek is baie opgewonde met wat gaan kom.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 26/09/2018 - 09:44

of mag jy nie nou al sê nie?

Ongelukkig mag ek dit nie nou uitlaat nie, ek was die eerste wat nie deel is van dit nie om 'n glimps van dit te sien.

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 26/09/2018 - 11:57

Nou is ons almal vrek nuuskurig,  en ek gaan nou wag met die blink seil. Gelukkig is die bestaande een nog goed vir hele kaar kampe.

0
Witbank

johandup

Wed, 26/09/2018 - 19:38

Was so pas in die Kruger by Skukuza en dit was baie warm.

Die verskil in die temperatuur van die tentdak sonder die silwerseil was baie.

'n Interessante toepassing van die silwerseil was een persoon wat so een oor sy Pajero se dak getrek het wanneer hy dit parkeer het. Die opsit was maklik en vinnig.

Ek is nou opsoek na so 'n seil met vakuum proppe vir vassit teen die kante.

Die voertuie met relings op die dakke is geskik vir so 'n seil.

0

Hierdie plek se naam is darem baie naby aan Romeo Pretorius se besigheid wat onder andere ook silver seile verkoop..... kan verwarrend wees 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 27/09/2018 - 09:38

Ja GG, maar toe sy die naam gesoek het het sy nie eers van Romeo geweet nie, eers later het hy haar gekontak en glo gal afgegaan.  Maar ja dit kan verwarrend wees.

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Thu, 27/09/2018 - 11:00

Nou vang ek, GG, of Groot G, kan dit dalk Groot Gees wees. 

Jipppeeeee, ek is nie die enigste spook hier nie. 😱😱😱😱☺☺☺

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 25/10/2018 - 10:09

Anton, wil jy nie asb. jou terugvoering oor die blink seile ook hier gee nie, dan is ek nie die enigste een wat terugvoering doen nie.

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 25/10/2018 - 11:38

Willem, ek sal eers moet wag vir my nuwe Silwer flysheet wat hulle gaan opsit.  So een of 2 keer daarmee kamp, kyk na die kwalitiet van werkmanskap en of hulle werklik anbeveelbaar is ens.   Dan sal ek kom terugvoering gee.

All Out Gear, ek hoop julle lees hier.  Julle beter 'n goeie job doen met my tent smiley

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus